AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Lig in tonnel vir beter vrugonderstamme

'n Instituut se steenvrug-onderstamteelprogram begin nou, ná ses jaar se intensiewe ontwikkelingswerk, resultate lewer.

Infruitec-Nietvoorij, die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn, se steenvrug-onderstamteelprogram, begin nou, ná ses jaar se intensiewe ontwikkelingswerk,resultate lewer. Talle belowende seleksies is die afgelope twee jaar ontwikkel.

Plantteling is 'n tydsame taak wat geduld en volharding vereis. Die eindresultaat is meestal die wag werd.

Wat steenvrug-onderstamme betref, is die grootste uitdaging die uiteenlopende grond- en klimaatstoestande waarin perskes, nektariens, pruime en appelkose in Suid-Afrika verbou word. In 'n poging om hierdie diversiteit doeltreffend te hanteer, is ses teeldoelwitte geïdentifiseer wat elkeen aan 'n spesifieke verbouingsgebied en gewas gekoppel kan word.

Die klem lê op weerstandsteling. Keuringstegnieke is ontwikkel sodat alle kommersiële onderstamkultivars asook nuwe seleksies en saailinge ten opsigte van hul verdraagsaamheid teenoor knopwortelaalwurm, ringaalwurm, versuiptoestande, droogte, brak grond en kalkgeïnduseerde ysterchlorose beskryf kan word.

Elke perskeboer weet van die katastrofiese gevolge wat 'n ernstige besmetting met knopwortelaalwurm vir nuut aangeplante, maar ook ouer, gevestigde perskeboorde, kan inhou. Hoewel 'n aantal onderstamme met weerstand kommersieel beskikbaar is, is hul vermoë om ander omgewingsfaktore, soos grond met 'n hoë pH-gehalte (kalkryk), terselfdertyd suksesvol die hoof te bied, onbevredigend. Daarom ontwikkel navorsers van die Landbounavorsingsraad (LNR) in die onderstamteelprogram onderstamme wat verdraagsaamheid of weerstand teen meer as een van die bogenoemde faktore toon.

Só sou 'n ideale perske-onderstam vir die Klein-Karoo nie net weerstand teen knopwortelaalwurm hê nie, maar ook droogte, brak toestande en kalkgeïnduseerde ystertekorte met gemak die hoof kan bied.

Wat knopwortelaalwurm betref, is altesame 64 potensieel weerstandbiedende saailingseleksies die afgelope vyf jaar geidentifiseer. Die eerste groep van drie ondergaan tans uitgebreide statistiese toetsing. Dit kan onnodig klink om dieselfde onderstamseleksie herhaaldelik te toets, maar weens die wisselvallige aard van die natuur, en dit sluit alle biologiese organismes in, is daar geen ander keuse nie.

'n Kontrolekultivar wat jaar ná jaar by elke weerstandsproef ingesluit word, verseker dat resultate oor seisoene vergelyk kan word. Die vraag wat egter nog beantwoord moet word, is of die weerstandsvlakke wat in kweekhuistoestande waargeneem word, ook op die plaas van toepassing is. Net 'n tweede fase van evaluasie buite in die boord sal die antwoord hierop kan verskaf.

Ringaalwurm is merendeels vir pruimboere 'n groot probleem, veral waar nuwe boorde op ou, onberookte wingerdgrond gevestig is. Altesame 32 verskillende pruimkultivars en -seleksies is oor die afgelope vier jaar getoets, maar geen enkele bron van weerstand kon nog opgespoor word nie. Daarenteen is verskeie perske- en interspesie-saailinge as potensieel weerstandbiedend geïdentifiseer, hoewel hierdie resultate nog net op enkelplante behaal is.

Volledige statistiese proewe gaan vanjaar op die eerste groep belowende saailinge uitgevoer word. Hopelik sal minstens een weerstand hê.

Ná die afgelope jare se warm en droë winters in die Wes-Kaap en die streng waterbeperkings kan die waarde van 'n perske- en appelkoos-onderstam met weerstand teen droogte nie langer onderskat word nie. Ook in die noordooste van die land is daar sprake van droogtes en word die tradisionele vrugteverbouingsgebiede toenemend "landbou-onvriendelik".

Ongelukkig verstaan wetenskaplikes nog nie die fisiologiese meganismes waarvolgens plante droogtes die hoof kan bied, baie goed nie. Dit bemoeilik die taak. 'n Reeks van 11 verskillende kriteria moet ingespan word om 'n aanduiding van moontlike droogteweerstand te verkry.

Die jongste toevoegings tot die reeks van kriteria, naamlik die bepaling van fotosintetiese effektiwiteit en die behoud van blaarwaterinhoud, het heelwat bygedra tot die identifisering van onderstamkultivars en —saailinge met weerstand teen droogte. Die waarde van 'n tegniek wat bogrondse eienskappe meet waar net die ondergrondse plantdele in kommersiële toestande van belang gaan wees, is nog onbekend. Die tweede fase van evaluasie sal moontlik die nodige antwoorde verskaf.

Navorsers het 26 potensieel weerstandbiedende saailingseleksies geïdentifiseer. Die eerste groep van vier sal vanjaar finaal in kweekhuistoestande geevalueer word.

Die probleem van versuip is hoofsaaklik beperk tot perske- en pruimboorde in die Wes-Kaap en Langkloof. Boere in hierdie gebiede het soms te make met vlak kleigrond of boorde wat naby 'n rivier aangelê is.

Heelwat minder aandag is aan hierdie aspek van die teelprogram gegee en tot dusver is net bestaande kultivars en seleksies getoets. Maridon is een van die pruimonderstamme wat die meeste weerstand teen nat grond bied. Perske-onderstamme, asook tussenspesies met 'n perskekomponent in die genetiese samestelling, is uiters gevoelig vir oormatige nat grond.

Naas knopwortelaalwurm is brak- en kalkryke grond steenvrugboere se grootste probleme. Albei plaas 'n ernstige beperking op die boom se vermoë om bepaalde voedingstowwe uit die grond op te neem, terwyl brak toestande ook wateropname kan belemmer en tot mineraaltoksisiteite aanleiding kan gee.

Veral die brakproef lewer jaarliks maklik interpreteerbare resultate. Verskeie onderstamseleksies wat meer weerstand bied as Marianna (weerstandbiedende pruimkontrole), is die afgelope twee jaar geïdentifiseer.

Dit lyk asof die genepoel vir brakweerstand hoofsaaklik binne die pruimgroep geleë is. Dit kan probleme ten opsigte van bostam-onderstam-onverenigbaarheid tot gevolg hê. Sou dít die geval wees, sal geprobeer moet word om die betrokke eienskap deur handbestuiwing op geskikte perske-onderstamme oor te dra.

In die Robertson-omgewing is dit opvallend hoeveel vrugtebome 'n tipiese kalkgeïnduseerde vergeling van die blaar tussen die nerwe toon. Die kommersiële onderstam, wat bekend is daarvoor dat dit weerstand teen hierdie kalkgeïnduseerde ystertekort kan bied, werk egter nie altyd nie omdat dit nie weerstand teen knopwortelaalwurm het nie.

Hierdeur word die vereiste van meervoudige weerstand weer beklemtoon. Sowat twee jaar gelede het die kalkproef 'n hupstoot gekry met ekstra finansiering van die inmaak- en droogbedryf. Dit het die statistiese bepaling van blaarysterinhoud moontlik gemaak asook toegang verleen tot 'n instrument waarmee die fotosintetiese doeltreffendheid van die chlorotiese blare bepaal kan word.

Sedertdien is 50 potensieel weerstandbiedende saailingseleksies geïdentifiseer. Drie het vanjaar die finale statistiese toetsing geslaag en is nou vir die tweede fase van evaluasie gereed.

Infruitec-Nietvoorbij se steenvrug-onderstamteelprogram staan nog in baie opsigte in sy kinderskoene, maar met die eerste potensieel weerstandbiedende onderstamseleksies wat hul verskyning begin maak, sal 'n nuwe era binnekort betree word. Die grootste uitdaging vir die onmiddellike toekoms is die ontwikkeling van nuwe onderstamkultivars wat verskeie ongunstige omgewingstoestande tegelykertyd die hoof kan bied, asook die geslaagde implementering van 'n tweede evaluasiefase in boordtoestande.

  • Me. Anna-Maré du Toit was tot einde 2004 verbonde aan die Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn.

    4 Maart 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.46
    +0.5%
    Rand - Pond
    21.27
    +0.3%
    Rand - Euro
    18.31
    +0.0%
    Rand - Aus dollar
    11.69
    +0.8%
    Rand - Jen
    0.13
    +1.3%
    Goud
    1,767.24
    -1.7%
    Silwer
    22.22
    -4.1%
    Palladium
    1,874.00
    -1.4%
    Platinum
    999.50
    -2.0%
    Brent-ruolie
    85.57
    -1.5%
    Top-40
    68,543
    +0.5%
    Alle aandele
    74,693
    +0.5%
    Hulpbronne 10
    74,781
    +1.0%
    Industriële 25
    91,501
    -0.1%
    Finansiële 15
    15,595
    +1.3%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Kok will Jou lewe bietjie geur gee
    Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
    Watter land volgende?
    I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot