AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Mango's slim teen son beskerm

Sonbrandskade kan tot 70 % van 'n vrugte- of groente-oes onbemarkbaar maak. 'n Middel is nou ontwikkel wat sonbrand voorkom en sekere plantsiektes ook beter bestry as middels wat tot nou toe algemeen gebruik is.

Sonbrandskade kan tot 70 % van 'n vrugte- of groente-oes onbemarkbaar maak.

'n Middel is nou ontwikkel wat sonbrand voorkom en sekere plantsiektes ook beter

bestry as middels wat tot nou toe algemeen gebruik is.

Die verliese wat vrugte- en groenteboere die afgelope paar jaar gely het weens sonbrand, is enorm. Daar is gevalle waar tot 70 % van 'n oes nie bemark kon word nie.

Prof. Jan Kotze van die Universiteit van Pretoria het die afgelope vier jaar navorsingswerk saam met die landgoed Bavaria en twee private ondernemings gedoen om dié probleem te probeer oplos.

Die resultaat is die middel Mangocote, wat sonbrandskade met 40 % verminder en antraknose so goed soos standaard-koperbespuitings bestry.

Prof. Kotze sê gewasse wat die afgelope paar jaar veral onder sonbrandskade deurgeloop het, was mango's, avokado's, papajas, sagte sitrussoorte, pomelo's, appels, tamaties en verskeie ander groentesoorte. Soms is die skade wat deur sonbrand veroorsaak word, meer as dié van ál die siektes en plae saam, sê hy.

Die mangobedryf is ingestel op die uitvoermark. Vrugte wat deur sonbrand beskadig is, kan nie uitgevoer word nie en moet teen onlonende pryse vir verwerking verkoop of weggegooi word.

Die meeste mango-boere gebruik deesdae plastiekkappies om die vrugte te beskerm. Prof. Kotze het dié kappies die eerste keer in 1973 gebruik in proewe om bakteriese swartvlek te bestry.

Toentertyd was daar groot opgewondenheid toe gevind is dat die kappies ook verhoed het dat die vrugte sonbrandskade opdoen. Dié metode is egter arbeidsintensief en duur, maar word tog betreklik algemeen gebruik.

Daar was 'n groot behoefte aan 'n beter manier om die probleem hok te slaan. In die soektog na 'n alternatief die afgelope sowat nege jaar is talle doeltreffende middels getoets, maar telkens was die koste daarvan te hoog.

Vier jaar gelede het prof. Kotze twee ondernemings, Delta Chemicals en Serina, betrek om produkte te formuleer wat gegrond is op die navorsing wat hy gedoen het. Omvattende toetse is op 'n wye verskeidenheid plantsoorte gedoen en uiteindelik het Mangocote die lig gesien.

Die formules is ook deur mnr. Jaco Fivaz van die landgoed Bavaria, naby Hoedspruit, getoets op die mango-kultivars wat hulle gebruik. Hy is baie tevrede met die resultaat en meen dat dié middel 'n groot rol kan speel om sonbrand en mango-siektes in die toekoms te bekamp.

Die afgelope seisoen het hy gevind dat sonbrand en vrugtesiektes (veral antraknose) uitstekend bekamp kan word met die intensiewe gebruik van die middel. Hy het dit op die kultivars Kent, Sensation en Heidi gebruik.

Van die belangrikste inligting wat uit die navorsing na vore gekom het, is die volgende:

Sonbrandskade vind vroeg in die seisoen plaas. By mango's word klein vruggies al so vroeg as in September ernstig beskadig. Die meeste van die vruggies val af, maar dié wat bly hang, toon inwendige skade, soos holtes en vaatbundelverbruining. Tot nou toe is daar niemand in die mango-bedryf wat iets aan dié belangrike feit kon doen nie.

Die algemene opvatting in die bedryf is dat sonbrand eers in November, Desember en Januarie bekamp moet word. Dít is 'n groot mistasting. Sonbrand moet al van September af bekamp word en behandeling met die middel moet volgens voorskrif elke 14 dae herhaal word op kultivars soos Kent, Keitt en Sensation. As die selle in die vrugvleis eers deur die son beskadig is, kan die toename van die skade hoogstens beperk word. Dit kan nie uitgeskakel word nie.

Dit wil lyk asof die middel nie net sonbrand nie, maar ook die belangrikste vrugsiektes sal bekamp as dit met gereelde tussenposes toegedien word. Dit bespaar dus koste.

In proewe is gevind dat die temperatuur op die vrugoppervlak van behandelde vrugte van 5 °C tot 6 °C koeler was as dié van onbehandelde vrugte. Voorlopige proewe het ook gewys dat tamaties wat met dié middel bespuit is, in die warm maande (Januarie, Februarie en Maart) nie sonbrandskade opdoen nie.

Omdat die middel ook sekere swamsiektes bekamp wat by tamaties voorkom, kan daar op swam- en plaagdoders bespaar word.

Afgesien daarvan dat die middel die skade bekamp, hou dit die plante koeler en verbeter dit die produksievermoë van die gewas, sowel as die gehalte van die vrugte.

Die middel kan maklik met standaardtoerusting toegedien word. Dit belemmer ook nie fotosintese nie en die witterige lagie wat dit op die vrug vorm, word maklik in die pakhuis verwyder.

In 'n proef wat dr. Frans Kruger van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse, Nelspruit, gedoen het, is net drie bespuitings van dié middel tydens die seisoen toegedien. Daar is gevind dat die standaard-koperbespuiting 45 % vrugte sonder antraknose gelewer het, terwyl die drie Mangocote-bespuitings 55 % skoon vrugte gegee het teenoor net 5 % skoon vrugte waarop geen bespuitings gedoen is nie.

Dr. Kruger het ook gevind dat sonbrandskade die ergste voorgekom het op vrugte aan die westekant van die boom en hy glo dit kan boere loon om bykomende bespuitings aan dié kant te doen.

Waar mnr. Fivaz die eerste bespuiting met dié middel eers einde Oktober op Kent-mango's gedoen het, was die bekamping van sonbrand op 'n boordgrondslag net so goed soos die bestryding wat met plastiekkappies behaal is.

Daar was egter 'n verskil ten opsigte van matige sonbrandskade en beter resultate is met kappies behaal. Die verklaring hiervoor is dat die skade klaar aangerig was toe die middel die eerste keer toegedien is.

Mnr. Fivaz se ondervinding wys dat die middel tydig toegedien moet word vir goeie resultate. Hy glo dat die middel nie met die gebruik van kappies meeding nie, maar dat dié twee metodes mekaar kan aanvul.

Prof. Kotze sê in die praktyk behoort die middel op mango's toegedien te word sodra die eerste vrugte set, gewoonlik aan die einde van September. Daarna moet bespuitings elke 10 tot 14 dae gedoen word, aangesien die vrugte dan vinnig groei.

Ná die dopluisbespuitings in Oktober kan met Mangocote-bespuitings voortgegaan word, of boere wat dit verkies, kan dan kappies opsit omdat die vrugte dan groot genoeg is daarvoor.

As kappies nie gebruik word nie, behoort sowat tien bespuitings met dié middel deur die loop van die seisoen gedoen te word.

11 Julie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot