Die artikel “Uitvoersukses vir bloubessies in dorre Namibië” (LBW, 17 Maart 2022) het betrekking. Dit is darem nie regverdig om die gebied van Summerdown as “dor” te beskryf nie. Met gemiddelde reënval van 600 mm per jaar vergelyk dit met die beste dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.
En met die magtige Kavangorivier 1,5 km weg, is daar meer water beskikbaar as vir enige besproeiingsplaas in een van die Oranjerivierskemas.
Ek sê maar net.