AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Kus-wingerd lewer unieke wyn

Min wingerde in die wêreld groei só naby aan die see. Tog is dit 'n wyn-waagstuk wat werk.

By Strandfontein aan die Kaapse Weskus staan 'n wingerd met 'n see-uitsig. Wyn van dié wingerd wat skaars 800 m van die see groei, is gesog en net so uitsonderlik soos die uitdagings wat die produksieproses aan die wingerdbouer en wynmaker stel.

Vir mnre. Jan 'Ponk' van Zyl, 'n wingerdboer van Vredendal, en Wynand Hamman, wynmaker by Lanzerac op Stellenbosch, is Fryer's Cove 'n waagstuk wat vrugte afwerp en 'n droom wat bewaarheid is.

Die twee swaers het dikwels by die Van Zyls se strandhuis op Strandfontein gekuier en gespekuleer oor watter goeie wyn gemaak kan word van wingerd wat in sulke koel weer groei, maar ook gewonder hoe om 'n wingerd daar aan die groei te kry.

Hulle het spoedig op die harde manier uitgevind...

Hul visier was ingestel op 'n strook grond tussen die pad en die treinspoor wat die eienaars - vee- en aartappelboere - in elk geval nie kon benut nie. Die eienaars het die grond afgestaan en boonop aandele in Fryer's Cove gekry.

Fryer's Cove is 'n baaitjie digby die wingerd, en met dié naam vereer hulle Richard Fryer, die eerste persoon wat dié gebied se landboumoontlikhede raakgesien het.

Van Zyl en Hamman het in 1999 twee hektaar Sauvignon blanc, 'n hektaar Merlot en 'n hektaar Cabernet sauvignon gevestig. Die Pinot noir (twee hektaar) is eers in 2002 gevestig nadat die klone 115 en 117 vrygestel is.

Bloot omdat hulle die eerste was om dáár en so naby aan die see 'n wingerd te vestig, was daar niemand by wie hulle om hulp kon aanklop nie. Volgens Van Zyl was dit van die begin af 'n planmakery van die eerste water.

Selfs nou met die wynmakery, sê Hamman, het hulle niks waarteen hulle hul wyn kan meet nie. "Ons moet ons eie verwysingsraamwerk skep en kan net verskillende jare met mekaar vergelyk."

Die afgesonderdheid van die wingerd, die mistige weer en koel seewinde uit die suide het bewese produksie- en bemarkingsvoordele vir die meeste wyndruifkultivars; by Fryer's Cove het dit struikelblokke meegebring wat net met vindingryke planne oorbrug kon word.

Met 'n soutdraende mis ten minste drie dae van die week neem die blare sout op en was blaarskroei 'n probleem by jong wingerde. Nou lyk dit asof die wingerde dít ontgroei het, sê Van Zyl. Hy het ook waargeneem dat die Merlot en Cabernet sauvignon meer kwesbaar is vir die sout seelug as Sauvignon blanc. Vir die sout het hy baie planne gemaak, onder meer 'n windlaning van minatokabome om die luggedraagde sout te keer.

Voordele is daar gelukkig ook, want die wingerd is siektevry - dit lyk trouens asof die sout swamme afskrik.

Van Zyl sê hoewel hulle in elk geval op gehalte eerder as hoeveelheid ingestel is, kon hy nog nie agterkom of die sout 'n uitwerking op opbrengs het nie. Hy dink ook nie die sout gaan die wingerdstokke se leeftyd verkort nie.

Aan die wynmaakkant kan die sout 'n probleem wees omdat dit geneig is om die pH te verhoog, sê Hamman. Die sout in die wyn bind met die bentoniet pleks van die proteïen. Die soutresidu op die druiwe is nie noodwendig sleg nie. "Dit dra by tot karakter en 'n ronder mondgevoel op die wyn; amper 'n soet sensasie."

Vanweë die koeler weer is die wingerd se waterverbruik slegs 'n derde van dié van wingerde in die Vredendal-omgewing. Tog kan geen wingerd heeltemal sonder water aan die dorre weskus oorleef nie, en Van Zyl en Hamman moes waterplanne maak.

Dit het hulle en hul werkers 17 dae geneem om 'n pyplyn oor 30 km van Vredendal tot by Strandfontein te lê. Om die pyp oor mense se plase te lê, moes hulle drie serwitute registreer. Dit was uiteindelik vir almal voordelig, want die grondeienaars kry water en hulle laat weet dadelik vir Van Zyl as daar nie water is nie. Hy weet gouer daarvan en kan dit vinnig regstel.

Die drupbesproeiingstelsel is heeltemal gerekenariseer, en met neutron-vogmeters in elke blok kan hy dit vanuit sy huis op Vredendal beheer.

Ten spyte van ál die planne bly water 'n faktor wat uitbreiding beperk. Hamman sê hy dink nie hulle sal die wingerd veel meer as die bestaande ses hektaar uitbrei nie, bloot omdat hulle nie graag hul uniekheid wil verloor nie.

Ter wille van gehalte werk Van Zyl en sy wingerdspan baie aan drag, iets waarmee hulle "hulp" kry van lastige spreeus. Hy sê daar is minder werk in dié wingerd as in sy Vredendal-wingerde, waar hulle byvoorbeeld meer moet doen om die druiwe teen die son te beskerm.

Nog 'n probleem waarvoor hulle 'n oplossing moes soek, is 'n droë, warm oostewind wat hoofsaaklik in die winter waai. Daarvoor het hulle fyn sproeiers aan die oostekant geïnstalleer om die wind wat oor die stokke waai, af te koel. Die stokke word nie natgespuit nie.

Hulle probeer ook so organies moontlik boer. Riete wat geredelik in die omgewing beskikbaar is, word dig op die bankies gepak en werk soos 'n deklaag van plastiek om die ontkieming van onkruidsaad te verhoed.

Wanneer die druiwe begin ryp word, maak Hamman sterk staat op Van Zyl se oordeel. Van Zyl doen die proewerk en laat ontledings doen wat hy aan Hamman faks.

Dan pluk hulle baie vroeg in die oggend en vervoer die druiwe in 'n toe vragmotor teen sowat 15°C. Vir Sauvignon blanc ry die vragmotor deur die nag.

Al is die wingerd meer as 300 km van die kelder af, beskou Van Zyl die afgesonderdheid van die wingerd as 'n bate. "Ons doen alles in ons vermoë om besmetting van wingerd, grond en werktuie te verhoed. Ons wil nie onkruid of siektes na die wingerd oordra en alle voordele van koel, sout seelug en afgesonderdheid verloor nie."

Uitsoekmark vir besonderse smaak

Unieke wyne regverdig tog sekerlik hul eie wyk. Daarom het mnre. Jan van Zyl en Wynand Hamman die Bamboesbaai-wyk vir hul Fryer's Cove-wyne laat afbaken.

Behalwe die koel weer is die gematigde, gefilterde sonlig een van Fryer's Cove se grootste voordele. Hamman, wynmaker by Lanzerac, sê die lig se langer golflengte verhoog sy penetrasievermoë.

Lig wat die wingerdstokke dieper binnedring, verbeter die fisiologiese rypwording van veral rooi druiwe. "Ons behou baie meer van die natuurlike druifgeure as in warm dele, selfs op Cabernet sauvignon."

Die wyn het ook 'n dieper kleur en 'n groenvye/vyeblaar-karakter. Die Cabernet toon 'n sterk kruiekarakter, en in die Merlot proe 'n mens kruie, bessies en speserye. Hamman sê 'n mens sal immers ver soek vir 'n Merlot wat uit 'n koeler gebied kom.

Interessant genoeg is Fryer's Cove se rooi druiwe reeds by 'n lae suikerkonsentrasie van 22 of 22,5 optimaal ryp. Tot dusver het hulle Merlot en Cabernet sauvignon as aparte kultivars gemaak. Van vanjaar af gaan hulle dié wyne versny en beoog om op die ou end net 'n rooi versnit, Pinot noir en Sauvignon blanc te maak.

Hamman sê hy weet hul Sauvignon blanc is uniek, maar nog nie hul beste nie. Vanjaar is maar hul derde oesjaar en die wyn gaan verbeter soos die wingerd ouer en die geurkomponente meer kompleks word. Intussen moet hulle ook vir lief neem met die feit dat hulle net nie genoeg wyn het om mee te eksperimenteer nie.

Hulle is baie opgewonde oor die ontvangs wat die Fryer's Cove Sauvignon blanc tot dusver in die wynwêreld gekry het. By mnr. Bartho Eksteen van Hermanus se jaarlikse Sauvignon blanc-viering was dit sesde beste op die beoordelaars se lys. Dit was egter die gaste se eerste keuse.

Hy is eweneens opgewonde oor die eerste Pinot noir-oes in 2005. Hamman dink die Fryer's Cove Pinot noir gaan 'n unieke karakter hê, veral omdat hy vermoed Fryer's Cove is koeler as die Hemel-en-Aardevallei, die gebied wat allerweë beskou word as die bakermat van Pinot noir in Suid-Afrika.

Fryer's Cove se wyn word by uitgesoekte wynhandelaars in Suid-Afrika, Engeland, België en Duitsland verkoop, met die uitsonderlike karakter van die wyn en die feit dat die wingerd so naby die see in 'n halfwoestyn groei, as die belangrikste bemarkingspunte.

Vanweë sy uniekheid is die wyn in 'n hoë prysklas. "Ons besef mense is bereid om vir gehalte te betaal, en juis daarom sal ons nie wyn vrystel wat nie goed genoeg is nie," sê Hamman.

Tot dusver slaag hulle goed daarin, want teen Julie - min of meer wanneer die nuwe oesjaar se wyn beskikbaar raak - is die vorige jaar s'n uitverkoop.

In die toekoms lê vele uitdagings. Die vergunning om wyn in Lanzerac se kelder te maak, verval ná die 2005-parsseisoen, waarna hulle 'n ander heenkome sal soek.

Hoewel 'n kelder by hul beplanning ingesluit is, dink Hamman nie dit sal ooit ekonomies regverdigbaar wees nie. "Wyn kan goedkoper in die Boland gemaak word."

30 April 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot