AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Meer pakhuise gee sitrus nuwe lewe

Talle nuwe pakhuise is sedert die deregulering van sitrusbedryf in die Sondagsriviervallei in die Oos-Kaap opgerig.

In die Sondagsriviervallei in die Oos-Kaap is talle nuwe pakhuise sedert die deregulering van die sitrusbedryf opgerig. 'n Italiaanse maatskappy wat die afgelope vier jaar 'n stewige vastrapplek hier gekry het, het aan Landbouweekblad verduidelik waarom hy soveel vertroue in die bedryf het.

Die verbouing, verpakking en bemarking van sitrusvrugte in Suid-Afrika het die afgelope paar jaar drasties verander. In die Sondagsriviervallei, een van die oudste sitrusverbouende streke in die land, moes boere ter wille van oorlewing ook leer om vinnig aan te pas.

Aangesien die gereguleerde stelsel van eenkanaalbemarking vir jare die norm was, het die opheffing van dié skema in 1997 sommige boere onkant betrap. In die eerste twee seisoene ná deregulering was daar in 'n groot mate 'n chaos in die mark toe talle nuwe agente met hul aktetasse en skootrekenaars op die toneel verskyn het. Mooi beloftes is gemaak, maar daar is na bewering nou nog boere wat vir hul geld wag.

'n Aantal agente het nietemin hul posisie ná hierdie onstuimige jare versterk. Een só 'n maatskappy is Unifrutti, wat deur die Italiaanse De Nadai Groep (DNG) besit word.

Mnr. Deon Joubert, streekbestuurder van Unifrutti, meen die oprigting van verskeie nuwe pakhuise in die vallei skep gesonde mededinging en bied meer geleenthede aan boere.

"Om as verpakker staande te bly en op die lojale steun van boere staat te maak, is dit belangrik om elke besending vrugte wat ontvang word op die beste moontlike wyse te verpak en te bemark. Uitstaande diens, betroubare inligtingstelsels en goeie pryse vir vrugte is van deurslaggewende belang om suksesvol te wees," sê hy.

Nog 'n belangrike deel van die maatskappy se sake is om die sowat 30 % van die vrugte wat nie uitgevoer word nie, plaaslik van die hand te sit. Dit kan op die varsproduktemark gelewer word of aan smouse en verwerkingsfabrieke verkoop word. Hy glo as daar nie moeite gedoen word in hierdie opsig nie, kan boere 'n groot deel van hul potensiële inkomste verloor.

Volgens Joubert is die Sondagsriviervallei, wat veral bekend is vir die verskeidenheid sitrussoorte wat verbou word, vir agente 'n aantreklike plek om sake te doen.

"Dit is betekenisvol dat die produksie van sitrusvrugte in die vallei van 8 miljoen kartonhouers vrugte voor deregulering tot byna 12 miljoen kartonhouers die afgelope seisoen gestyg het."

Hy meen die produksie kan in die volgende paar jaar verder styg met 2 miljoen houers tot 3 miljoen houers voordat 'n plafon bereik sal word. 'n Gebrek aan grond wat geskik is vir besproeiing en waterkwotas beperk verdere uitbreiding.

Met die uitsondering van suurlemoene, waarvan daar verlede jaar wêreldwyd 'n oorproduksie was, het sitrusvrugte ten spyte van die sterk rand bo verwagting goed gevaar. Die koste van produksie, verpakking en verskeping kon ook in toom gehou word.

"Ongelukkig word sommige van die ouer skepe tans uit bedryf gestel. Dit kan 'n tekort aan skeepsruimte tot gevolg hê en daartoe lei dat verskepingstariewe vanjaar met tot soveel as 30 % toeneem."

Van al die sitrusproduserende gebiede in die land is die Sondagsriviervallei die naaste aan 'n hawe. Vervoerkoste na Port Elizabeth se hawe beloop net sowat R1 per kartonhouer teenoor die tot R7 per houer wat dit boere in sommige binnelandse streke kos. Die haglike toestand van die paaie bly egter vir boere 'n groot frustrasie.

"Dit is nie net die plaaspaaie nie. Ook die twee hoofpaaie tussen die vallei en die Baaise hawe is uiters swak. As daar in ag geneem word dat die inkomste uit sitrus in die vallei jaarliks meer as R500 miljoen beloop, is dit onverstaanbaar dat die plaaslike owerhede so min aan die saak doen," sê Joubert.

Vanweë die beperkte koelgeriewe in Port Elizabeth het Unifrutti sy eie koelkamers op Sunland opgerig. Nagenoeg 3 000 palette kan daar opgeberg word.

"Dit verseker dat die koueketting vinnig ná verpakking begin en nie onnodig onderbreek word nie. Ons kan eenvoudig nie die risiko loop om vrugte hawe toe te stuur waar dit somtyds lank staan voordat dit verkoel word nie.

"Hoewel relatief min arbeidsprobleme ondervind word, eis MIV/vigs sy tol onder die werknemers. Dit lei tot lae produktiwiteit. Op dae wanneer staatstoelaes uitbetaal word, is talle werkers afwesig. Dit veroorsaak groot ontwrigting en het 'n verlies aan produksie tot gevolg."

Oor die toekoms van die bedryf is Joubert optimisties, mits goeie produksie gehandhaaf word, koste in bedwang gehou word en daar van betroubare uitvoeragente gebruik gemaak word.

"Daar is vandag lande, soos Amerika, Rusland, Japan en lande in Asië, waarheen miljoene kartonhouers sitrusvrugte uitgevoer word. Tien jaar gelede het hierdie lande min of geen sitrus van Suid-Afrika ontvang nie. Dit het die plaaslike sitrusbedryf in staat gestel om sy uitvoer te laat styg van 35 miljoen kartonhouers per seisoen tien jaar gelede tot op die huidige vlak van 65 miljoen houers tot 70 miljoen houers."

Produksie- en verpakkingskoste bly nietemin hoog. Die gemiddelde prys wat 'n boer per kartonhouer vrugte ontvang, beloop van R38 tot R50. Die verpakkingskoste per houer kom op R16 tot R25 te staan. Nadat die boer se ander insetkoste van R15 per houer tot R20 per houer verhaal is, laat dit hom met 'n klein netto wins.

"Om in dié omstandighede aan te hou boer, is die neiging om na groter ekonomiese eenhede oor te skakel. Waar die gemiddelde plaasgrootte in die streek 20 jaar gelede net sowat 30 hektaar was, is dit vandag in die orde van 70 hektaar tot 100 hektaar."

Joubert meen die goed gevestigde uitvoeragente sal hul posisies plaaslik versterk, terwyl sommige van die kleiner agente dit mettertyd ál moeiliker sal vind om te oorleef. Slegs dié wat toegang tot verskeie wêreldmarkte het, sal werklik staande bly, sê hy.

"Nog meer pakhuise kan moontlik in die toekoms in die vallei opgerig word omdat sommige van die vooruitstrewende boere meen hulle kan beter vaar deur saam met 'n agent hul eie vrugte te verpak en markte daarvoor te vind."

Hy glo boere is nou meer op hul gemak met en ingelig oor veelkanaalbemarking as in die tydperk net nadat deregulering plaasgevind het. Die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging doen waardevolle werk om na die belange van die bedryf in sy geheel om te sien. Die vereniging se hoofdoel is navorsing en om nuwe markte, soos China, toeganklik vir Suid-Afrikaanse sitrusvrugte te maak.

Hy betreur die feit dat sitrusnavorsing op staatsproefplase, soos die Addo-proefplaas, feitlik tot stilstand gekom het.

"Kraakskil is veral by nawels in die Sondagsriviervallei 'n groot probleem. Goeie resultate word nietemin met gibbereliensuur-bespuitings verkry. Dit vertraag die rypwording en maak die vrugte fermer. Swartvlek is nie 'n groot probleem nie en word volledig deur die regte behandelings bestry.

Joubert sê die enigste soort sitrus wat nie werklik suksesvol in die vallei geproduseer kon word nie, is Clementines.

"Dit bly suurlemoen-, Nawel- en Valencia-wêreld dié. Hoewel 'n groter verskeidenheid vrugte in die mandjie help om jou risiko te versprei, baat dit boere om op daardie kultivars te fokus wat hulself deur die jare bewys het."

Italianers bly belê in SA

Die maatskappy Unifrutti, wat deur die De Nadai Groep (DNG) van Italië besit word, het onder meer belange in Chili, die Filippyne, Egipte en Turkye. In Suid-Afrika was die maatskappy al voor die deregulering van die bedryf in 1997 bekend. Die maatskappy het vir meer as 40 jaar sitrusvrugte wat aan Outspan en die latere Capespan gelewer is, gekoop en deur sy netwerke in die Midde-Ooste versprei.

Een van die maatskappy se strategieë is om 'n gedeelte van die vrugte wat vir uitvoer benodig word self te verbou, te verpak en te verskeep. Daarom het hy ná die deregulering van die bedryf 'n plaas by Sunland, in die Sondagsriviervallei, aangeskaf.

Benewens twee moderne pakhuise - waarvan een gebruik word vir die verpakking van sitrus wat vry is van chemiese middels - sluit die aanleg 'n rypmaakkamer en koelgeriewe in. Die maatskappy het ook 'n plaas naby Hoedspruit in die Laeveld en een in die Sandveld in die Wes-Kaap.

Vier jaar gelede toe die maatskappy sy eerste pakhuis in die Sondagsriviervallei geopen het, is sowat 700 000 kartonhouers vrugte verpak. Met die voltooiing van die derde pakhuis vandeesmaand sal dié syfer tot bykans 2,5 miljoen kartonhouers per seisoen styg.

'n Groot deel van die vrugte wat plaaslik deur die maatskappy verbou en verpak word, word na die Midde-Ooste uitgevoer. Omdat die maatskappy reeds die afgelope 60 jaar verspreidings-netwerke in lande in dié wêrelddeel gevestig het, is hy een van die belangrike rolspelers daar. Die maatskappy het sy eie skepe waarmee vrugte na alle wêrelddele uitgevoer word. Dit verseker noemenswaardige besparings op verskepingskoste.

18 Maart 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot