AFGRI
BEAN
01 Feb
-
9790
-69,00
CORN
01 Feb
-
4566
-91,00
SOYA
01 Feb
-
9580,2
-19,80
SUNS
01 Feb
-
11295
265,00
WEAT
01 Feb
-
6770
-12,00
WMAZ
01 Feb
-
4360
-80,00
YMAZ
01 Feb
-
4440
-81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Maleisië baan die weg na Asië vir SA

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Andries Groenewald
Foto: Andries Groenewald
Maleisië hou groot potensiaal in vir sitrus en ander hoëwaardelandbouprodukte uit Suid-Afrika.

Maleisië is nie net ’n aansienlike mark vir Suid-Afrikaanse vars produkte nie, dis ook goed geleë om Suid-Afrikaanse landbouprodusente vinnige toegang tot markte in die Verre Ooste en China te bied. Só sê mnr. Abbas Bilgrami van die Maleisiese logistieke maatskappy Mutiara Perlis, wat besig is om die Perlis Food Hub en Perlis-korridor van die kus deur die Maleisiese binneland tot in China te bou.

Bilgrami het tydens die onlangse Fresh Connections-vergadering van die internasionale varsprodukte-agentskap IFPA gesê die Maleisiese mark neem reeds 3% van Suid-Afrika se varsproduk-uitvoer op en dat die mark na verwagting met 6,64% per jaar groei. Dit is die tweede grootste invoerder van Suid-Afrikaanse kernvrugte.

Hy het gesê die mark hou ook groot potensiaal in vir sitrus en ander hoëwaardelandbouprodukte soos swartbessies, vye, kersies en, buite seisoen, sagtevrugte. Daar is ook groeipotensiaal in die mark vir groente en vleis – spesifiek lams- en beesvleis. Maleisië voer tans kool, aartappels en uie in groot maat van China af in, maar hy meen Suid-Afrikaanse produsente moet dit oorweeg om hierdie produkte na Maleisië uit te voer.

Boonop, het Bilgrami gesê, is Maleisië goed geleë as verspreidingspunt vir Suid-Afrikaanse landbouprodukte na die Verre Ooste, die wêreld se grootste mark vir vars produkte met sy 1,7 miljard verbruikers.

“Die mark en korridor wat ons bou, sal teen 2023 in bedryf wees en kan Suid-Afrikaanse produkte vinniger by bestemmings soos Thailand, die Chinese binneland, Indonesië en Mianmar kry. Dit kan die reistyd met tot vyf dae verkort.”

Hy sê tariewe van die nuwe hawe by die monding van die Straat van Malakka gaan minder as dié van mededingende hawens wees met moderne hanteringstoerusting wat vragte gemaklik tussen see-, lug-, spoor- en padvervoer oorskakel.

By die Perlis Food Hub sal produkte, waar nodig, herverpak kan word om aan plaaslike regulasies en markvereistes te voldoen.

Bilgrami het gesê sy maatskappy hoop om met Suid-Afrikaanse produsente saam te werk en vennootskappe te vorm vir die lewering en verspreiding van vars produkte.

Vir nog inligting kan hy by 076 459 5875 of abbas@mutiaraperlis.com gekontak word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.25
+0.8%
Rand - Pond
21.29
+0.7%
Rand - Euro
18.81
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.23
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Platinum
1,006.31
-0.6%
Palladium
1,687.13
+2.4%
Goud
1,931.36
+0.2%
Silwer
23.64
-0.4%
Brent-ruolie
85.46
+1.1%
Top-40
73,674
+0.3%
Alle aandele
79,732
+0.3%
Hulpbronne 10
75,353
-0.6%
Industriële 25
102,535
+0.2%
Finansiële 15
16,425
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot