AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Myngroep wil wynland myn

Die myngroep AEMFC gaan glo steeds voort met sy aansoek om prospekteerregte in die Wes-Kaapse wynlande, terwyl die teendeel aangekondig is.

Die myngroep AEMFC gaan glo steeds voort met sy aansoek om prospekteerregte in die Wes-Kaapse wynlande, terwyl die teendeel verlede week aangekondig is.

Die African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC), gaan na bewering met sy aansoek vir prospekteerregte in die Wes-Kaapse Wynlande voort, terwyl die Regering en die maatskappy verlede week die teendeel aangekondig het.

Volgens mnr. Gary Jordan, die eienaar van die Jordan Wynlandgoed, wat deur die aansoek geraak word, het die Departement van Minerale en Energie hul Maandag ingelig dat dié maatskappy se aansoek vir prospekteerregte voortgaan.

Hy sê volgens mnr. Msikizi Mafuya van die Kaapstadse kantoor gaan die aansoek voort en was stellings dat die aansoek opgeskort is “vals”. Die aansoek raak die Bottelary-gebied naby Stellenbosch asook wynlandgoedere aan die voet van die Tygerberg.

Dit volg na mnr. Mputumi Damane, die hoof van AEMFC, verlede week in ‘n verklaring gesê het hulle het besluit om die aansoek te herroep. “Op grond van ‘n aangepasde strategiese baan het ons besluit om die aansoek vir prospekteringsregte in die Wes-Kaap by die Departement van Minerale Bronne te herroep”.

Jordan sê die Wynlande Aksiegroep is baie onsteld oor die maatskappy se beweerde ommeswaai. “As hierdie situasie net die gevolg van verwarring is, dan vra die Wynlande Aksiegroep dat die hoof van AEMFC ‘n gedetaileerde verklaring moet uitreik waarin die nommers van die prospekteerregte wat herroep is weergegee word, en dat die maatskappy se konsultante, GCS, en die DME se Kaapstad kantoor dieselfde doen”.

Staat het ‘n herroeping aangekondig

Intussen het adv. Sandile Nogxina, die Direkteur-Generaal van minerale bronne, verlede week gesê die aansoek gaan nie voort nie. Luidens ‘n berig in Die Burger het Nogxina gesê die staatsbeheerde maatskappy het glo na hulle die aansoek ingedien het uitgevind die gebiede word aangewend vir wingerde en wynbou.

Volgens die berig het Nogxina gesê na aanleiding van sy gesprekke met die maatskappy gaan hulle beslis hulle prospekteerreg-aansoeke terugtrek. Hy het gesê die mynboumaatskappy sal nie ’n “agterdeur” kan vind ten opsigte van die aansoek nie. “Die wetlike prosesse maak dit onwettig vir ons om so ’n aansoek toe te staan.”

Mnr. Jeremy Micheals, die hoof van kommunikasie en internasionale koördinering by die departement, het verlede week gesê: “Soos ons verstaan, was die ontginningsaansoek deur AEMFC gebaseer op ‘n geologiese studie wat deur die maatskappy gedoen is. Hulle was nie bewus daarvan dat die grond vir wynproduksie gebruik word nie. Die maatskappy het eers ontdek daar was wynplase op die grond toe hulle met die konsultasieproses begin het. Daarom is dit onwaarskynlik dat hulle met die aansoek sal voortgaan.

Bron: Die Burger

17 Maart 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Soek eerbare ware liefde
Mooi persoonlikheid. Mense mens. Lief vir lewe . lief vir natuur. Uitdagings. Living on the edge. Opreg reguit persoon met baie liefde om te gee
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot