AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Levubu kry nuwe makadamiadepot

Die groot wêreldvraag na makadamianeute bevoordeel die plaaslike bedryf en 'n nuwe ontvangsdepot vir makadamianeute is by Levubu in gebruik geneem.

Valley Macadamias het ’n nuwe ontvangsdepot vir makadamianeute by Levubu in Limpopo in gebruik geneem. Die Levubu-streek lewer jaarliks sowat 12 000 ton van die nasionale opbrengs van 40 000 ton makadamianeute.

Mnr. Alan Sutton, die besturende direkteur van Sabie Valley Macadamias, het tydens die amptelike opening van die nuwe depot gesê die groot wêreldvraag na makadamianeute het ’n positiewe invloed op die Suid-Afrikaanse bedryf wat uitbrei om aan die groter vraag te voldoen. Die mark vir makadamianeute in China groei teen sowat 30% per jaar, wat tans ’n goeie geleentheid vir plaaslike makadamiaprodusente en -verwerkers bied om aan dié vraag te voldoen.

“Die nuwe ontvangsdepot sal ’n belangrike rol speel om die maatskappy se twee fasiliteite in Mpumalanga, naamlik Alkmaar Valley Macadamias en Sabie Valley Macadamias, van voorraad te voorsien vir die Valley Macadamia-groep se totale jaarlikse behoefte van 12 500 ton. Die bedryf beleef ’n massiewe groeifase wat aanplantings betref en sommige van ons kliënte groei teen 30% jaar-op-jaar om aan die groter vraag, hoofsaaklik uit China, te voldoen,” sê Sutton.

Volgens Sutton is die markte relatief onbuigbaar omdat die vraag die aanbod oorskry en veral die Chinese mark teen eksponensiële vlakke groei. Terwyl die Europese markte belangrik bly vir die plaaslike bedryf, het die vraag uit dié wêrelddeel afgeneem weens die voortslepende ekonomiese krises wat die potensiële groei in dié mark onder druk plaas.

Die groei in die plaaslike makadamiabedryf sluit goed aan by die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se doelwit om een miljoen werksgeleenthede in die landbousektor te skep. Die plaaslike bedryf verskaf werk aan een arbeider vir elke twee hektaar bome en tans is daar sowat 17 000 hektaar makadamiabone gevestig met verdere verwagte uitbreidings.

'n Verwerkingsaanleg met ’n produksievolume van 4 500 ton verskaf werk aan ’n verdere 150 mense, het Sutton gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot