AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Lusernboom – wonderboom?

Verskeie lede van die gespreksforum het sade van die lusernboom geplant en hou dié plantjies met valkoë dop.

Verskeie lede van die gespreksforum het sade van die lusernboom geplant en hou dié plantjies met valkoë dop.

Dr. Frans Saaijman skryf:

Oor die Australiese lusernboom: Tagasaste. My ondervinding sover: Ek het ‘n die saad in saadlaaie geplant - een vir een. Ontkieming is so 40%. Die plantjie groei baie vinnig die eerste week of drie.

Dan lyk dit of hulle halt roep.

Toe het ek hulle uitgeplant in oop grond. Dit is nou so vier weke gelede. Tot op datum: Hulle lewe maar die lengte vermeerder nie. Enkele van die ''boompies'' se bas word verwyder so 2 mm bokant

die grond. Die oorsaak is nie bekend nie.

Ek vermoed die reën was net eenvoudig te veel. Dan sterf die plantjie af. Ek het so 50 in 5 liter sakke geplant en bewaar hulle soos goud. Dit word versorg in 'n tonnel.

Leonie Kellerman skryf:

Kom ons vra die vraag? Waar groei die bome al so in Suid-Afrika dat dit op lande bewei kan word deur skape en beeste? Die laaste paar dae van klomp mense gehoor waar dit nie 'n sukses is nie. Waar is die suksesverhale? Frank jy noem van een plek. Hoeveel diere bewei daardie bome.

Frank Kratz skryf:

Ons boere bly maar 'n konserwatiewe groep! Die tagasaste is al 150 jaar gelede Australië toe gebring en alhoewel dit van tyd tot tyd oplewings van belangstelling uitgelok het, is dit net deur 'n handjievol boere oor die jare gebruik en nooit op groot skaal nie. Eers toe die landboudepartement hul toetse doen en dit aan die groot klok gehang het, het dit in Australië skielik 'n "wonderplant" geword! Dit was ook maar 'n dekade of wat gelede! Nou is al derduisende hektare aangeplant!

Ek het dit in Suid-Afrika by gavin Armstrong leer ken, toe hy bestuurder by Camphill Village in Atlantis was. Hy het die sade ingebring en daar was artikels in Farmer’s Weekly en Landbouweekblad.

Redelike belangstelling, maar dit het gou verflou. Die probleem is dat daar nie 'n wonderplant is nie, tagasaste doen baie goed aan die Weskus, hulle het lae weidingspotensiaal en as 'n gewas dit kan verhoog, toon die mense belangstelling! Alhoewel dit seker in groot dele van ons land goed sal aanpas, sal dit in baie gebiede swakker vertoon as ander plaaslik aangeplante weidings.

Dit het ook die nadeel van lang vestiging, wat dit 'n duur opsie maak. Jy moet of daardie land vir 'n jaar of twee totaal van weiding ontrek of groter (duuder) bome aanskaf en plant. Maar as dit eers gevestig is, produseer dit vir baie jare en gee meer as genoeg sade vir verdere uitbreiding en/of hervestiging.

Alhoewel die literatuur aanbeveel dat dit liefs nie ryp moet kry nie, lees ek weer ander berigte waar gevestigde tagasaste tot –by minus 15 grade C kan oorleef. Die dun takkies vries dood, maar die dikker stamme loop weer uit. Omdat dit die vertikale ruimte inneem, van grondvlak tot 1 tot 2meter hoogte, het dit hoë opbrengste per ha.

Ek dink ons sal nog heelwat probleemverhale hoor. Ek self het dit in Kaapstad aangeplant in my tuin, dit maak 'n mooi struik, en het nog nooit probleme ondervind nie, maar hier in die Suid-Kaap het ek skielik botritesswam! Maar as ons eers weet wat die beste praktyke in verskillende gebiede is, sal dit 'n ander storie wees.

Leonie, ek twyfel bv. of tagasaste die aangewese boom in Limpopo sal wees, Leuceana en 'n paar ander tropiese peulbome sal waarskynlik beter doen. So, moet die tagasaste nie afskryf nie, gee hom kans en hy sal in sekere gebiede en onder sekere bestuursstelsels wel 'n wonderweigewas wees.

My persoonlike gevoel is dat in jou gebied ander opsies bestaan om die vertikale spasie produktief te gebruik, Leuceana sal een opsie wees, maar aan die Weskus sal die Leuceana net oorleef as dit vertroetel word, terwyl tagasaste floreer. Daar is mos 'n rede hoekom ons suikerriet in KZN plant! Elkeen moet besluit watter gewas en watter soort vee vir sy gebied, sy bestuursstyl en sy besondere omstandighede die beste sal vertoon!

Hannes Visagie skryf:

Vind aangeheg nog leesstof (PDF-dokument onder aan bladsy) oor tagasaste, ook van Wes-Australië. Dit is nogal baie gebalanseerd en kom van mense met ondervinding.

Ek het nou al baie gelees oor die onderwerp en wil so paar punte maak:

* Nêrens het iemand aanspraak gemaak dat dit maklik is om te vestig, inteendeel, a.g.v die smaaklikheid is dit baie moeilik. As dit maklik was, sou ons dit al lankal op groot skaal gehad het. Lees aangeheg stuk. Hulle waarsku dat dit moeilik is om weer te verwyder, so beplan goed. Die uitdaging is die eerste jaar.

* Die beste grond is diep, goedgedreineerde sandgrond. Bly weg van turf en klei asook ‘n hoë watertafel.

* Dit kos geld en moeite om tagasaste te vestig, want jy moet hom beskerm.

Die tagasaste op foto's is myne! Is dit nie mooi nie?

Ek het saad vir ‘n kwekery hier in die Boland gegee en die kêrel het ontkieming van 90% met die boomsoort en bietjie minder met die “weeping” kleinveesoort. Ons is nie almal kwekers nie!

As ek sien hoe moedeloos party van julle is, dan gaan die beker Kaap toe kom as dit nie in Wes-Australië bly.

24 Januarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Soek eerbare ware liefde
Mooi persoonlikheid. Mense mens. Lief vir lewe . lief vir natuur. Uitdagings. Living on the edge. Opreg reguit persoon met baie liefde om te gee
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot