AFGRI
BEAN
02 Des
-
9238
-127,00
CORN
02 Des
-
4511
-39,00
SOYA
02 Des
-
10400
-18,00
SUNS
02 Des
-
10800
-86,00
WEAT
02 Des
-
6730
-15,00
WMAZ
02 Des
-
5016
-111,00
YMAZ
02 Des
-
4919
-40,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Liefde vir rose lei tot uitvoer

Kunstalent, vernuf en die vermoë om 'n markpotensiaal raak te sien, is hoe dié boervrou die wêreldmark kon betree.

Kunstalent, entrepreneursvernuf en die vermoë om 'n markpotensiaal raak te sien, is van die belangrikste bestanddele in dié boervrou se wenresep waarmee sy binne tien jaar die wêreldmark kon betree.

Die middel 1990's was nie maklike boerjare nie. Op baie plase moes die boervrou uitspring om op een of ander manier ekstra geld in te bring. Dit was ook die geval op mnr. Johnny en mev. Ina Scholtz se plaas Knysna, tussen Vrede en Volksrust, in die Oos-Vrystaat.

Dis toe dat Ina kon teruggryp na 'n voorliefde uit haar skooltyd — toe sy dit geniet het om die rose in haar ma se tuin te pluk, dit met silika-droogpoeier (wat toe nuut op die mark verskyn het) te bedek en in die stoof se oond te droog. Met dié hulpmiddel kan rose gedroog word, terwyl die perfekte vorm en kleur behoue bly.

Dit was die vonk waaruit 'n tuisbedryf genaamd Knysnaflowers op die plaas gebore is. In Januarie 1995 is die eerste sowat 2 000 roossteggies geplant. Tot einde Mei moes al die roosknoppies uitgebreek word om wortelontwikkeling te bevorder en die eerste rose kon eers in Oktober 1995 gepluk word. Intussen is elektriese droogoonde onder 'n afdak ingerig.

Binne tien jaar het die tuisbedryf op die plaas gegroei tot die geregistreerde onderneming Bonhani-kunsnywerheid in Ina se eie gebou in die middel van Vrede — 'n voertuighandelsperseel wat sy drie jaar gelede gekoop het. Dit is 'n bedrywige werkwinkel waarvandaan 'n uitgebreide reeks produkte landwyd versprei word en selfs al die wêreldmark betree het.

Wat die gedroogde rose betref, word hoofsaaklik op vier produkte gekonsentreer, naamlik oop blomme sonder stele, half oop knoppe aan lang blomstele met blare, klein roosknoppies op die punt om oop te gaan en aan kort stele en net kroonblare.

Vir die oop blomme word blommedraad aan die basis van elke blom geheg en opwaarts gebuig om as handvatsel te dien wanneer die gedroogde blom uit die drogingspoeier gelig moet word. Die blomme word afsonderlik in eierhouers geplaas waarna dit met die drogingspoeier bedek word wat die vog uit die kroonblare onttrek.

Die houers word op rakke in die oonde geplaas waarin warm, droë lug sirkuleer teen nagenoeg 50 °C. Ná sewe dae is al die vog uit die blare en die droogpoeier onttrek, wat beteken dat die poeier dadelik weer vir 'n volgende sarsie blomme gebruik kan word. Die hitte versnel die droogproses, terwyl die rose se kleur ook as 't ware "vas gebak" word.

Die volgende stap is om die draadhandvatsel versigtig afwaarts te buig en die blomme in 'n vlugtige blommekleurstof met 'n asetoon-basis te doop. Sodra dit droog is, word dit in 'n wasmengsel gedoop om die blare hanteerbaar en soepel te hou. Daarsonder kan die blare weer lugvog absorbeer. Dié blomme bly betreklik lank mooi.

Bossies gedroogde rose is ook baie gewild, sê Ina. Vir dié doel word die rose met stele van sowat 200 cm lank geoes sodra die blomknoppe omtrent half oop is. Dit word in bossies gebind en onderstebo in die droograam gehang. Die hittebehandeling help om die kleur vas te lê. Luggedroogde rose verloor gou hul kleur en word bruin. Dié rose word nie in was verseël nie en het dus nie 'n baie lang houtyd nie.

Kroonblare en klein roosknoppies word in dunnerige lae in geruite mandjies gedroog en sonder enige geurmiddels in sellofaanhouers verpak vir onder meer gebruik in potpourri, as konfetti of in skoonheidseep. Die roosknoppies het verskeie dekoratiewe gebruike.

Die jongste stel droogoonde op die plaas is binnenshuis opgerig met asbesplate as isoleermateriaal en hitteweerkaatsers in die dak. Die betreklik goedkoop en duursame verwarmers op grondvlak is spesiaal gebou. Dit bestaan uit 'n metaalbuis waarin daar aan die een kant 'n waaier gemonteer is wat lug oor 'n standaard-spiraalstoofplaat blaas. Uiteraard is die oonde goed verseël om te sorg dat net droë, warm lug in die ruimte sirkuleer.

