Almal stem saam dat Suid-Afrika se produsente goed vergelyk met die bestes ter wêreld. Soveel te meer gegewe die feit dat hulle 100% op hul eie bene moet staan.
Skertsend kan ’n mens seker vra of dit nie hul goeie produksievermoë is wat lei tot ietwat te veel uie vir die Suid-Afrikaanse mark nie.
Voor Maart het die koste-knyptang reeds soos ’n swaard oor boere se kop gehang, maar die drastiese styging in produksiekoste maak gesprekke oor prysvorming en winsgewendheid broodnodig.