AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Kweekhuise kan waterkrisis fnuik

'n Oplossing vir besproeiing in droë kusgebiede en waar baie brakwater is, is dalk naby.

Ontsoutingskweekhuise is uniek omdat natuurlike prosesse, eenvoudige konstruksiemetodes en wiskundige modellering gekombineer word om goedkoop, vars besproeiingswater te verskaf. Dit bied dalk 'n oplossing vir besproeiing in droë kusgebiede en waar baie brakwater is.

Die Wes-Kaap beleef 'n ál dringender waterkrisis wat die besproeiingsbedryf in die provinsie beslis vorentoe gaan knel. Namate waterbronne skaarser word, moet die landbou met huishoudelike gebruik meeding. Die gevolg is dat 'n herverspreiding van waterbronne gereelder sal plaasvind, en gewoonlik ten gunste van stedelike gebruik.

Dit laat die landbou met twee alternatiewe, naamlik die ontginning van alternatiewe waterbronne of die verhoging van die doeltreffendheid van waterverbruik, sê mnr. Willem de Lange van die afdeling landbou-ekonomie van die Wes-Kaapse departement van landbou op Elsenburg.

Die Wes-Kaapse departement van landbou is juis om dié rede gevra om die verdienstelikheid van 'n nuwe soort kweekhuis wat seewater gebruik, te ondersoek. Tot dusver is geen loodsstudies in Suid-Afrika nog oor dié tegnologie gedoen nie.

De Lange meen droë gebiede, soos die Weskus, wat naby die see geleë is, of gebiede wat baie onbruikbare water (soos brakwater) het, byvoorbeeld die Karoo en dele van die Oos-Kaap, sal die grootste baat vind by só 'n konsep.

Omdat kommersieel suksesvolle kweekhuise en -tonnels gebou moet word, moet die kapitaaluitleg en instandhoudingskoste so laag moontlik gehou word sonder om die gehalte van boumateriaal en aanpasbaarheid by die klimaat te benadeel. Daar behoort ook op die produksie van gewasse met 'n hoë eenheidswaarde gekonsentreer te word.

'n Britse maatskappy, Seawater Greenhouse Ltd., 'n leier met kweekhuistegnologie wat seewater gebruik, se benadering tot die ontwerp konsentreer op die fyn wisselwerking van natuurlike prosesse, soos evapotranspirasie, kondensasie, die effek van sonlig en temperatuur op fotosintese, asook lugvloei. Dit word alles binne die ontsoutingskweekhuiskonsep bymekaar gebring.

De Lange sê ontsoutingskweekhuise is 'n unieke konsep wat natuurlike prosesse, eenvoudige konstruksiemetodes en wiskundige modellering kombineer om vars en goedkoop besproeiingswater te verskaf. Die konsep bied moontlik 'n volhoubare oplossing vir watervoorsiening aan besproeiingslandbou in gebiede met beperkte besproeiingswater.

Hoe werk dit?

Hy sê die proses gebruik seewater om die temperatuur en humiditeit binne die kweekhuis te reguleer. Lug wat die kweekhuis binnevloei, word afgekoel deur seewater en die relatiewe humiditeit word konstant op sowat 90 % tussen 30 °C en 35 °C gehou. Só word besproeiingbehoeftes tot 'n minimum beperk omdat transpirasie met tot 80 % verlaag word.

'n Eksperimentele tonnel is by Tenerife op die Kanariese Eilande opgerig waar 'n waterbesparing van 85 % op ''normale'' kweekhuisbesproeiingsbehoeftes behaal is. Die tegnologie word sedert 2000 ook in Aboe Dhabi, die Verenigde Arabiese Emirate en die Al-Aryam-eilande getoets met baie gunstige resultate.

Sonlig, seewater en die atmosfeer word gebruik en skep 'n natuurlike hidrologiese stelsel binne 'n beheerde omgewing wat vir kommersiële gewasproduksie gebruik word.

Sonlig word gebruik om varswater uit seewater te distilleer. Daardeur is dit moontlik om reg deur die jaar hoëwaarde-produkte in droë gebiede te produseer wat heeltemal onafhanklik van seisoenale reënval is. Na gelang van die klimaat kan 'n kweekhuis van 1 000 vierkante meter byvoorbeeld 500 l tot 1 000 l water per dag produseer wat in die kweekhuis se behoefte voorsien. Die hoeveelheid geproduseerde water hang van die klimaat af — hoe warmer, hoe meer water kan potensieel geproduseer word.

Die hele voorkant van die tonnel bestaan uit 'n seewater-verdamper. Dit is 'n "heuningkoekmuur" — baie dieselfde as 'n gewone kondensasiemuur — met die aansig van die tonnel in dieselfde rigting as heersende winde. As dit nodig word, beheer elektriese bystandwaaiers die lugvloei deur die tonnel. Seewater loop deur die muur wat die deurgaande lug na die binnekant van die tonnel afkoel en die humiditeit verhoog. Sonlig word selektief deurgelaat deur die infrarooi lig vas te vang in 'n spesiaal ontwerpte dak wat net sigbare lig vir fotosintese deurlaat. Die infrarooi lig-energie word vir verdamping gebruik. Só word 'n betreklik koel, humiede omgewing met 'n hoë ligintensiteit geskep, wat optimaal vir groeidoeleindes is.

Die koel lug beweeg deur die tonnel en meng met die warm, droë lug van die dakopening. Die lugmengsel beweeg deur 'n tweede seewaterverdamper wat warm, versadigde lug produseer en dit deur 'n kondensator laat vloei. Die kartonbord-kondensator word deur inkomende koue seewater afgekoel en die verskil in temperatuur veroorsaak kondensering van vars water uit die lugstroom wat in 'n opgaartenk onder die tonnel opgeberg word.

Die kartonbord-verdamper kristalliseer kalsiumkarbonaat uit die seewater wat die bord bykans so hard soos seeskulpe maak. Só word die verdamper se lewensduur verleng.

Die elektriese bystandwaaiers wat lugvloei ondersteun, kan deur sonpanele van krag voorsien word — sonder die batterye, omsetter en bystandkragopwekker. In die eksperimentele tonnels is 1 kW elektrisiteit vir die verwydering van 500 kW hitte gerealiseer. Water word dus teen baie lae energiekoste van selfs minder as 3 kWh/m3 geproduseer, sê De Lange.

Hy meen die lewensvatbaarheid van die tegnologie hang in 'n ontwikkelende ekonomie, soos Suid-Afrika s'n, hoofsaaklik van die winsgewendheid daarvan af. Die winsgewindheid van 'n seewatertonnel sal onder meer afhang van:

  • Klimaattoetse het getoon dat dit heelwat goedkoper is om 'n tonnel te verkoel en die humiditeit te verhoog as om 'n tonnel te verhit. Die tegnologie leen hom dus tot warm, droë gebiede wat naby die see is, of 'n gebied wat groot bronne van onbruikbare water het. Die Mediterreense klimaat van die Wes-Kaap met frontale reën en koue nat winters skep 'n moontlike probleem dat tonnels dalk in die winter te koud sal word — iets wat waarskynlik nie in die Karoo of die Oos-Kaap sal gebeur nie.

  • Kapitaalkoste — 'n politeen-plastiekbedekking met 'n staalraamkonstruksie is bekostigbaar en gewild in die tonnelbedryf en kan maklik opgerig word. Dieselfde konstruksie word vir seewatertonnels gebruik.

  • Gewasseleksie — gewasse met 'n hoë eenheidswaarde, soos kersietamaties, groenrissies en komkommers, behoort in die tonnels gekweek te word omdat verbouingsoppervlakte beperk is en na 'n hoë opbrengs per vierkante meter gestreef word om winsgewindheid te verseker.

  • Afstand van die mark — die vervoer en bemarking van produkte is belangrik vir winsgewendheid. Konsentreer eerder op hoëwaarde-gehalteprodukte wat lewering aan 'n mark ver van die produksiegebied steeds winsgewend sal maak.

    Hy sê geen syfers oor die finansiële lewensvatbaarheid van die tegnologie is beskikbaar nie. As water teen 'n mededingende prys geproduseer kan word, bestaan groot moontlikhede vir die konsep van seewaterkweekhuise in 'n water-arm land, soos Suid-Afrika. Moontlike gebiede waar dié tegnologie aanklank sou vind, is veral die Weskus van Saldanha tot noord van Lambertsbaai.

    Mynmaatskappye in afgeleë gebiede, soos Alexanderbaai, sal ook by dié tegnologie baat vind om in eie behoefte te voorsien. Binnelandse streke — dele van die Karoo en die Oos-Kaap — wat groot ondergrondse waterbronne het wat ongeskik is vir besproeiing, sou ook dié tegnologie kon gebruik.

    Die moontlikheid van alternatiewe waterbronne moet egter nie agterweë bly nie. Dit moet in gedagte gehou word dat ontsouting 'n duur opsie is vergeleke met die ontginning van bestaande varswaterbronne. Ontsouting sal net sin maak waar 'n dringende vraag na water is en varswaterbronne vir besproeiing baie beperk is.

    Seewater-kweekhuistegnologie is 'n goedkoper werkbare alternatief vir konvensionele ontsoutingstegnologie wat spesifiek op besproeiing fokus, sê De Lange. Die tegnologie is ook net geskik vir kleinskaalse besproeiing en nie vir grootskaalse watervoorsiening aan dorpsgebiede nie.

    'n Uitdaging vir die tegnologie is die mededingendheid van konvensionele tonnels vir die klein teikenmark van hoëwaarde-landbouprodukte.

    Hoëwaarde-produkte vereis puik en spesiale bestuursvaardighede wat dit vir kleinboere moeilik maak om met behulp van aandeelhouerskemas aan dié ontwikkeling deel te neem. Aandeelhouerskemas het net moontlikhede as dit kundige mentors het om opkomende kleinboere in produksiepraktyke en bestuur by te staan, meen hy.

    4 Junie 2004

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.01
    +0.9%
    Rand - Pond
    20.32
    +1.0%
    Rand - Euro
    17.56
    +1.1%
    Rand - Aus dollar
    11.37
    +0.5%
    Rand - Jen
    0.12
    +0.8%
    Goud
    1,749.51
    +0.5%
    Silwer
    21.25
    +1.5%
    Palladium
    1,839.50
    -0.5%
    Platinum
    1,007.00
    +1.4%
    Brent-ruolie
    83.19
    -0.5%
    Top-40
    66,816
    -0.3%
    Alle aandele
    73,128
    -0.3%
    Hulpbronne 10
    71,369
    +0.8%
    Industriële 25
    88,068
    -0.4%
    Finansiële 15
    16,117
    -1.7%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Lekkerseergemaak
    Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
    Sexy kat wil jou bekoor
    Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot