AFGRI
BEAN
02 Des
-
9238
-127,00
CORN
02 Des
-
4511
-39,00
SOYA
02 Des
-
10400
-18,00
SUNS
02 Des
-
10800
-86,00
WEAT
02 Des
-
6730
-15,00
WMAZ
02 Des
-
5016
-111,00
YMAZ
02 Des
-
4919
-40,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Makadamias vir Afrika

Suid-Afrika is die naasgrootste produsent van makadamias ter wêreld en dié bedryf is in 'n groeifase in die land.

Afrika is die naasgrootste produsent van makadamianeute in die wêreld. Groei in dié bedryf in Suid-Afrika en ander lande in Suider-Afrika versterk die fondament waarop hierdie taamlik jong bedryf gebou word.

Die makadamiabedryf in Suid-Afrika, Kenia, Malawi en Zimbabwe is in 'n groeifase, terwyl Mosambiek en Zambië waarskynlik binnekort met nuwe aanplantings ook húl plek in Afrika se makadamiabedryf sal vol staan, sê mnr. Philip Lee, hoofbestuurder van die Suider-Afrikaanse Makadamiakwekersvereniging (SAMAK).

Altesame 5,3 miljoen makadamiabome is in Suid-Afrika, Kenia, Malawi en Zimbabwe geplant. Daarvan is 41 % (1 jaar oud tot 5 jaar oud) nog nie in produksie nie, 27 % (6 jaar oud tot 10 jaar oud) kom nou in produksie en 32 % (11 jaar en ouer) is in produksie. Afrika se totale produksie in 2002 was 5 141 ton neute, waarvan 56 % (2 878 ton) in Suid-Afrika geproduseer is. Die Suid-Afrikaanse bedryf het 98 % van sy 2002-produksie uitgevoer, waarvan 48 % na Noord-Amerika, 27 % na Europa, 11 % na Suidoos-Asië en Hongkong en 10 % na Japan gestuur is. In 2001 het Japan 48 % van sy makadamia-invoer in Afrika bekom.

Mnr. Lee sê Afrika sal in 2010 na raming sowat 14 000 ton neute produseer, waarvan 8 000 ton van Suid-Afrikaanse oorsprong sal wees. Australië is tans die grootste produsent van makadamias in die wêreld.

Volgens die SAMAK se boomsensus van 1993 en 1995, asook inligting van kwekerye, is daar tans net meer as 3 miljoen makadamiabome in Suid-Afrika. Mpumalanga spog met die meeste van hierdie bome. Daarna volg Limpopo en KwaZulu-Natal, en die res van die verbouingsgebiede in die Wes-Kaap (George en Knysna) en die provinsie Noordwes (Magaliesburg en Rustenburg).

Uit die boomsensus is dit ook duidelik dat nuwe aanplantings in die afgelope dekade toegeneem het, veral in Mpumalanga. Van die huidige boombevolking van net meer as 3 miljoen, word geskat dat 24 % (11 jaar en ouer) in 2004 in volle produksie sal wees en 30 % (6 jaar oud tot 10 jaar oud) dan sal begin produseer, terwyl 46 % (1 jaar oud tot 5 jaar oud) nog te jonk sal wees om te produseer.

Mnr. Lee sê ten spyte van die onsekere posisie in Zimbabwe oor die eienaarskap van landbougrond, word nuwe makadamia-aanplantings steeds in die oostelike sub-tropiese gebiede in die omgewing van Chipinge gedoen. Die totale aanplantings in Zimbabwe word geraam op 250 000 bome, waarvan omtrent 50 000 in 2004 nagenoeg 11 jaar en ouer sal wees, 100 000 sal 6 jaar oud tot 10 jaar oud wees en 'n verdere 100 000 sal volgende jaar 5 jaar oud en jonger wees.

In Malawi is net meer as 1 miljoen makadamiabome op 5 112 hektaar aangeplant. Altesame 39 % van hierdie bome (11 jaar en ouer) is in volle produksie, 13 % is 6 jaar oud tot 10 jaar oud en 48 % is 1 jaar oud tot 5 jaar oud.

Volgens mnr. Lee is dit uiters moeilik om te skat hoeveel makadamiabome in Kenia is omdat sowat 35 000 kleinboere by die bedryf betrokke is. Volgens verslae van die Amerikaanse departement van landbou en gesprekke met verskeie mense in die bedryf, word geskat dat daar sowat 1 miljoen makadamiabome in Kenia is.

Wat die plaaslike produksie betref, het gesonde neute vanaf 1998 net minder as verdubbel tot 2 878 ton in 2002. Net soos in Australië (die grootste makadamiaprodusent in die wêreld) was daar 'n geneigdheid vir die gelyke jaartalle (1998, 2000 en 2002) om goeie jare te wees en die ongelyke jare (1999, 2001 en 2003) om minder goeie jare te wees wat produksie betref.

Die relatief klein produksietoename van 2002 teenoor 2001 was die gevolg van swak klimaatstoestande. Die vorige goeie jaar (2000) se
2 461 ton gesonde neute was 'n verbetering van 63 % teenoor die gesonde neut-opbrengs van 1999. In die een of ander stadium, hopelik in die volgende goeie jaar (2004), sal produksie weer 'n soortgelyke groot toename toon om dit in verband te bring met die neiging op die duur.

Die grootste deel van Zimbabwe se produksie word sedert 2002 as ongedopte neute na Suid-Afrika uitgevoer. Hierdie 600 ton tot 800 ton ongedopte neute is ingesluit by Suid-Afrika se produksiestatistieke vir 2002. Volgens skattings het Malawi en Kenia onderskeidelik 863 ton en
1 400 ton gesonde neute gelewer.

Malawi se vooruitskatting dui op 'n produksie van nagenoeg 2 500 ton neute teen 2010. Kenia se produksie is moeiliker om te voorspel, maar dit kan verdubbel tot sowat 3 000 ton neute in 2010, terwyl Zimbabwe se produksie teen 2010 in die omgewing van 500 ton neute kan wees.

Fabrieke is voorbereid

Suid-Afrika het nege groot verwerkingsaanlegte en 'n paar kleiner fabrieke vir die verwerking van makadamianeute. Vier hiervan is HACCP-geakkrediteer (die Hazard Analysis Critical Control Point-stelsel is 'n internasionale stel riglyne vir die verskaffing van veilige voedsel aan verbruikers); een is ISO 9001 2000-geakkrediteer; nóg een is vir HACCP én ISO 9001 2000 geakkrediteer, en die oorblywende drie wil voor die einde van die jaar HACCP-akkreditasie kry. Só sê mnr. Philip Lee, hoofbestuurder van die Suider-Afrikaanse Makadamiakwekersvereniging (SAMAK).

Met die groot toename in die oes in 2002 het die meeste fabrieke hul vermoë vergroot en nóg 'n nuwe fabriek is in Mpumalanga opgerig. Die meeste van die gevestigde verwerkers het planne om hul kapasiteit op medium- en lang termyn te vergroot sodat hulle tred kan hou met die groei van die bedryf as geheel. Zimbabwe het tans geen verwerker nie, terwyl Malawi en Kenia onderskeidelik 3 en 2 verwerkingsaanlegte het.

Mnr. Lee sê in Suid-Afrika en elders in Afrika word makadamianeute as 'n landboubedryf baie belangrik geag. In 'n nuwe kleinboerprojek in Malawi gaan neute binne die volgende drie jaar op 1 323 hektaar gevestig word. Hierdie projek word gefinansier deur die Ontwikkelingsbank van Afrika en soortgelyke projekte gaan waarskynlik binnekort volg in ander Afrikalande, soos Mosambiek.

In Suid-Afrika sal nuwe aanplantings waarskynlik voortgaan, maar miskien nie teen dieselfde tempo as in die afgelope 10 jaar nie. Die meeste nuwe aanplantings sal van die vroeë en hoëproduksie-kultivars wees, met beter, gesonde kernherwinning (35 % en meer) en teen 'n hoër plantdigtheid, soos wat inderdaad die afgelope vyf jaar die geval was.

Suid-Afrika se makadamiaproduksie het die afgelope 10 jaar met gemiddeld 10 % tot 15 % per jaar gegroei en hierdie neiging sal waarskynlik voortduur tot in 2010. Dit is dus waarskynlik dat die produksie sal verdubbel van 2 878 ton neute in 2002 tot net onder 6 000 ton neute in 2007 en 8 000 ton neute in 2010.

12 Desember 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
+1.2%
Rand - Pond
21.29
+1.0%
Rand - Euro
18.25
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.82
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,799.80
-0.2%
Silwer
22.68
-0.3%
Palladium
1,904.29
-2.1%
Platinum
1,036.89
-0.7%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,328
-0.8%
Alle aandele
74,416
-0.8%
Hulpbronne 10
73,941
-2.7%
Industriële 25
91,634
-0.6%
Finansiële 15
15,548
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Eks n maklike man. Soek vrede liefde en eerlikheid. Soek 'n vrou wat als saam kan doen en lewe genie
Eks n insperasie vir ander wat saam werk. En saam 'n pad kan stap. Ek verneuk nie op my maat nie so verwag ek dit ook
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot