Verbruikers dink deesdae opnuut oor hul kos en waar hulle dit in die hande kry – en daar is nogal baie dinge wat in produsente van vars produkte se guns tel. Me. Elena Ozeritskaya is die stigter van Fresh Insight, ’n Nederlandse maatskappy wat verbruikersinsigte aan besighede in die voedselbedryf verskaf.
Sy het op die internasionale varsprodukteverenigig (IFPA) se Suider-Afrika-konferensie in Kaapstad ’n paar neigings bespreek wat kan help om insigte te verbreed.
Hierdie term verwys na mense se bewustheid oor maatskaplike en rasse-geregtigheid. Verbruikers het ’n bykans dringende behoefte daaraan om deursigtigheid en verandering te sien, om oopkop en respekvol te wees. Dink maar aan bewegings soos Black Lives Matter. Dit gaan oor inklusiwiteit, want almal behoort aan ’n gemeenskap.