AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Mango's: totale biologiese insekbeheer in sig

Met hierdie nuwe, meer omgewingsvriendelike middels teen mangoplae is navorsers oortuig dat 'n meer doeltrefende geïntegreerde plaagbeheerprogram nou in sig is.

Met hierdie nuwe, meer

omgewingsvriendelike middels teen mangoplae is navorsers oortuig dat 'n meer

doeltrefende geïntegreerde plaagbeheerprogram nou in sig is.

Twee nuwe plaagbeheermiddels van natuurlike oorsprong is pas in Suid-Afrika teen verskeie plae op mango's uitgetoets en die resultate is meer as net belowend, sê drr. Piet Joubert en Mieke Daneel van die LNR se Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse, ITSG op Nelspruit.

Dr. Joubert sê een van hierdie middels word hoofsaaklik uit kaolin vervaardig en is in 'n proef teen verskeie insekte op mango's getoets. Die ander middels, vier verskillende produkte wat uit minerale olies vervaardig word, is op 'n proefgrondslag vir die beheer van mangodopluis ingespan.

Volgens dr. Joubert is plaaslike mangoprodusente byna

voltyds besig met 'n duur en tydrowende taak om insekplae in hul boorde in

bedwang te hou. Die mangosnuitkewer (Sternochetus mangiferae),

vrugtevlieg (Ceratitis spp.), mangodopluis (Aulacaspis

tubercularis) en sitrusblaaspootjies (Scirtothrips aurantii) is

almal van ekonomiese belang en moet op 'n gereelde grondslag met duur chemiese

middels beheer word. In sekere gebiede moet mangoprodusente ook bedag wees op

witluise, die mango-galvlieg (Procontarinia matteiana), die twygiemyner

(Spulerina sp.) en die kokosneutstinkbesie (Pseudotheraptus

wayi

).

Mangoprodusente spuit verskillende chemiese middels om hul oeste te beskerm en skade aan mango's vir die uitvoermark te voorkom. Die onverantwoordelike gebruik van hierdie middels is dikwels skadelik vir die mens se gesondheid en vir die omgewing. Dit lei soms ook tot die opbou van sekondêre plae wat onder normale omstandighede nie van ekonomiese belang sou wees nie.

Suid-Afrika se mangoprodusente is in die algemeen baie verantwoordelik en het reeds ver gevorder om die strategieë vir Geïntegreerde Plaagbestuur (GPB) met doeltreffende plaagbeheer te versoen. Plaaslike mangoprodusente word weens verhoogde druk van plaaslike én veral oorsese verbruikers toenemend gedwing om minder giftige chemiese middels in hul plaagbeheerprogramme te gebruik. En dít, sê dr. Joubert, is die hoofrede waarom verskeie nie-giftige middels geëvalueer word vir die beheer van plae en siektes op subtropiese vrugte.

Kaolin is 'n nie-giftige, natuurlike klei-mineraal wat as die aktiewe bestanddeel van die middel Surround WP teen mangoplae geëvalueer is. Hierdie aanvanklike positiewe resultate in laboratorium- en veldproewe het 'n tweede en meer omvattende ondersoek genoodsaak om vas te stel hoe Surround WP sou vaar as dit in saam met ander middels gebruik sou word.

'n Sensation-mangoboord naby Nelspruit is vir die opvolgproewe gebruik. In die proef is Surround WP vergelyk met Surround WP saam met swael en kalkswael asook saam met die aktiewe bestanddeel fipronil (Regent, registrasienommer L 4910). Regent is die enigste geregistreerde produk vir gebruik teen blaaspootjies op draende mangobome.

Volgens die resultate van hierdie proewe word sitrusblaaspootjies, mangosnuitkewers en kokosneutstinkbesies doeltreffend beheer deur Surround WP, Surround WP in kombinasie met swael en kalkswael en Regent. Die mango-galvlieg het nie tydens die proef in die betrokke boord voorgekom nie en die verskillende behandelings het geen uitwerking op die twygiemyner gehad nie.

In die proewe het beide die Surround WP en die Regent-behandelings 'n geringe toename in getalle mango-dopluise en langstert-witluis veroorsaak. Gunstiger resultate is egter gekry waar Surround WP saam met swael en kalkswael toegedien is. Hierdie resultate was baie dieselfde as dié van die kontrolebehandeling.

Hoewel vrugtevlieë 'n baie belangrike plaag in mangoproduksie is, is die moontlike beheer daarvan met Surround WP nie ondersoek nie weens die lang tydperk wat vrugtevlieë in die mangoboorde voorkom. Die moontlike beheer van vrugtevlieë met Surround WP, en die onderskeie kombinasies daarvan, sou dus opeenvolgende behandelings verg wat beslis ernstige gevolge vir die plaagkompleks kon inhou. Die huidige beheerprogram vir vrugtevlieg is relatief goedkoop, doeltreffend Én versoenbaar met die strategieë vir geïntegreerde plaagbeheer (GPB).

Met toenemende verbruikersweerstand teen die gebruik van giftige middels in voedselproduksie word voorsien dat Surround WP in 'n geïntegreerde plaagbeheerprogram op mango's gebruik kan word om teikenplae soos die sitrusblaaspootjie, mango-snuitkewer en suigende insekte vroeg in die seisoen te bestry, sê dr. Joubert.

Mangodopluis


Dr. Mieke Daneel, entomoloog van die Instituut vir Tropiese en Sub-tropiese Gewasse, sê mangodopluis (Aulacaspis tubercularis) en ander skaalinsekte soos die witluis is 'n wesentlike probleem op veral die laat-mangokultivars. Hierdie insekte beskadig die vrugskil en die merke op die skil maak sulke vrugte ongeskik vir uitvoer. Mangodopluis is alleen verantwoordelik dat jaarliks sowat 18% minder mango's uitgevoer kan word.

Hoewel mangodopluis suksesvol biologies beheer kan word, verhoed die vereiste bestryding van plae soos antraknose en swartvlek dit. Middels soos Elsan (L.3303), Tokuthion (L.0924) en Nemesis (L.4325) word gevolglik steeds gebruik om mangodopluis te beheer. Tokuthion kan ook gespuit word om witluis te bekamp. Weens druk deur veral buitelandse verbruikers kan verskeie chemiese produkte, waaronder Elsan, moontlik binnekort aan die mark onttrek word.

Juis daarom, sê dr. Daneel, is vier minerale olies, naamlik Wenfinex, Citrole, Wenspray en Orchex op 'n proefgrondslag getoets om mangodopluis te beheer. Van hierdie olies is Wenfinex die ligste terwyl Orchex 'n medium-swaar olie is. Vir die proef is 'n enkeltoediening in Augustus of Oktober en 'n dubbele toediening in Augustus en Oktober gespuit. Die olie is toegedien sodra kruiperbeweging waargeneem is. Volgens die resultate was die dubbele toediening die doeltreffendste, maar die Oktober-toediening het soortgelyke beheer meegebring. Vir produsente wat slegs een keer wil spuit, is Oktober dus die beste tyd.

Al vier die olies het bykans dieselfde resultate gegee en kan teen die voorgeskrewe toedieningsdosisse doeltreffend in 'n geïntegreerde plaagbeheerprogram ingesluit word. Geen fitotoksisiteit of hoër voorkoms van sonbrand is weens die gebruik van die olies op die bome of die vrugte waargeneem nie. Soos by enige geïntegreerde plaagbeheerprogram is dit uiters belangrik dat die boorde gemoniteer word en dat, in die geval van die mangodopluis, gespuit word wanneer die kruipers begin beweeg.

Die resultate van die nuwe middels wat hoofsaaklik uit nie-toksiese kaolin en minerale olies bestaan, is só belowend dat 'n mens feitlik kan begin aanspraak maak op 'n totale omgewingsvriendelike beheerprogram wat mangoplae betref, sê drr. Joubert en Daneel.

11 April 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.18
-0.2%
Rand - Pond
20.96
-0.0%
Rand - Euro
18.05
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,784.04
-0.1%
Silwer
22.62
-0.4%
Palladium
1,855.50
+0.1%
Platinum
1,007.79
+0.1%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
67,863
0.0%
Alle aandele
74,011
0.0%
Hulpbronne 10
73,204
0.0%
Industriële 25
90,783
0.0%
Finansiële 15
15,619
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot