AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Menger haal angel uit komposmakery

Suid-Afrika se eerste selfaangedrewe, meganiese komposmenger kan 2 000 m3 kompos per dag meng. Dit haal die angel uit die maak van kompos en ontsluit nuwe moontlikhede vir natuurlike boerderystelsels.

Die opvatting dat 'n mens tonne kompos nodig het vir die toepassing van natuurlike boerderystelsels is al in die 1980's 'n nekslag toegedien toe prof. Teruo Higa aan die universiteit van Ryukyus in Okinawa, Japan, sy konsep van effektiewe mikroörganismes (EM) die lig laat sien het.

Sy wetenskaplike benadering tot 'n eeue oue Oosterse landboupraktyk het gelei tot die identifisering en kweek van 'n groep voordelige mikroörganismes vir die rehabilatering van verarmde landbougrond, die bekamping van veral grondgedraagde siektes, die opbou van mikrobiese grondlewe en die verhoogde doeltreffende benutting van organiese materiaal deur gewasse.

Opwindende resultate word met hierdie tegnologie wêreldwyd behaal, sê prof. Koos Prinsloo van Polokwane (Pietersburg), tegniese raadgewer oor natuurlike boerderystelsels en iemand wat reeds betekenisvolle proefresultate met EM in Suid-Afrika behaal het.

EM is egter nie 'n bemestingstof nie. Die geheim van dié tegnologie is dat dit grondlewe in die wortelsfeer van die plante aan die gang sit en bevorder. Die sfeer is in die boonste 200 mm tot 300 mm van die grondlaag gekonsentreer.

Grondrehabilitasie, soos in die gevestigde avokadoboorde op die Westfalia-Landgoed by Duiwelskloof, is 'n tydsame proses, maar word doeltreffend aan die gang gesit deur EM-verrykte kompos bo-op die grond oor die wortelgebied te versprei en dit verkieslik met 'n deklaag teen uitdroging te beskerm, sê prof. Prinsloo.

Voordelige mikroörganismes vir die landbou word volgens hom in vyf families van mikrobes verdeel, naamlik fotosintetiese of fototropiese bakterieë, melksuurbakterieë, gisse, aktinomisetiene en swamme. Hierdie vyf groepe kan op verskillende maniere gekombineer word. Trouens, hulle hoort saam, want die een se afskeiding dien as voedsel vir van die ander.

Elkeen het 'n spesifieke funksie, maar in 'n simbiotiese assosiasie skep hulle gesamentlik gebalanseerde aktiwiteite in die wortelsfeer van plante ten opsigte van voedingstofopname, suiwering en die opbou van die grond en uiteindelik die gesondheid van die plante en gepaardgaande beter produksie. Een van die mees dramatiese resultate van dié tegnologie is juis dat dit grondgedraagde siektes aan bande lê.

Verskillende gewasse benodig verskillende tipes kompos. Vrugtebome benodig byvoorbeeld 'n swamgeöriënteerde kompos waar fermenterende swamme die belangrikste EM-bestanddeel is. Swamme is ook een van die belangrikste voedingstowwe van protosoa of eensellige organismes waarvan die basiese uitskeiding 'n vorm van ammoniak is - 'n ideale bron van stikstof vir bome.

Om laasgenoemde te bevorder, gebruik Westfalia 'n groot persentasie houtagtige materiaal in hul kompos.

Op Westfalia word die kompos tans hoofsaaklik vir gevestigde avokadobome benut. Die materiaalmengsel wat hulle gebruik, is 60 % growwerige bloekomspaanders en skaafsels (nie saagsels nie) van 'n nabygeleë saagmeul, 30 % groenmateriaal in die vorm van avokadopulp (pitte en skille) uit die onderneming se eie oliepersaanleg en 10 % beesmis - 'n tipies swamgeïnduseerde samestelling.

Dié kompos word volgens die aërobiese of hitteproses gemaak, waarvoor suurstof nodig is. Daarom is 'n voginhoud van 50 % noodsaaklik. Te veel vog sluit suurstof uit en te min verhoog die temperatuur soveel dat die mikrobes begin vrek.

Vir die eerste twee tot drie weke moet die temperatuur in die komposhoop konstant tussen 55 °C en 65 °C gehou word. By hierdie temperatuur word die kompos gesteriliseer. EM-mikrobes word in die begin bygevoeg om die hele proses aan die gang te sit.

Die mikrobes se kos is hoofsaaklik koolstof en stikstof en dit is juis die ontploffing van die mikrobebevolking wat energie in die vorm van hitte vrystel. Styg die temperatuur te hoog (meer as 70 °C) word stikstof in die vorm van ammoniak afgedryf, terwyl baie van die belangrikste organiese materiaal letterlik verbrand en mens dan kompos kry met 'n té hoë asinhoud en lae voedingswaarde. Die gereelde omkeer van komposhope is een van die belangrikste hulpmiddels om genoeg suurstof en vog te voorsien en die temperatuur doeltreffend te beheer. Die hope word omgedraai sodra 'n temperatuur van 67 °C bereik word, terwyl die voginhoud weer tot 50 % aangevul word indien nodig. 'n Meganiese werktuig word hiervoor gebruik. Die temperatuur begin gewoonlik ná die derde week afneem, terwyl die meeste organiese produkte in die komposteringsproses afgebreek word. In die vierde week kry die kompos weer 'n EM-behandeling tydens die omkeerproses om toe te sien dat die voordelige mikrobes die oorhand kry, sê prof. Prinsloo.

Mnr. Denis Roe, Westfalia se tuinboukundige, sê die onderneming is reeds gesertifiseer vir die uitvoer van organiese produkte. Daarom is hulle verplig om ook organies gesertifiseerde kompos te gebruik. Die hoofdoel met die komposprojek is dus die rehabilitasie van die onderneming se boordgrond. Hulle gebruik tans 0,5 m3 van die EM-verrykte kompos per boom wat in 'n laag van sowat 50 mm dik rondom die stam uitgestrooi en sover moontlik met 'n deklaag bedek word. Voortdurend vallende blare hou die deklaag in stand.

Ruk grond reg met EM-tegnologie

Grondrehabilitasie is 'n tydsame proses, maar word

baie doeltreffend aan die gang gesit deur effektiewe mikroörganisme-verrykte

kompos. Verbeterde voedingstofopname en plantgesondheid met gepaardgaande beter

produksie, sowel as minder grondgedraagde siektes, is van die voordele van die

suiwering en opbou van die grond.

Kompos is 'n integrerende deel van 'n verskeidenheid natuurlike boerderystelsels. Benewens die feit dat die komposteringsproses en die rol daarvan in plantvoedingstelsels reeds 'n volwaardige wetenskap is, is dit 'n lang proses wat tot agt maande kan duur.

Die geheim van goeie kompos is dat dit reg bestuur moet word, veral die gereelde omkeer van komposhope is belangrik. Dit is vir belugting en om te verhoed dat dit te warm word, anders kry 'n mens uiteindelik 'n produk wat grootliks uit as bestaan met weinige voedingstowwe. 'n Ander belangrike aspek van kompos is dat groot hoeveelhede materiaal gehanteer moet word.

Die verbouing van organiese produkte wen wêreldwyd vinnig veld. Groot hoeveelhede kompos word hiervoor benodig. Ook in Suid-Afrika groei die organiese bedryf vinnig. Plaaslik word veral op groente gekonsentreer, maar daar is ook 'n paar vrugteprodusente wie se organiese produksieprosesse reeds vir die uitvoermark gesertifiseer is.

Westfalia-Landgoed by Duiwelskloof is een hiervan. 'n Span kundiges van dié boerdery, mnre. Denis Roe, kommersiële tuinboukundige, en Faan du Plessis, bestuurder van tegniese dienste, het kragte met mnr. Lighty Bootha van Tzaneen saamgesnoer om die angel uit komposmakery te haal.

Mnr. Bootha het 'n selfaangedrewe, meganiese komposmenger met 'n mengvermoë van 2 000 m3 per dag ontwerp en vervaardig. Dit vergemaklik en stabiliseer nie alleen die komposteringsproses nie, maar sorg vir 'n top-produk in 'n baie korter tyd. Net plaaslike materiaal word vir die bou van die werktuig gebruik.

Die menger weeg 3,5 ton en kan 'n bykomende lading van 2 ton dra in die vorm van 'n vloeibare katalisator wat in die omkeerproses met die komposmateriaal gemeng word.

Die kragbron is 'n lugverkoelde dieselenjin van 60 kW en die aandrywing is ten volle hidroulies, wat die minimum slytasie tot gevolg het. Net soos die draaiende drom wat die kompos omkeer, word elk van die twee dryfwiele individueel aangedryf.

Dit het 'n klein draaisirkel. Die 650 hidrouliese olie word deurlopend afgekoel. Die wielspasiëring is 4 m en die dromwydte 3 m. Hope van tot 1,5 m hoog en 3 m wyd word teen 2 m tot 3 m per minuut gemeng.

Die mengdrom is toegerus met spesiaal ontwerpte lemme volgens die beginsel van 'n kapskaarploeg, maar wat die materiaal van die buitekante van die hoop af na binne meng en deurlug, terwyl water en vloeibare katalisator terselfdertyd ingemeng word. Groter mengers met 'n dromwydte van 4 m word ook deur mnr. Bootha gebou.

Na gelang van die materiaal wat vir die maak van kompos gebruik word, dra dié werktuig daartoe by dat die gewone proses van sowat agt maande tot sowat sewe weke verkort kan word.

Die Tzaneen-model kos volgens mnr. Bootha sowat een derde van 'n soortgelyke ingevoerde produk. Die menger is een van 'n reeks werktuie wat spesifiek ontwerp is vir die doeltreffende en koste-effektiewe hantering van kompos tot met toediening.

12 September 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot