AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Min water beteken nie die einde

Balans in 'n wingerd is om alles reg en op die regte tyd te doen, sê die wenner van 'n gesogtge wingerdblokkompetisie.

Balans in 'n wingerd is om alles reg en op die regte tyd te doen. Dít is die kern waarmee uitstekende resultate behaal word. Só sê die man wat in vanjaar se gesogte Hexvallei-wingerdblokkompetisie stof in die oë van ander wingerdboere geskop het met sy wenblok Sunred Seedless.

Die uitsonderlike oop hidroponiese besproeiingstelsel wat in gebruik is, tesame met uitstekende besproeiingsbestuur en goeie wingerdpraktyke, vorm die hoeksteen van die baie suksesvolle tafeldruifboerdery op die uitvoerduiweplase van Denau-Boerdery van mnr. Pieter Naudé in die Hexvallei.

Die bewys daarvan is te vinde in die feit dat 'n blok Sunred Seedless op een van dié boerdery se plase pas met die louere weggeloop het in die jaarlikse wingerdblokkompetisie in dié vallei. Wat die prestasie nog meer besonders maak, is dat die blok op die ingewing van die oomblik ingeskryf is vir die kompetisie op aandrang van mnr. Andries Rosenberg, 'n produksie-assistent. Dit is boonop beoordeel sonder enige afronding vooraf — dus net soos wat daarop geboer word.

Mnr. André Kriel, plaasbestuurder op Denau wat in beheer is van die sowat 85 ha wingerd op die boerdery se drie uitvoerplase, Vreesniet, Welgemoed (waarop die wenblok is) en Naudésig, sê die wenblok Sunred Seedless is 1,3 ha groot. Die wingerd is op Ramsey-onderstokke en gevestig op sanderige klipgrond (40 % sand en 60 % klip). Die rye is 3 m uit mekaar en die plantafstand tussen die stokke is 1,5 m.

Kriel sê onomwonde die sukses van hul wingerd is weens 'n kombinasie van 'n besondere besproeiingstelsel en -bestuur, tesame met goeie algemene bestuurspraktyke. Die kern is dat wingerd presies volgens die fenologiese stadiums daarvan besproei en gevoed moet word.

Elke blok word afsonderlik volgens sy eie behoeftes gehanteer. Alles moet van die begin af presies reg in elke blok gedoen word, want elke blok het sy eie, unieke eienskappe en word daarvolgens bestuur.

Die dampdruk-tekort-stelsel waarvolgens die besproeiing bestuur word, is die één baie belangrike been vir sukses in die wingerdboerdery, sê Kriel. Daar is egter ook ander hulpmiddels wat hy saam met dit inspan vir optimale besproeiing:

  • Tensiometers in die wingerdblokke word twee keer per dag gelees: Om 07:00 soggens en om 17:00 smiddae — soggens om die dag se skedulering te bepaal, en smiddae om te sien of die besproeiing voldoende was.

  • Grondprofielgate in die blokke word een keer per week geëvalueer. Dan word gekyk presies waar die benattingsones is en hoe die plantwortels reageer. Maksimum wortelgroei moet verkry word, want elemente soos kalsium — wat belangrik is vir vruggehalte — word hoofsaaklik deur groeiende wortelpunte opgeneem.

  • 'n Stelsel word toegepas waarin 'n paar proefrye se watervoorsiening gehalveer en 'n paar rye se watervoorsiening verdubbel word om 'n verdere aanduiding te kry van waterbehoeftes. Die korrelgroottes word dan in dié rye gemeet en daarvolgens kan bepaal word wat die ideale waterhoeveelheid is wat die beste korrelgroei veroorsaak.

    Kriel sê die belangrikheid van balans in die wingerd kan nie oorskat word nie. Dit begin reeds by goeie snoeipraktyke. Die norm is 20 kortdraers per stok van twee oë elk, want dít bepaal in 'n baie vroeë stadium reeds die drag vir die komende seisoen.

    Die ideaal is dat die wingerd vanself moet bot, en daarom word geen groeireguleerders en hormone gebruik om bot te versnel of te vertraag nie.

    By die wenblok is 'n week voor blomtyd 10 kg ureum gespuit om die drag uit te dun, en dit is opgevolg met 'n tweede spuitslag tydens die begin van blomtyd. 'n Verdere twee spuitslae, vier dae ná die tweede spuitslag en vier dae uitmekaar, het daarna gevolg.

    Baie wingerdboere sal dié praktyk in twyfel trek, maar Kriel sê dit word juis gedoen omdat hy 'n los tros soek, met egalige korrels wat hul maksimum grootte bereik het — gemiddeld 22 mm in deursnee — wat besonder groot vir Sunred Seedless is. Trosse met sulke groot korrels word as ekstragroot verpak en uitstekende pryse word daarvoor op die uitvoermarkte behaal. Die groot korrels vergemaklik ook latere afronding van die tros.

    Wanneer korrels 4 mm tot 6 mm in deursnee is, word die stokke geringeleer met 'n 2 mm-snit om maksimum korrelgrootte te verseker. Deur stokke reeds in dié vroeë stadium te ringeleer, word van vroeg af verseker dat vog en plantvoeding optimaal deur die trosse opgeneem word.

    Die trosse word reeds voor die einde van November beperk tot 22 per stok en elke tros word ingekort tot 'n lengte van 80 mm. 'n Formule word gebruik om elke 80 mm lange tros en sy korrels met 'n deursnee van 22 mm op gemiddeld 750 g te kry.

    Wanneer die korrels 12 mm in deursnee is, word die eerste onnodige korrels uitgeknip om verder 'n losserige tros met egalige korrelgrootte te verseker.

    By eerste deurslaan word die tweede afrondings-uitknip gedoen. Nou word elke tros heeltemal pakskuur-gereed gemaak en daar moet geen los punte wees nie. 'n Goue reël in die boerdery is dat alle uitknip- en afrondingswerk in die wingerd gedoen word, want in die pakskuur word slegs gepak. Dit verhoog die paktempo baie en is kostebesparend.

    Kriel lig 'n paar aspekte uit wat na sy mening belangrik is vir 'n suksesvolle wingerd:

  • Daar moet 'n balans tussen drag en groei wees, met ander woorde hóé die wingerd groei en hoeveel trosse daaraan is, sodat voeding optimaal deur die regte hoeveelheid trosse benut en opgeneem word.

  • Leef saam met jou wingerd — wees gedurig in voeling met elke blok in die wingerd.

  • Elke goed opgeleide werker is op sy eie 'n kwaliteitskontroleur in die boord. Daarom is dit belangrik dat werkers goed opgelei is en presies weet wat hulle moet doen, want sonder hulle sou dit moeilik wees om alle aksies presies volgens spesifikasies af te handel.

    Denau-Boerdery fokus op 'n klein verskeidenheid druiwekultivars. In dié stadium is sowat 70 % daarvan pitloos om by die markaanvraag aan te pas.

    Die kultivars wat verbou word, is Thomson Seedless, Flame Seedless, Ralli Seedless, Sunred Seedless, Crimson Seedless, Red Globe, Dauphine en Barlinka. Die plan is om die aantal hektaar onder wingerd in die volgende sewe jaar tot sowat 100 ha op te stoot, maar dit is onwaarskynlik dat nuwe kultivars gevestig sal word. Nóg 'n projek wat aan die gang is, is om van gewelpriële na dakpriële oor te skakel omdat dit meer sonblootstelling gee vir groter vrugbaarheid.

    'n Besonderse arbeidstelsel word in die boerdery gevolg: Kriel is die bestuurder van die drie uitvoerplase, en op elk van die plase is 'n produksie-assistent in beheer, wat met sy werkspan volle verantwoordelikheid daar aanvaar. Elke produksie-assistent het twee spanne van 14 mense elk onder hom, wat elk deur 'n projekleier bestuur word.

    In dié stadium word met gemiddeld 1,5 werker per hektaar gewerk, en geen buitewerkers word selfs in spitstye in diens geneem nie. Alle werk word deur die sowat 130 werkers self gedoen. Van die werkers is al 20 jaar en langer in diens.

    'n Werkersforum bestaan waarvan die lede deur die werkers self verkies word en wat verteenwoordigend is van alle bestuursvlakke. Die forum neem — met die samewerking van die topbestuur — besluite oor die boerdery en werkers.

    'n Arbeidskonsultant help op 'n jaarlikse basis om die arbeidsaangeleenthede in die boerdery glad te laat verloop.

    'n Winsdelingstelsel bestaan waarvolgens elke werker in die boerderywins deel. Elkeen ontvang jaarliks 'n bonus van 10 % van die netto wins. Daar word gewerk aan 'n uitvoerdruiwe-bemagtigingsprojek wat aan elke werker sy aandeel in die landbou sal gee.

    Dat die boerdery 'n wenresep beet het, is duidelik uit die feit dat dit reeds drie keer die Wes-Kaapse en een keer die nasionale toekenning vir produktiwiteit van die Nasionale Produktiwiteitsinstituut ontvang het.

    Mnr. Pieter Naudé, die eienaar, was in 1999 die Boer van die Jaar van die Wes-Kaapse tak van die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika.

    Spaar tot die helfte

    Die oop hidroponiese besproeiingstelsel wat op Denau-Boerdery se drie uitvoerdruifplase gebruik word, is die belangrikste been waarop die boerdery se sukses berus, sê mnr. André Kriel, plaasbestuurder op Denau.

    Mnr. Frank van den Heever, landboukundige van Kynoch Kunsmis in die Wes-Kaap, is nou gemoeid met die dampdruk-tekort-besproeiingskedulering-stelsel wat gebruik word. Die boerdery gaan ook — soos baie ander in die Wes-Kaap — gebuk onder waterskaarste, en met dié stelsel word tot 50 % besproeiingswater bespaar.

    Sewe jaar gelede het mnr. Pieter Naudé, die eienaar, die sogenaamde Martinez-besproeiingstelsel aangeskaf, maar dit was nie heeltemal prakties vir plaaslike toestande nie. Van den Heever se hulp is ingeroep om aanpassings te maak sodat dit beter in die behoeftes van die boerdery voorsien.

    Hy sê die grootste probleem met baie besproeiingstelsels is oorbesproeiing, wat veroorsaak het dat wingerd se wortelstelsels oorontwikkel in die eerste 10 cm en swakker ontwikkel dieper onder die grondoppervlak. Mnr. Jurie Swanepoel van die maatskappy AgriSys en mnr. Chris Barnard van die Besproeiingsakademie is genader om 'n rekenaaraangedrewe pulsbesproeiingstelsel te ontwerp.

    Pulsbesproeiing beteken dat in plaas van om 'n groot hoeveelheid water gelyk aan 'n wingerdstok beskikbaar te stel, die water op 'n basis van periodieke pulse toegedien word. Water word byvoorbeeld 20 minute lank toegedien, waarna dit vir die volgende 20 minute gestaak en daarna weer vir 20 minute toegedien word. Die duur van sulke pulse word aangepas by die fenologiese stadium waarin die wingerd hom bevind.

    Die skedulering word met behulp van dampdruk-tekort-besproeiingskedulering toegepas. Die temperatuur en humiditeit in die onmiddellike omgewing van die wingerd se blaredak word bepaal. Dit dui die transpirasietempo van die plant aan. Hiervolgens kan bepaal word hoe gereeld die grondprofiel by die wortelstelsel vog benodig.

    Van den Heever sê feitlik alle konvensionele besproeiingstelsels is gebaseeer op vog wat reeds uit die grond onttrek is, en dus vind skedulering op grond van "geskiedenis" plaas. Die besproeiing vind plaas gemiddeld 24 uur nadat die werklike klimatologiese toestande in die grond geheers het.

    Daarenteen word met dampdruk-tekort-besproeiingskedulering elke twee minute 'n lesing geneem waarvolgens bepaal word wat die vogbehoefte op daardie tydstip is. Die pulse van watertoediening word volgens die berekende dampdruk-tekort-besproeiingskedulering-waarde aangepas met behulp van die AgriSys-rekenaarprogram. Die pulstempo kan ook aangepas word om aan te pas by die wingerd se groeifase.

    Kriel sê 'n tipiese wingerd se waterbehoefte is sowat 6 000

    m³ tot 7 000

    m³ per hektaar per seisoen. Met dié stelsel het hy die hoeveelheid water verminder tot 3 400

    m³ per hektaar per seisoen. As die som gemaak word vir byvoorbeeld 100 ha tafeldruiwe, sou onder konvensionele besproeiing sowat 600 000

    m³ tot 700 000

    m³ water per seisoen nodig wees. Met dié oop hidroponiese stelsel word dit verminder tot 340 000

    m³ water per seisoen. Dit is 'n massiewe waterbesparing, terwyl die wingerd gedy.

    Die stelsel is ideaal vir 'n wingerdboerdery soos dié van Denau-Boerdery. Die resultate bewys dit. Baie boere sukkel egter om die stelsel behoorlik onder die knie te kry, en dit verg geweldige toewyding sewe dae 'n week om dit só te bestuur dat optimum resultate behaal word. Dit is immers 'n "lewende" stelsel wat elke dag reg bestuur moet word.

    11 Maart 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.22
    +1.9%
    Rand - Pond
    21.09
    +1.2%
    Rand - Euro
    18.13
    +1.0%
    Rand - Aus dollar
    11.72
    +0.5%
    Rand - Jen
    0.13
    +1.7%
    Goud
    1,795.50
    -0.2%
    Silwer
    23.03
    -0.6%
    Palladium
    1,912.00
    +0.6%
    Platinum
    1,023.00
    +0.3%
    Brent-ruolie
    85.57
    -1.5%
    Top-40
    69,190
    +1.4%
    Alle aandele
    75,376
    +1.4%
    Hulpbronne 10
    75,167
    +1.6%
    Industriële 25
    92,274
    +0.7%
    Finansiële 15
    15,860
    +3.0%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
    Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
    Altyd sonnig en vol pret
    Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot