AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Namibi

Die Namibiese regering gaan 'n varsproduktemark in Windhoek oprig om 'n mark vir sy eie boere se groente en vrugte te skep.

Die Namibiese regering gaan 'n varsproduktemark in Windhoek oprig om 'n mark vir sy eie boere se groente en vrugte te skep en vars produkte uit aangrensende lande te lok om in die plaaslike behoefte te voorsien.

Die arbeidsintensiewe aard van groenteverbouing bied die geleentheid om werkgeleenthede te skep. Om só 'n bedryf in Namibië te kan vestig, meen die regering dat 'n geskikte bemarkingstruktuur noodsaaklik is.

Mnr. Paul Smit, adjunkminister van landbou in Namibië, sê die eerste stappe is al gedoen om behoorlike bemarkingskanale vir tuinbouprodukte te skep. Die presiese datum waarop die mark gebou sal word, begin sake doen en die fynere besonderhede oor die werking daarvan, is nog nie finaal uitgeklaar nie.

"Ons wil nie die wiel herontwerp of met verouderde tegnieke in 'n moderne wêreld-ekonomie probeer slaag nie. Ons is nou besig om die planne te finaliseer," sê hy.

Tuinbouproduksie is al aan die gang en die binnelandse produksie het binne drie jaar van 8 % van die plaaslike verbruik tot 20 % gegroei.

Smit voeg by dat daar met die mark beoog word om markgeleenthede oop te hou en te bevorder vir alle lande wat moontlik kan deelneem. Daarom sal die produkte van Suid-Afrika se boere op die mark verwelkom word.

"Dit sal in elk geval geruime tyd duur om self in die meeste van ons behoeftes te voorsien. Tekorte sal in die toekoms altyd aangevul moet word.

"Vir Namibië se boere sal dit, benewens die bemarkingskanale vir hul produkte, die geleentheid bied om georganiseerd na wêreldgeleenthede te soek en dit te benut met die moontlikhede wat ons spesifieke omgewingsfaktore inhou.

"Die gedagte is om 'n markvloer en 'n -meganisme te skep wat met 'n elektroniese stelsel verbind is om die onnodige beweging van vars produkte, wat die koste opjaag, te voorkom," sê Smit.

Mnr. Staal Burger, wat die Namibiese regering se nasionale tuinboukundige ontwikkelingsinisiatief moes help om dié poging aan die gang te kry, sê sowat R180 miljoen se tuinbouprodukte word jaarliks in Namibië verbruik, terwyl die waarde van die tuinbouprodukte wat daar geproduseer word, van R40 miljoen tot R50 miljoen beloop.

Een van die grootste probleme is dat van dié produkte uit die noorde van Namibië verby Windhoek na die Kaapstadse mark aangery word, waarvandaan dieselfde of soortgelyke produkte dan weer teruggebring word na die handelaars in Windhoek.

Dit kwel die Namibiese regering dat daar jaarliks R160 miljoen die land uitvloei wat die plaaslike ekonomie kon stimuleer. Ander voordele wat 'n sterk plaaslike tuinboubedryf inhou, is werkskepping, wat misdaad kan teenwerk, groter voedselsekerheid vir Namibië, wat nou nog Suid-Afrika grootliks vir dié produkte in die oë moet kyk, en die moontlikheid wat dit kan inhou om 'n verwerkingsbedryf tot stand te bring vir die skep van nóg werkgeleenthede en ekonomiese groei.

Maar hoekom het dit tot nou toe nie gebeur nie? Burger meen dit kan grootliks daaraan toegeskryf word dat dit vir handelaars moeilik is om met 'n klomp verskillende boere ooreenkomste aan te gaan om die produkte in die hande te kry. Daarby is konstante lewering ook 'n probleem.

Hierteenoor faks die handelaar sy hele bestelling op 'n Vrydag na 'n agent op die Kaapstadse mark en Maandag lewer 'n vragmotor die produkte by sy onderneming af.

Terselfdertyd, sê Burger, voel baie boere dat die plaaslike handelaars hulle voortdurend wil probeer inloop en nie markverwante pryse wil betaal nie. Daarom stuur hulle weer eerder hul produkte by Windhoek verby na die mark in Kaapstad.

Ten einde die saak te beredder, het die Namibiese regering besluit om 'n gunstige omgewing te skep vir plaaslike produsente en handelaars om sake te doen op 'n wen-wen-grondslag. Om dit aan die gang te kry, is 'n gestruktureerde bemarkingstruktuur nodig.

Hoewel die fynere besonderhede nog nie uitgewerk is nie, lyk dit asof die plan is om 'n hoofmark in Windhoek te vestig en markvloere op 'n streekgrondslag tot stand te bring waar die produkte van kleiner produsente gehanteer, gesorteer en versamel kan word.

Dieselfde voertuie wat daardie produkte gaan haal om dit na Windhoek se mark te bring, kan ook gebruik word om produkte wat plattelandse handelaars op Windhoek se mark gekoop het, daarheen aan te ry. Op dié manier kan die vervoer ten beste benut word.

Burger sê om 'n begin te maak om handelaars aan te moedig om plaaslik geproduseerde produkte te benut, is die nasionale markaandeel-bevorderingskema gestig.

Dié stelsel vereis dat 'n handelaar 'n spesifieke persentasie plaaslike produkte moet hanteer om goedkeuring te kry vir die produkte wat hy invoer.

Aanvanklik is dit op 3 % vasgestel, wat oor 'n tydperk van drie maande behaal moet word. As 'n handelaar byvoorbeeld tradisioneel R1 000 se produkte per maand ingevoer het, moes hy dan R30 se produkte plaaslik koop om R970 se produkte te kan invoer.

Aangesien plaaslike voorsiening nie altyd konstant is nie, beteken dit dat 'n handelaar in drie maande vir R90 plaaslik moet koop om R2 910 se produkte te kan invoer. As hy in dié tydperk net 2 % plaaslik koop, kan hy net twee derdes van die waarde van die produkte invoer.

Die persentasie wat plaaslik gekoop moet word, beloop nou al 7,5 % en gaan stelselmatig verhoog word tot op 'n punt waar dit naastenby gelykstaande aan die totale plaaslike produksie sal wees, maar in die proses sal daar waarskynlik deurentyd krities daarna gekyk word dat dié vereistes prakties aanpas by die werklikheid.

Die gedagte is dat die mark, met die lewering van produkte van boere uit buurlande, uiteindelik genoeg produkte moet hanteer om in die totale plaaslike verbruik te voorsien en dat gewone markkragte, bepaal deur vraag en aanbod, die lewering en aankope sal reguleer.

In die proses sal deurdagte planne gemaak moet word om aanvanklik die markpryse deur vraag en aanbod te laat reguleer in 'n omgewing waar 85 % van die produkte tans ingevoer word.

Om genoeg produkte uit aangrensende lande te lok, sal die markprys in elk geval sodanig moet wees dat dit die moeite werd is vir buitelandse boere om hul produkte eerder na Windhoek aan te ry as na hul plaaslike mark.

As dié planne egter deurgevoer kan word sodat die vryemarkstelsel sy volle loop kan neem, kan dit slaag.

20 Januarie 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.05
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.82
+0.2%
Silwer
22.19
-0.3%
Palladium
1,856.14
-1.1%
Platinum
991.00
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot