AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

'n Wingerd vir die kinders

Hoeveel kinderhuise kan met hul eie wingerd, en oor 'n paar jaar ook met hul eie wyn, spog?

Wynveilings ten bate van hulpbehoewende kinders is redelik algemeen in Suid-Afrika. Maar hoeveel kinderhuise kan met hul eie wingerd, en oor 'n paar jaar ook met hul eie wyn, spog?

Die eerste wyn van die wingerd wat Robertson se gemeenskap vir die Herberg-kinderhuis op dié dorp gevestig het, is aan 't gis in 'n kelder buite die dorp. Die wyn het nog nie 'n naam nie, bloot omdat dit nie gebotteleer en onder 'n etiket verkoop gaan word voordat dit reg is nie.

En wanneer dit reg is, sal die wynmaker, mnr. Abrie Bruwer van Springfield Estate, buite Robertson, weet. Hy sal dan ook weet wat die wyn genoem moet word.

"Dit is 'n verkoopbare idee, maar ons gaan nie probeer om 'n halfhartige wyn te maak met 'n mooi storie en 'n huilende kind op die etiket nie. Ons gaan 'n wyn van die hoogste gehalte maak." Dit was ook die uitgangspunt van die Vriende van die Kinderhuis, wat besef het dit sou lonender wees om die ou onproduktiewe appelkoosboorde uit te haal en 'n blok wingerd te vestig.

"Die bemarking van 'n goeie rooi wyn kan vir die kinderhuis 'n groter inkomste besorg," sê mnr. Johan du Preez, die man wie se plan dit oorspronklik was. "Ons besef terdeë dat so 'n projek slegs lewensvatbaar kan wees indien 'n volhoubare mark vir die wyn gevind kan word. Dit was duidelik dat 'n wyn slegs op grond van sy uniekheid vir 'n nismark bestem is, of van só 'n hoë gehalte moet wees dat 'n mark op die duur gewaarborg kan word."

Hy sê die plan het 'n projek geword van Robertson se Vryburgers, 'n nie-politieke, Afrikaanse diensorganisasie, wat alle geld wat hulle insamel, plaaslik bestee.

Volgens hom was daar al die jare in die Robertson-gemeenskap 'n groot welwillendheid teenoor die Herberg-kinderhuis. Met die wingerdprojek het die hele gemeenskap opnuut bewys hoe simpatiek hulle teenoor die kinderhuis staan.

Du Preez, wat mede-eienaar is van Môreson Grondverskuiwers, het die appelkoosbome verwyder en die grond voorberei, en omdat hy 'n goeie klompie mense in die wingerd- en verwante bedrywe ken, het hy 'n paar arms gedraai.

"Johnnie Lerm van Bemchem het die kunsmis geskenk en Valmé Botha van Kraggroei op Worcester het hoendermis geskenk. Attie Brink van Wellington het die wingerdstokke teen 'n spesiale prys gekweek en boere van Robertson, veral Le Grand Chasseur Wyne, het daarvoor betaal."

Hennie Willemse van Millpro het die teerpale voorsien, en van Agriwire het hulle staaldraad gekry vir die opleistelsel, terwyl Breërivier Besproeiing die besproeiingstelsel ontwerp én geïnstalleer het. Hulle het self donasies vir besproeiingstoerusting van hul leweransiers gekry. Heelparty boere het geld gegee vir die koop van pale. Met verdere geldskenkings van die Vryburgers en baie sweet en harde werk is die wingerd gevestig sonder dat dit die Herberg 'n sent gekos het.

Bruwer is genader om die wyn te maak omdat sy kelder naby is. Die wingerd is onder sy wakende oog gevestig én volgens sy voorskrifte omdat dit vir hom belangrik is om van die begin af betrokke te wees.

"My enigste voorvereiste was dat ek die wingerd wou vestig as ek die wyn moet maak. Ek wou kies wat geplant word en in watter rigting dit geplant moet word, want die kuns van wynmaak lê in die wingerd. Ek kan nie wyn maak van iets wat iemand anders geplant het nie."

Merlot, Cabernet Sauvignon en Cabernet franc is gevestig met die oog op 'n klassieke Bordeaux-versnit.

Twee jaar later floreer die wingerd in die middel van die dorp. "Dit lyk soos iets uit 'n prentjieboek," beskryf die wynmaker dié wingerd wat hy glo geseënd is.

Daar is net een probleem: Kompetisie van voëls en vrugtevlieë (van die twee- en vierbeensoort) om die soet, geurige korrels. Die plan wat hulle bedink het, was om 'n ry hanepoot reg rondom die rooi-druifkultivars te vestig; om die ergste lus te breek, sê Bruwer. Volgens hom was die hanepoot vroeg Februarie al "deurgewerk", juis die tyd wat die voëls dit ook begin ignoreer het.Hy sê die wyn wat vanjaar gemaak gaan word, gaan nie gebotteleer word nie, en is huiwerig om voorspellings te waag oor presies wanneer die eerste wyn in 'n bottel onder 'n handelsmerk te koop aangebied sal word.

"Die kinderhuis se storie is 'n baie bemarkbare ding," sê hy. Synde 'n wynmaker wat in sy eie kelder tyd een van sy grootste handlangers gemaak het, wil hy nie hê hulle moet oorhaastig wees nie.

"Wingerd het tyd nodig voor wyn met karakter daarvan gemaak kan word. Ons gaan wag tot die wingerd ouer is en die geure in die druiwe meer gekonsentreer is. Dit moenie 'n kommersiële wyn wees nie. Ons maak self nie sulke wyn nie.

"Die soort wyn wat ons in gedagte het, sal net die beste wees: Ou wyn van ou wingerde." Vir die Herberg-kinderhuis is alles verniet tot die eerste oes. Daarna, sê Bruwer, word net die uitgawes wat op 'n tjekboek se teenblad aangedui is, afgetrek. "Honderd persent wins, nie net 'n fraksie nie, gaan na die kinderhuis. "

Intussen sal daar vanjaar reeds 'n inkomste wees. Bruwer sê die plan is om die wyn vir die volgende twee, drie jaar in groot maat aan die hoogste bieder te verkoop.

Soos Du Preez en ander wat tot die projek bygedra het, glo Bruwer dit is 'n volhoubare projek wat vir jare aan die kinderhuis 'n inkomste sal besorg.

Bruwer sê die enigste soortgelyke projek in die wynwêreld is in Beaune, Frankryk, waar 'n gesogte wyn van hoë gehalte gemaak word en al sedert 1859 elke November op 'n feestelike veiling ten bate van die Hospices de Beaune verkoop word.

Wesies in nood

Armoede, alkoholisme by die ouers, verwaarlosing, onbeheerbare gedrag by die kind, molestering, gestorwe of onopspoorbare ouers en mislukte pleegplasings is van die belangrikste redes vir die opname van kinders in die Herberg-kinderhuis op Robertson.

Volgens mnr. Johan Enslin, hoof van dié kinderhuis, is net 20 van die 122 kinders wat nou in die kinderhuis bly, wees. Hulle kom almal uit die Wes- en Suid-Kaap. Die Herberg-kinderhuis ontvang 'n staatsubsidie van R1 000 per maand vir elke kind. Die koste per kind beloop R1300 per maand. Die kinderhuis ontvang jaarliks sowat R200 000 van die gemeenskap in die vorm van skenkings.

Volgens Enslin het die departement van welsyn sedert 1994 die subsidie aan die kinderhuis nog net een keer verhoog — in 2000. Dit het veroorsaak dat die kinderhuis op noodsaaklike artikels moes begin besnoei.

Die kinderhuis het sy ontstaan gehad toe die 1918 se griepepidemie vele kinders wees gelaat het. Grond is langs die Hoopsrivier in Robertson geskenk en 'n gebouekompleks vir 144 seuns is opgerig op 'n gedeelte daarvan. In 1919 het die eerste kinders hul intrek geneem.

Die res van die grond is vir appelkoos- en perskeboorde en 'n wingerd gebruik. Met die verloop van tyd het die behoeftes van die kinderhuis verander en is 'n nuwe kompleks op die wingerdgrond opgerig. Die perskeboord en KWV-kwota is mettertyd verkoop en net die appelkoosboord op die 5 hektaar grond waar die wingerd nou staan, het oorgebly.

2 April 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.26
+1.6%
Rand - Pond
21.21
+0.6%
Rand - Euro
18.24
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.75
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,793.96
-0.2%
Silwer
22.99
-0.7%
Palladium
1,925.00
+1.3%
Platinum
1,027.50
+0.7%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,301
+1.6%
Alle aandele
75,462
+1.5%
Hulpbronne 10
75,194
+1.6%
Industriële 25
92,595
+1.1%
Finansiële 15
15,845
+2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Flambojante Groen oog boerenooi
Ek is n passievolle optimis, romanties, n hart vir mense, weet wat ek wil he, ek is nie n opsie maar n prioriteit, goedversorg, hou van lag, soms n malkop maar kan ook ernstig...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot