AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Metarhizium-registrasie: Gemoedsrus vir neut- en vrugteboere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met69, die Metarhizium-stam wat deur RealIPM gekommersialiseer is, het hier witvliegnimfe aangeval. Die bruin hopies is waar die Met69 witvlieë besmet en reeds die sporulasie-fase bereik het. Die wit hopies is waar dit nog in die besmettingfase is. Die wit-deurskynende eksoskelette op die foto is witvlieg-nimfe wat reeds vrek is. Foto: Verskaf
Met69, die Metarhizium-stam wat deur RealIPM gekommersialiseer is, het hier witvliegnimfe aangeval. Die bruin hopies is waar die Met69 witvlieë besmet en reeds die sporulasie-fase bereik het. Die wit hopies is waar dit nog in die besmettingfase is. Die wit-deurskynende eksoskelette op die foto is witvlieg-nimfe wat reeds vrek is. Foto: Verskaf
RealIPM se Metarhizium-insekdoder (registrasienommer: L-9581) is in Oktober 2021 geregistreer

RealIPM se Metarhizium-insekdoder (registrasienommer: L-9581) is in Oktober 2021 geregistreer vir gebruik teen onder meer witluis, blaaspootjie, witvlieg en snuitkewers by onder meer sitrus, druiwe, neute, avokado’s, makadamias, bessies, en kern- en steenvrugte.

Hierdie registrasie bring vir boere die gemoedsrus dat die produk deeglik nagevors is, wel bevat wat die etiket aandui, en doeltreffend werk vir dit waarvoor dit aanbeveel word.

Volgens dr. Johan van der Waals, tegniese bestuurder van RealIPM, het die registrasieproses van Real Metarhizium 69 in Suid Afrika reeds in 2011 begin met proewe en toetse. Die oorsprong van hierdie spesifieke Metarhizium-stam, naamlik Metarhizium anisopliae ICIPE 69 (Met69), is Kenia waar navorsing al etlike dekades op die swam gedoen word.

Die Metarhizium-swam besmet insekte deur hul liggaam binne te dring en die ingewande te verteer wat die insek laat vrek. Real Metarhizium 69 is nie ’n breëspektrum-insekdoder nie, maar is hoogs gespesialiseerd in watter insekte aangeval word.

Alle Metarhizium is nie gelyk nie

“Die Metarhizium-swam kom in alle grond voor. Daar is ’n groot aantal stamme waarvan die meeste nog ongeïdentifiseer is. Elke stam is gespesialiseer om spesifieke insekte aan te val. Met69 word reeds dekades lank in Kenia en Suid-Afrika nagevors vir die uitwerking op ’n reeks insekte. Hierdie navorsing het bewys dat die Real Metarhizium 69 slegs ’n paar insekte baie doeltreffend aanval en nie natuurlike vyande van hierdie insekte, soos glasogies en sonbesies, nie.”

Dit is dus ’n uitstekende hulpmiddel vir produsente wat deur die verbruiker en uitvoermaatreëls gedwing word om minder chemiese middels te gebruik. Die amptelike registrasie daarvan gee die gemoedsrus dat die produk doeltreffend is.

Beveg weerstandbiedendheid

Vir produsente is Met69 voordelig. Omdat dit geen geen invloed op maksimum residuvlakke het nie, kan dit tot reg voor oestyd toegedien word. Dit kan as ’n voorkomende, alleenstaande insekdoder in ’n plaagbestrydingsprogram regdeur die seisoen gebruik word. Dit kan ook as ’n strategiese aanvulling in ’n geïntegreerde plaagbestrydingsprogram aangewend word.

“Dit is waar dit vir die chemiese bedryf tot groot voordeel kan wees, deurdat dit weerstand teen chemiese middels kan teëwerk. Met69 kan in dieselfde tenk saam met insekdoders gemeng en toegedien word. Die insekte wat nie deur die chemiese middels doodgemaak word nie, word deur die Met69 doodgemaak.”

Kontak dr. Johan van der Waals by jvdwaals@realipm.co.za vir nog inligting.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,621.66
-1.3%
Silwer
18.34
-2.8%
Palladium
2,047.50
-1.2%
Platinum
852.00
-0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot