Boere kan die toepassing gratis aflaai om inligting en foto’s te kry van swam- en bakteriese siektes, blaar-, opbergings- en virale probleme, asook probleme met aalwurms, insekte en nie-parasitiese afwykings.
Die inligting word aangevul met praktiese aanbevelings. Foto’s van hoë gehalte kan help om die probleem met ’n gewas te identifiseer. Die toepassing maak dit ook moontlik om met een klik regstreeks kontak te maak met ’n gewasspesialis in jou streek.
Wanneer ’n boer ’n probleem in sy kweekhuis of groenteland waarneem, word aanbeveel dat hy foto’s aan die gewasspesialiste stuur, wat dan die probleem sal identifiseer en aanbevelings doen.