AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Mangobedryf voor kruispad

Die mangobedryf bevind hom in 'n posisie waar belangrike keuses gemaak moet word vir die toekoms.

Soos met enige besigheid kom daar winde van veranderinge. Om dié rede het die Suid-Afrikaanse Mangokwekersvereniging (SAMKV) op Tzaneen tydens 'n werksessie besluit om die pad vorentoe in oënskou te neem.

Wat swart ekonomiese bemagtiging, landelike ontwikkeling en menslike hulpbron-ontwikkeling betref, is die volgende voorgestel:

  • Die geleenthede wat reeds bestaan, moet geïdentifiseer word, byvoorbeeld, die Suid-Afrikaanse inisiatief vir 'n Landbougifstowwe-program (SAPIP), leerlingskappe geborg deur vaardigheidsheffings, kleinboerprogramme en beskikbare opleidingsmateriaal binne dié bedryf.

  • Identifiseer moontlike rolspelers soos diensverskaffers vir opleidingsprogramme, bestaande opleidingsgeriewe, bestaande kleinboere, potensiële kandidate uit die huidige werkerskorps, medewerkende kommersiële boere en departementele personeel.

  • Identifiseer moontlike samestellers van kursusmateriaal en sentra waar dit aangebied kan word.

  • Die opstel van 'n sakeplan.

  • Kry ondersteuning en moontlike finansiering.

  • Loods die program aanvanklik op 'n beperkte skaal, kry terugvoering en maak regstellings en aanpassings. Stel die suksesvolle kandidate bekend.

    Volgens die afgevaardigdes het dié inisiatief nie die eerste aanspraak op die mangobedryf se hulpbronne nie en daarom moet ander bestaande hulpbronne eers daarvoor gebruik word. Dit is egter 'n hoë voorrang vir die Regering en daarom moet die SAMKV besluit wat vir hom die belangrikste is.

    Mnr Stephan Crafford, bestuurder, van die SAMKV op Tzaneen, sê die bedryf se verhouding met die Regering, sy logistiek en infrastruktuur is ook deeglik tydens die werksessie bespreek. Daar is tot die slotsom gekom dat die verhouding met die staat 'n saak is wat deur die landboubedryf in breë en deur die hele vrugtebedryf spesifiek aangepak behoort te word.

    Hiervoor moet binne die totale vrugtebedryf spesifieke kapasiteit geskep word. Bepaalde aangeleenthede wat vir die mangobedryf van belang is, is geïdentifiseer en behoort in die strukture ingevoer te word. Spesifieke behoeftes ten opsigte van paaie en spoorweë behoort ook deur die mangobedryf deur middel van oorkoepelende strukture opgeneem te word. Wat logistiek betref, is die grootste strategiese behoefte van die mangobedryf op die gebied van die koueketting en hantering. Spesifieke aanbevelings is daaroor gemaak, en kan deel vorm van die strategiese beplanning van die SAMKV-struktuur.

    Aandag aan spesifieke logistieke aangeleenthede (die koueketting en hantering) is belangrik. Verhoudingsbou met die Regering is nie vir SAMKV as sulks 'n onmiddellike hoë voorrang nie en behoort deur meer oorkoepelende strukture plaas te vind.Crafford sê uit die aard van die saak het elke organisasie in die vrugtebedryf unieke omstandighede wat bepaal word deur die aard van die produk en die markte wat daarvoor bestaan, maar die aard van die strategieriglyne en voorgestelde strategieë vir die mangobedryf is baie in pas met dít waarop die ander soortgelyke organisasies in die vrugtebedryf besluit het.

    'n Belowende kenmerk is dat die mangobedryf met groot realisme gekyk het na wat noodsaaklik is, en 'n toegespitste en duidelik omskrewe benadering voorgestel het. Enkele toepaslike strategieë wat met oortuiging uitgevoer word, sal altyd beter resultate oplewer as 'n groot aantal benaderings waarvoor daar op die lange duur nóg die tyd nóg die hulpbronne gaan wees.

    Die voorstelle moet eerder gesien word as riglyne vir die ontwikkeling van uitvoerbare strategieë. Daar moet egter benadruk word dat die daarstelling van "trefferstrategieë" in 'n groot mate gaan afhang van die beskikbaarheid van hulpbronne. Die meeste vrywillige lede-organisasies in die landbou beskik nie oor die hulpbronne om volle en ideale strategieë te implementeer nie.

    "Uit die werksessie was dit duidelik dat die SAMKV nou voor 'n kruispad staan waar keuses gemaak moet word: Beperk die moontlike strategieë en skaal die impak daarvan af of gaan van die standpunt af uit dat sekere van hierdie strategieë só belangrik is vir die oorlewing van die bedryf dat hulpbronne daarvoor eenvoudig gevind moet word," sê Crafford.

  • Navrae: Mnr. Stephan Crafford, tel. 015 307 3513. E-pos: samga@mango.co.za.

    Dié sake van belang

    Die mangobedryf het vanjaar sy na-oesdag, wat al 'n instelling geword het, met 'n strategiese werksessie vervang om te besin oor dié bedryf se toekoms.

    Mnr. Stephan Crafford, bestuurder van die Suid-Afrikaanse Mangokwekersvereniging (SAMKV) op Tzaneen in die provinsie Limpopo sê dié strategiese werksessie is gehou aan die hand van vraelyste wat vooraf aan alle lede gestuur is. Die vraelyste is deur mnr. Johan Koorts van Pretoria verwerk. Koorts is onder meer betrokke by die samestelling van die Nasionale Vrugtebedryfsplan.

    Tydens die werksessie is besin oor onder meer bemarking en promosie, navorsing, ontwikkeling, inligting, swart ekonomiese bemagtiging, landelike ontwikkeling, menslike hulpbron-ontwikkeling asook die bedryf se verhouding met die Regering, logistiek en infrastruktuur. Wat die bemarking- en promosiestrategie betref, is 'n stel aksies vir die mangobedryf voorgestel wat daarop gemik is om inligtingsvloei te verbeter, produkgehalte te verbeter en te handhaaf, nuwe markkanale te ontwikkel en bestaande kanale te verbeter en in stand te hou, en om die produk doeltreffender te bevorder.

    Daar is 'n sterk verband tussen hierdie strategie en die strategieë vir navorsing, ontwikkeling en inligting. Strategieë vir die verbetering van verhoudings met die owerhede speel ook 'n belangrike rol vir die ontsluiting van nuwe oorsese markte.

    Volgens Crafford is 'n belangrike gewig toegeken aan die bemarkings- en promosiestrategie omdat dit van die belangrikste elemente is om die winsgewendheid, en dus die oorlewing en groei van die bedryf, te verseker.

    Tydens die werksessie is voorgestel dat die navorsings- en inligtingsagenda gefinaliseer word aan die hand van die voorstelle wat deur die fokusgroep op die tafel geplaas is en die voorrangsake wat deur mangoboere via ander kanale gelys is. Dan moet 'n finansieringsplan saamgestel word om binne 'n redelike tyd doeltreffend aandag aan hierdie voorrangsake te gee. Die hulpbronbeplanning vir hierdie aksies moet insluit die oorweging van die mobilisering van die nodige menslike hulpbronne. Dit moet nie noodwendig plaasvind deur middel van aanstellings nie, maar ook via ander kanale byvoorbeeld, kontraknavorsing en nouer samewerking met akademiese instellings.

    26 Augustus 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.36
    -1.1%
    Rand - Pond
    21.29
    -1.3%
    Rand - Euro
    18.29
    -0.9%
    Rand - Aus dollar
    11.81
    -1.5%
    Rand - Jen
    0.13
    -1.2%
    Goud
    1,797.73
    +0.5%
    Silwer
    23.50
    +1.9%
    Palladium
    1,963.22
    +1.7%
    Platinum
    1,030.76
    +2.1%
    Brent-ruolie
    76.15
    -1.3%
    Top-40
    68,351
    +0.1%
    Alle aandele
    74,548
    +0.1%
    Hulpbronne 10
    73,315
    -0.7%
    Industriële 25
    92,605
    +1.0%
    Finansiële 15
    15,401
    -0.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    lewensmaat
    Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
    Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
    Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot