AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

’n Storie ‘van melk tot Merlot’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Groote Post se kelder en proelokaal. Foto: Alani Janeke
Groote Post se kelder en proelokaal. Foto: Alani Janeke
Die storie van drie generasies wat saam op die Groote Post-landgoed boer en hoe die boerdery van melk na wyn oorgeskakel het, is tydens ’n unieke geleentheid op die Toyota US Woordfees op Stellenbosch vertel.

Wyn is ’n storie in ’n bottel, glo mnr. Nick Pentz van die Groote Post-wynlandgoed. Hy boer saam met sy pa, Peter sr., terwyl sy seun, Peter jr.,  sedert 2020 as kommunikasiebestuurder onder meer die bemarking van die plaas en handelsmerk behartig.

“Ja, wyn is ’n storie in ’n bottel en ons is in die besigheid van stories vertel,” het Peter jr. gesê toe hy en Nick op die Toyota US Woordfees ’n gehoor van wyn-entoesiaste die geskiedenis vertel het van ’n boerdery wat eens melk in Kaapstad gelewer het en nou pryse inryg vir hul unieke wyne. Peter sr. sou deel van die gesprek wees, maar hy kon dit weens ongesteldheid nie bywoon nie.

“Ek kan goed onthou hoe ek as ’n laaitie gehelp het om melk af te lewer. Dit was nog in die dae toe melk by huise afgelewer is, voor mense hul melk in supermarkte moes gaan koop,” het Nick vertel. Sy pa het as ’n derdegenerasie-boer melk van deur tot deur afgelewer met behulp van elektriese waentjies.

Peter sr. se oupa het Union Dairy in 1904 in Kaapstad gestig. Melkerye is mettertyd in Tokai en Philippi begin. Peter sr. het later besef hulle moet die melkery uit die stad skuif. In 1972 het die Pentz-familie Groote Post buite Darling aan die Weskus gekoop, veral omdat die klimaat op dié plaas geskik was vir melkkoeie.

Groote Post is ryk aan geskiedenis. Dit was een van die plase in die distrik waarop daar sedert 1803 aanvanklik met skape geboer is, en dit was ook een van die plase en huise wat lord Charles Somerset gebruik het voor hy die land in 1827 verlaat het.

Groote Post
Drie generasies van Groote Post op een foto. V.l.n.r: Mnre. Peter Pentz jnr, Nick Pentz en Peter Pentz snr. Bron: www.grootepost.co.za
Nick en Peter Pentz,
Mnre. Nick en Peter Pentz jnr tydens die Drie generasies proe tesame-geleentheid by die Toyota US Woordfees. Foto: Alani Janeke

‘ ’n Lekker bottel melk’

Peter sr. het uitgeblink as suiwelprodusent en hy was een van die eerste boere wat semenstrooitjies van gehaltebulle uit Amerika ingevoer het om die teelmateriaal van sy kudde te verbeter.

In 1998 het Peter sr. Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar-eerbewys ontvang. Vir sy baanbrekerswerk in die suiwelbedryf het hy in 2001 die Wêreldsuiwel-ekspo se eerbewys vir International Person of the Year ontvang. Dit was egter ook die jaar waarin Groote Post melk vir wyn verruil en sy Holstein-kudde verkoop het. Peter sr. het al dié besluit verduidelik deur te sê: “Niemand het al ooit vir my gesê hulle het gisteraand ’n lekker bottel melk gedrink nie.”

Nick het gesê die oorgang van melk na wyn was wel nie maklik nie. “Almal weet die meeste mense wil elke oggend ’n bottel melk in die huis hê, maar dis nie noodwendig die geval dat almal elke aand ’n bottel wyn in die huis wil hê nie. Daarby moet jy vir daardie kleiner wynmark meeding met 600 ander wynplase.”

Die Pentze het veeboerdery nie heeltemal vaarwel toegeroep nie. Die boerdery bestaan vandag uit ’n Rooi Angus-kudde, ’n skaap-, wyn- en wildtoerisme-afdeling op sowat 2 800 ha.

Groote Post
Groote Post se Sauvignon blanc wingerde. Foto: Alani Janeke
Groote Post
Mnr. Lukas Wentzel, wynmaker van Groot Post. Foto: Alani Janeke

Pryswenner-wyne 

Groote Post se eerste wyne is in 1999 geproduseer, en sy eerste Sauvignon blanc was een van die 4-ster- Sauvignon blanc-wyne wat WINE magazine in dié jaar gekies het. 

Die distrik Darling is bekend om goeie Sauvignon blanc vanweë sy ligging naby die see en die mineraliteit wat dit tot die wyn bydra. Nick en mnr. Lukas Wentzel, hul wynmaker, het besluit om dit tot hul voordeel te gebruik, en vandag is die Seasalter Saugvignon blanc een van hul vlagskip-wyne. Dit is saamgestel uit 90% Saugvignon blanc en 10% Semillon. Altesaam 30% van dié Sauvignon blanc is vir agt maande in Franse eikehoutvate verouder. Dié wyn het al verskeie pryse gewen – die jongste is dubbelgoud by die 2022 Veritas-pryse op 8 Oktober vanjaar.  

Dit is nie al pryse wat Groot Post se wyne al vanjaar ontvang het nie. Die Groote Post Pinot Noir Rosé is op 6 Oktober as die algehele wenner van die 2022 Rosé Rocks-kompetisie aangewys.

Vroeër vanjaar het die Groote Post Merlot 2020 ook dubbelgoud gewen by die 2022 Michelangelo-pryse.

Dit wil voorkom of die Pentze en hul span inderdaad, soos Peter jr. skertsend sê, hul “storie om van melk na Merlot te gaan”, vervolmaak het. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bietjie van 'n Romantikus wat graag geselsdap soek
Ek is vriendelike mens wat nie baie issues het nie. Ek is 'n 'software developer' en as sulks baie lief vir tegnologie. Ek hou daarvan om lekker te lag word ook...
Passionate.
Hou van eerlikheid. Is nog jonk van gees. Hardwerkend. Passionate vir ware liefde. Hou van shopping en uiteet. See vakansies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot