
Kom maak jou eie rooiwyn saam met ’n Kaapse wynmeester!
Landbouweekblad, Farming SA en landbou.com nooi jou om Saterdag, 5 Maart, te gaan rooiwyn maak saam met Clive Torr van Topaz Wines, by Stellenbosch. Torr is een van Suid-Afrika se voorste garagistes en ’n internasionale wynbeoordelaar.
Slegs 25 mense kan geakkommodeer word. Bespreek dus gou!
Ingesluit in dié pret-pakket is:
Die pars van die druiwe, die gebruik van ’n geregistreerde kelder onder leiding van Torr en alle wynmaaktoerusting.
Alle wyne vir proe en tydens ‘n midddagete.
Die koste van bottelering en verpakking.
Elke deelnemer kry ná ’n jaar 10 bottels van sy/haar eie wyn in ’n mooi geskenkverpakking. Jy sal reeds op 5 Maart gewys word hoe om jou eie etikette te ontwerp.
’n Wynmakersvoorskoot, 2 proeglase in ’n drasak en jou eie spoeg-emmer.
’n Wynmaaksertifikaat en ’n foto saam met Clive Torr.
’n Blog sal op Topaz se webwerf asook op landbou.com en farmingsa.com verskyn om jou ingelig te hou oor die vordering van die wyn.
’n 5 ster-braaimiddagete en ’n potjie boulle.
Deelname aan die botteleringspartytjie of aflewering van jou wyn by jou adres.
Uitgesluit:
Vervoer na en van die Delvera-biodiversiteitslandgoed, Stellenbosch, huisvesting en versekering.
Koste: R1 000 per persoon (BTW ingesluit)
Besprekings: Tanja Beutler, sel 082 056 8825 of 082 323 4336. tanja@topazwines.co.za
5 Januarie 2011