AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Meer geld in groter palms

Die hoë palms vang nie net die meeste wind nie, hulle bring ook die meeste geld in.

Net buite Ceres is 'n palmkweker besig met 'n unieke benadering tot dié sierbome.

"Hoe groter hoe beter. En 'n mens moet geduld hê." Dit is mnr. Jannie Geldenhuys, eienaar van Witzenberg Palms in Prince Alfred Hamlet, se benadering tot die kweek van palmbome.

Hy is ingestel op die bemarking van groot palms. Dit beteken dat hy eerder minder verkoop teen 'n goeie prys as meer wat kleiner is en nie so 'n goeie prys haal nie. "Dit is waar die geduld inkom — ek hou die bome twee jaar langer."

Dit kos in verhouding minder om die palms twee jaar langer te versorg as die koste tot op drie jaar. Palms wat ses tot sewe jaar oud is, word verkoop teen R250 tot R300. Dit is amper drie maal meer as 'n jonger palm van drie-jarige ouderdom. 'n Palm wat ouer as tien jaar is, kan teen ongeveer R1 000 verkoop word. Aan die ander kant is die mark vir groot palms in die algemeen kleiner.

" As 'n mens die Kaapse mark met dié van Johannesburg vergelyk, sal jy sien dat palms maar onlangs eers in die Kaap gewilder begin word het. Daar is deesdae 'n goeie mark in die Kaap, veral vir groter palms."

Die jongste palms wat hy bemark, is drie jaar oud. Geldenhuys meen dat die bemar-king aan kwekerye 'n goeie inkomste bied, maar kwekerye is ingestel op kleiner palms — wat vir hom nie kostedoeltreffend is nie. Landskapsargitekte soek dikwels volgroeide palms.

Palmbome behaal nie oornag 'n goeie prys nie en dit is waar die liefde en geduld vir die palm inkom.

Geldenhuys was betrokke in die finansiële wêreld, maar het in 1999 'n nuwe loopbaanroete ingeslaan. Hy was altyd lief vir tuinmaak en dit was nadat hy 'n artikel oor palmboerdery in die Landbouweekblad gelees het, dat hy die besluit geneem het om sélf ook palms te begin kweek. Hy het die grond in Desember 1999 gekoop en is vandag waarskynlik een van die enigste kwekers in die Wes-Kaap wat uitsluitlik met palms boer.

Hy het ongeveer 2 600 bome gevestig op 1,2 ha waarvan 3000 m² onder skadunette is. Hy wil graag 30 000 bome vestig om genoeg plante beskikbaar te hê wat groter gemaak kan word. Daarna beoog hy om slegs te vervang wat verkoop word.

Hy sê bedryfs-en-kapitaalkoste kan die eerste vier jaar R400 000 beloop. "Omdat 'n mens op die bemarking van groter palms fokus, kan jy eers na vier jaar 'n bietjie wins begin sien".

Die koste moet dus so laag moontlik gehou word.

"As 'n ou dink dit is maklike geld, moet hy weer dink." Geldenhuys het net een arbeider en dit hou die oorhoofse koste binne perke. Hy doen self die meeste van die werk — meestal met die hulp van sy seuns.

"Jy weet, 'n palm is 'n snaakse ding. Dit kan oorleef met min water, maar hou eintlik van baie water." Dit is juis hierdie eienaardighede wat hy op die moeilike manier moes uitvind.

Volgens hom is dit uiters belangrik dat die grond goed gedreineer is — veral in die Wes-Kaap wat gewoonlik baie reën in die winter kry. Hy beveel ook aan dat die grond 'n helling van 'n paar grade moet hê om dreinering te vergemaklik. Klipperige grond is ideaal vir dreinering.

Sy groeimedium is dennebas gemeng met sanderige grond en hy probeer sy grond by 'n pH van 6 tot 6,5 bring. Die grond moet ook nie te ver aangery word nie, anders stoot dit die koste op.

Alle palms word een keer per week blaarvoeding met 'n rugsak toegedien.

Die palms word ongeveer 'n halfuur per dag natgemaak en dit hou van nat blare. Mikrobesproeiing wat bo die plante en onderstebo hang, word gebruik. Hy meen dit is beter as druppers wat onder gemonteer word aangesien daar meer druppers gemonteer sal moet word om dieselfde waterbedekking te gee.

Hitte vergemaklik die ontkieming van die saailinge, maar sekere palms kan baie koue toestande hanteer, selfs koue soos in die Sutherland-omgewing.

Geldenhuys het tans 43 soorte palms gevestig wat in dié toestande kan floreer. Hy glo dat palms wat in die Wes-Kaap gekweek word, beter in die streek sal groei as palms wat elders in Suid-Afrika gekweek word.

Hy maak 30 % tot 40 % van die plantmateriaal self om koste te bespaar. Die ander koop hy grotendeels in die provinsie Limpopo. Hy hoop egter om mettertyd self ál sy eie plantmateriaal te produseer. Hy sê 'n saailing kan tussen R1 en R10 kos. Die palmplantjies word in sakke geplant en hy sê dat 'n palm beter in 'n kleiner sak vestig. Na 'n jaar en na gelang van die grootte van die palm, stel hy voor dat die palms verplant word.

'n Palm in 'n sak van 1,5 liter kan in 'n sak van 4,5 liter of 10 liter verplant word nadat hulle gevestig het. Daarna na 'n sak van 20 liter, 40 liter of 50 liter. Party word ook in houers van 100 liter geplant.

Hy wil eerder groot plante verkoop, maar waarsku dat mens nie almal in groot sakke moet plant nie, want die sakke het 'n sekere leeftyd en teen die tyd dat die plante reg is om verkoop te word, is die sak dalk al voos. Daar moet ook in gedagte gehou word dat die groot sakke meer ruimte onder die skadunette in beslag neem.

Die oprigting van skadunette is belangrik. Hy sê mens moet tyd daaraan bestee en dit nie te vinnig oprig nie. Daar moet goed na die konstruksie gekyk word en in gedagte gehou word dat hoe stywer die nette gespan word, hoe langer dit sal hou.

Swart of wit nette word aanbeveel. Die nette moet ook nie te laag vasgemaak word nie en hy beveel aan dat die nette 2,4 m tot 3,6 m hoog opgerig moet word.

Aanvanklik moet die palm onder 'n skadunet geplaas word wat 80 % van die son uithou. Later kan die palm onder 40 % skadunet geplaas word en uiteindelik heeltemal in die son.

Die beskerming van die palms teen siektes en plae is van deurlopende belang. Geldenhuys sê dit is noodsaaklik om nuwe produkte éérs op 'n paar palms te toets voordat dit op groot skaal gebruik word.

Hy spuit sy palms een keer per maand met 'n produk wat luise beheer, maar beperk die gebruik hiervan om te verhoed dat die luise weerstand opbou.

Sy wenk teen luise is om op die uitkyk te wees vir miere. Miere is draers van luise en moet dus ook bestry word. Daar moet ook gekyk word na swamme wat gewoonlik by die kleiner palms en sagte stamme voorkom. Om te verhinder dat slakke die blare van die palms vreet, kan slakpilletjies gebruik word, maar daar moet in gedagte gehou word dat dié pilletjies die plant kan brand.

Hy behandel sy palms een keer per week met blaarvoeding en gebruik 'n kombinasie van beenmeel en kunsmis as 'n groeistimulant. Ná so 'n behandeling moet die plante goed nat gemaak word.

Klein plantjies kan in bakkies water geplaas word met 'n wortelstimulant. 1:0:1 (36) in korrelvorm word een keer per maand in elke sak toegedien — 10 g per 20 liter sak word aanbeveel.

Hy plant elke oggend ongeveer 100 palms en van sy gewildste palms is die Cocos Plumosa (koninginpalm), die Phoenix Roebelini (dwergdadel), die Seaforthia Elegance(bungalowpalm) en die Washingtonia (Mexikaanse-waaierpalm).

"Om suksesvol te wees, moet 'n mens honderd persent toegewyd wees aan die palms. Dit is waar die liefde vir palms 'n belangrike rol speel," sê Geldenhuys.

  • Navrae: Mnr Geldenhuys, tel/faks. 023 313 3361 of sel 082 494 35 39.

    19 Maart 2004

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.36
    -1.1%
    Rand - Pond
    21.29
    -1.3%
    Rand - Euro
    18.29
    -0.9%
    Rand - Aus dollar
    11.81
    -1.5%
    Rand - Jen
    0.13
    -1.2%
    Goud
    1,797.73
    +0.5%
    Silwer
    23.50
    +1.9%
    Palladium
    1,963.22
    +1.7%
    Platinum
    1,030.76
    +2.1%
    Brent-ruolie
    76.15
    -1.3%
    Top-40
    68,351
    +0.1%
    Alle aandele
    74,548
    +0.1%
    Hulpbronne 10
    73,315
    -0.7%
    Industriële 25
    92,605
    +1.0%
    Finansiële 15
    15,401
    -0.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    lewensmaat
    Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
    Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
    Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot