Ondanks die wolk van die Amerikaanse en Europese ekonomiese situasie stem die onlangse effense verbetering van die wêreldprys die plaaslike bedryf optimisties.
Mnr. Piet Muller, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Makadamiakwekersvereniging (SAMKV), sê hoewel dit moeilik is om in hierdie stadium 'n voorspelling te waag, kan die 2009-oes groter wees as 2008 se sowat 20 000 ton droë-neut-in-dop (DNID), wat sowat 5 500 ton neutkerne verteenwoordig. Vir 2009 word die plaaslike oes op sowat 20 000 ton tot 22 000 ton DNID (sowat 6 000 ton neutkerne) geraam.
Die warm, droë weer tydens blomtyd in sommige verbouingsgebiede sal die opbrengs vir 2009 benadeel, maar die talle jong bome wat nou begin dra (veral in Mpumalanga), behoort meer as te vergoed vir die kleiner opbrengs van sommige ouer aanplantings.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 9 Januarie 2009.
7 Januarie 2009