Vir die droogproses word hoofsaaklik vyf rooskultivars verbou. Johnny sê Joybells en Leana is die beste vir silikadroging. Eersgenoemde is meer prakties omdat dit 'n ferm blomknop het, terwyl 'n verskeidenheid van kleure by die natuurlike appelkooskleur aangewend kan word. Leana, daarenteen, is ligroom wat meebring dat dit nie in ligter skakerings gekleur kan word nie.

Grant Gala en Passion is ideale kultivars vir die oes van kroonblare, terwyl Splendid Surprise ideaal vir die produksie van klein blomknoppies aan kort stele is.

Net 'n deel van die roosaanplantings op Knysna is onder haelnette. "In die oopte is siektebestryding nie so doeltreffend soos in tonnels nie, maar dis goedkoper. Duur tonnels is finansieel net regverdigbaar vir die produksie van vars uitvoerblomme.

"'n Verdere voordeel van 'n opelugstelsel is dat siektes nie baie vinnig versprei nie," sê Johnny. Net só is drupbesproeiing meer waterdoeltreffend, terwyl sprinkelbesproeiing meer siektes veroorsaak.

Met die voorbereiding van die grond word genoeg kalk toegedien. Rose verkies effense suur grond. Daarom word die gemiddelde pH van 4 aangepas tot vlakke tussen 6 en 7. Kraalmis en die kunsmismengsel 2:3:2 sorg vir die res.

Veldprodukte gesog

Wat bemarking betref, konsentreer mnr. Johnny en mev. Ina Scholtz net op drie groot skoue in Johannesburg. Die een, die Sacdap-skou, is 'n internasionale skou wat twee keer per jaar, in Maart en Augustus, plaasvind. Dit is waar hulle hul kontakte in die groothandelmark opbou en ook die kanaal wat deure vir die uitvoermark open.

Bonhani-produkte word, benewens landwye verspreiding deur 'n koerierdiens, ook na Engeland, Namibië, Mosambiek en Griekeland uitgevoer, met Amerika op die horison.

Vir Ina is die skoue uiters belangrik. Nie net hou dit 'n mens op die tone ten opsigte van nuwe neigings in die mark nie, maar dit is die plek waar kopers hul behoeftes bekend maak en waar idees vir nuwe produkte ontstaan. Ina se reeks Afrika-produkte het só die lig gesien en groei steeds.

Laasgenoemde het vyf jaar gelede begin met 'n kopkrappery oor waarvoor ystervarkpenne aangewend kan word. Die antwoord: Steek die hervul van 'n balpuntpen daarin weg vanaf die wortelkant en haal die gevaar uit die skerp punt met 'n effense versiering. 'n Bekende vervaardiger van balpuntpenne verskaf deesdae net die hervulgedeelte in groot maat en die ystervark-skryfpenne bly 'n treffer in verskeie lande.

Ook wat die droogproses betref, is ander produkte gou by die rose gevoeg op grond van navrae op skoue. Daaruit het 'n nuwe reeks veldprodukte ontstaan, soos gedroogde sewejaartjies, die vaal slangbos wat 'n probleem op landerye is, die bekende besembos van die omgewing en vele ander.

Selfs droë kakiebos het 'n ongelooflike mark. Die droë stingels word in die winter in die veld en op lande geoes, vernis en verwerk tot plekmatjies vir die tafel en selfs opvoubare panele vir kamerskeidings — een van die onderneming se mees gesogte produkte op die oomblik.

Die gevolg hiervan was dat 'n uitgebreide informele taakkorps in die omgewing tot stand gekom het. Só word kakiebos en 'n verskeidenheid van veldprodukte — plante, sade, dekgras, ook hoendervere en ystervarkpenne — deur die informele korps versamel en feitlik daagliks aan Bonhani verkoop waar dit in nuttigheidsartikels verwerk word.

Op dié manier dra die onderneming dus ook wesentlik by tot werkskepping in die omgewing. Hierbenewens is 10 werknemers heeltyds in diens op die plaas waar die rose versorg en die droging gedoen word. By die werkwinkel op die dorp is 20 heeltydse werknemers in diens.

Vir Ina en Johnny is Bonhani die gevolg van 'n geloofsdaad en 'n wonderlike spanpoging. Ina blom wanneer sy sê: "Dit bly 'n deurlopend skeppende proses. Elke keer wanneer iemand iets uit die natuur bring, moet 'n nuwe produk bedink word."

3 Desember 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
+1.2%
Rand - Pond
21.29
+1.0%
Rand - Euro
18.25
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.82
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,800.78
-0.1%
Silwer
22.68
-0.3%
Palladium
1,911.00
-1.7%
Platinum
1,037.00
-0.7%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,339
-0.8%
Alle aandele
74,452
-0.8%
Hulpbronne 10
73,904
-2.7%
Industriële 25
91,587
-0.6%
Finansiële 15
15,545
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Eks n maklike man. Soek vrede liefde en eerlikheid. Soek 'n vrou wat als saam kan doen en lewe genie
Eks n insperasie vir ander wat saam werk. En saam 'n pad kan stap. Ek verneuk nie op my maat nie so verwag ek dit ook
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot