AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Minimum snoei bied bonus

Die taamlik seldsame praktyk van minimum snoei in witdruifwingerde is een te veel vir trosvrot. Dít is egter nie die enigste voordeel van hierdie praktyk nie.

Om te snoei of nie? Dít was die vraag waarvoor mnre. Tehan en Andréé Engelbrecht, twee broers van die plaas Dessie, naby Vredendal in die Wes-Kaap, 'n paar jaar gelede te staan gekom het. Hulle moes hieroor besluit toe 'n pas gevestigde blok witwyndruiwe op hoëpotensiaalgrond té geil op onderstokke gegroei en dit tot groot produksieverliese gelei het.

Sedert hulle besluit het op die ietwat seldsame praktyk van minimum snoei, het hulle nog nie 'n oomblik getwyfel oor die waarde daarvan nie, en vandag word dié praktyk in ál hul standaardprysklas-witwynkultivarblokke gevolg.

Die twee broers was in daardie stadium al deeglik bewus van 'n praktyk van minimum snoei wat redelik algemeen in Australië toegepas word, maar nog iets ongehoords in Suid-Afrika was. Albei het tydens werksbesoeke in die laat 1990's in Australië daarmee kennis gemaak.

Wat beteken minimum snoei? Presies wat dit sê, want die wingerd word in die winter bykans nie gesnoei nie. Slegs enkele uitskietlote word afgeknip om te verhoed dat trosse en loof aan die grond raak. Lootgroei-rigtings word glad nie beheer nie, en 'n digte, verstrengelde bondel "ou hout" vorm.

Mnr. Tehan Engelbrecht sê die wingerd is in 1995 geplant in 'n stadium toe hulle gesukkel het om die regte kombinasie vir hul behoefte te vind weens 'n tekort aan onderstokke.

'n Blok Chenin Blanc is op 'n verkeerde kombinasie van onderstokke gevestig, wat veroorsaak het dat die druiwe geweldig geil gegroei het. Die digte trosse het baie vrot gekry en as gevolg daarvan het die boerdery ernstige produksieverliese gely.

Dít, tesame met die aanmoediging van mnr. Jeff Joubert, die Vinpro-voorligter in hul gebied, het die broers in 1999 laat besluit om die praktyk van minimum snoei — wat toe nog in Suid-Afrika onbekend was — as 'n eksperiment in vier rye in die blok toe te pas. Die welslae van dié stap was gou sigbaar en kort daarna het hulle dit op 'n hele blok begin toepas. Sedertdien word alle wit druiwe, wat grootliks uit Chenin Blanc en Colombar bestaan, só behandel. Dit is altesame sowat 30 ha wyndruiwe.

Dit het só goed gewerk dat hulle dit op Shiraz ook beproef. Die probleem met rooi wyndruiwe is egter dat 'n stok drie oesseisoene nodig het om homself te stabiliseer en dat die drag nie daarvoor met minimum snoei beheer kan word nie. 'n Stok neem drie jaar om sy kleur "uit te sorteer" — iets wat geen rol by wit kultivars speel nie.

Tog is twee oeste rooi Shiraz afgehaal wat met minimum snoei geproduseer is. Die wyn daarvan is van 'n ligte styl.

Die probleem in dié stadium is egter dat die aankopers van rooi druiwe nog baie skepties jeens die minimum-snoeipraktyk is. Daarby verg dit aanvanklik heelwat geld en is dit gevaarlik om té veel kanse daarmee te waag. Hy voorsien nie dat daar ooit heeltemal met rooiwynkultivars na dié praktyk oorgegaan sal word nie, sê mnr. Tehan Engelbrecht.

Hy sê die Vredendal-gebied van die Olifantsriviervallei het meestal twee grondsoorte, naamlik rivier- en Karoogrond. Op die riviergrond word grootliks standaardklas wyndruiwe geproduseer, terwyl op die Karoogrond gehaltewyndruiwe geproduseer word — wat baie aandag en versorging nodig het.

Deur die minimum-snoeipraktyk in geval van die standaardprysklas-kultivars toe te pas, kan hulle hul aandag voltyds op die produksie van die gehaltewynkultivars, asook uitvoertafeldruifproduksie toespits, sê mnr. Tehan Engelbrecht. Ál sy werkers kan nou daar gebruik word, want die minimum-snoeidruiwe het feitlik geen aandag nodig nie.

Die minimum-snoeipraktyk is reeds sedert die 1970's algemeen in Australië in gebruik. Dit word daar dikwels met meganiese snoei gekombineer in 'n poging om produksiekoste te verlaag. Sedert die 1980's word dit ook in dele van Nieu-Seeland toegepas.

Die Lutzville-koöerasie doen al 'n geruime tyd proewe met minimum snoei.

Die voordele van minimum snoei

Wanneer minimum snoei in 'n wingerd toegepas word, bot en groei dit soos gewoonlik. Dit reguleer homself dan só dat die seisoen eindig sonder dat onnodige lote vir die volgende seisoen rypgemaak hoef te word — soos met wilde rankplante in die natuur, sê mnr. Tehan Engelbrecht.

Iets waarop 'n mens moet let as dié praktyk toegepas word, is dat die rigting van die rye in die wingerd met die heersende wind moet ooreenstem om die moontlikheid van skade aan veral die opleikonstruksie te verminder. Daar is bevind dat die ideale paallengte die standaard 2,4 m is, 5 m uitmekaar in die ry gespasieer.

Die voordele sluit onder meer in:

  • Vrot in die trosse word byna uitgeskakel.

  • Die groeikrag is in balans met die drag van die wingerd.

  • Die trosse is meer, maar met kleiner en minder kompakte korrels aan.

  • Die geur-tot-dop-verhouding is beter weens die kleiner korrels.

  • Min arbeid word benodig.

  • Onkruidbestryding is feitlik oorbodig.

  • Die oes is aansienlik groter in veral die eerste drie jaar, waarna dit stabiliseer op nagenoeg dieselfde grootte as wat behaal word as die gewone handsnoei-praktyk gebruik word.

  • Die oesverspreiding van dieselfde kultivar is beter.

  • Die digter loof maak meganiese oes maklik.

  • Die gevaar van witroesspoor-oorwintering is minder.

    Die nadele van minimum snoei

    Daar is egter ook 'n paar nadele, sê mnr. Tehan Engelbrecht:

  • Dié praktyk kan net toegepas word as meganies geoes kan word.

  • Die druiwe het 'n laer suikergehalte.

  • Die opleistelsel moet uit 'n sterker konstruksie bestaan, wat dit duurder maak.

  • Dié praktyk kan net toegepas word waar die groeikrag van die wingerd dit toelaat.

  • Wye spasiëring van minstens 2,74 m is nodig, maar verkieslik 3 m.

  • Die wingerd gebruik sowat 10 % meer water omdat dit meer lower het.

  • Die wingerd lyk onnet.

  • Die druiwe word drie tot vier weke later ryp.

  • Oesbeheer in veral die eerste jaar is belangrik.

    8 Augustus 2003

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.33
    +0.7%
    Rand - Pond
    21.04
    +1.2%
    Rand - Euro
    18.14
    +1.0%
    Rand - Aus dollar
    11.59
    +0.9%
    Rand - Jen
    0.13
    +0.8%
    Goud
    1,772.54
    +0.2%
    Silwer
    22.21
    -0.2%
    Palladium
    1,856.90
    -1.1%
    Platinum
    990.50
    -1.0%
    Brent-ruolie
    82.68
    -3.5%
    Top-40
    68,420
    -0.2%
    Alle aandele
    74,557
    -0.2%
    Hulpbronne 10
    73,980
    -1.1%
    Industriële 25
    91,397
    -0.1%
    Finansiële 15
    15,738
    +0.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Kom leer my ken dan besluit jy self
    Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
    Sexy kat wil jou bekoor
    Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot