AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9199
7,00
CORN
08 Feb
-
4615
-25,00
SOYA
08 Feb
-
8755
-4,00
SUNS
08 Feb
-
10750
-238,00
WEAT
08 Feb
-
6833
26,00
WMAZ
08 Feb
-
4315
-10,00
YMAZ
08 Feb
-
4423
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Namibië se blomfabriek

Die liefde wat 'n jong student ontwikkel het toe hy buitenstyd vir sakgeld op 'n blomplaas by Stellenbosch gewerk het, het gelei tot Namibië se eie 'blomfabriek' waar duisende snyrose, krisante en plantjies in tonnels verbou word.

Die liefde wat 'n jong student ontwikkel het toe hy buitenstyd vir sakgeld op 'n blomplaas by Stellenboschgewerk het, het gelei tot Namibië se eie 'blomfabriek' waar duisende snyrose, krisante en plantjies in tonnels verbou word.

Snyblomme is een van die landbouprodukte wat 'n mens nie verwag om in Namibië te kry nie, want die klimaat van uiterste hitte en koue maak die produksie daarvan taamlik moeilik.

Maar mnr. Francois Durand, 'n boorling van dié harde maar goeie wêreld, het besluit daar is tegnologie waarmee die beperkings oorkom kan word om te voorsien in 'n behoefte aan blomme wat voorheen hoofsaaklik uit Suid-Afrika ingevoer is.

Hy het tonnels opgerig, eers klein, maar intussen het dit gegroei tot drie reuse-kweekhuise wat sowat 'n hektaar grond bedek. In die tonnels bedryf hy sy blomboerdery, Namib Rose, wat 'n paar honderdduisend snyblomme, saailinge en struike per jaar produseer.

As student aan die Universiteit van Stellenbosch het mnr. Durand, wat in Gobabis grootgeword het, smiddae en saans ná klas op 'n roosplaas gaan werk vir sakgeld, hoofsaaklik blomme gesny en verpak. Dit was wat hy wil doen, het hy besluit.

Sewe jaar gelede het hy sy bedryf op Brakwater, net buite Windhoek, begin - lekker naby sy mark, maar getrou aan dié plek se naam was die water te brak. Daarby was die munisipaliteit van Windhoek nie gretig dat nog waterintensiewe bedrywe gevestig word nie.

Toe skuif hy Dordabis toe. Eers was hy vir drie jaar op 'n stukkie huurgrond op die plaas Stoltzenfeld van mnr. Sammie en mev. Hendrien Rossouw. Toe het hy na sy eie stukkie grond langs die Schaaprivier, net buite Dordabis, getrek nadat hy 'n vennootskap gestig het met mnr. Manolo Pascual.

Vandag produseer hy snyrose, krisante, herfsasters, blom- en groentesaailinge, kruie, struike, grasse en blomplante in potte. Die snyblomme sorg vir sowat 50 % van die omset van die onderneming en die saailinge en struike saam vir die res.

In die somer is rose die vernaamste snyblomme wanneer tot 25 000 stele per week geproduseer word. In die winter met snoeityd daal die produksie egter tot gemiddeld 6 000 stele per week.

Hy is die enigste krisantprodusent in Namibië en dié blomme sorg vir 'n baie konstante produksie van ongeveer 6 000 stele per week deur die jaar. Sowat 10 000 krisantplantjies word al om die ander week gevestig.

Die saailing- en struikproduksie word aangepas by heersende toestande. Met droogtetye wanneer waterbeperkings geld, is die vraag klein en word produksie afgeskaal.

Rose word in plantsakke verbou en die krisante en herfsasters word regstreeks in die grond geplant.

Vier roosplante word in 'n plantsak van 25 liter in 'n plantmengsel geplant wat uit die helfte boombas (den) en die helfte riviersand bestaan. Elke plant kry 'n drupper waardeur water en bemesting toegedien word.

Die watertoediening word met 'n rekenaar beheer. Die vogtigheid, temperatuur en ligintensiteit word met sensors in die kweekhuise gemeet. Die inligting word na die rekenaar gesein, wat bereken hoeveel water toegedien moet word.

Water word vir 85 sekondes op 'n keer toegedien en die rekenaar bereken die hoeveelheid kere wat water per dag toegedien moet word om in die plante se behoefte te voorsien. Tot 30 toedienings is per dag moontlik en dan word nagenoeg twee liter water per plant per dag toegedien.

Dit is veral in die somer nodig wanneer dit baie warm en droog en die transpirasie van die plante hoog is.

Mnr. Durand sê hy beoog om die kweekhuise te verkoel sodat hy die blomtempo van die plante kan beheer en die vogtigheid binne die kweekhuise konstanter kan hou. Tans is veral donsige skimmel 'n probleem omdat dit snags baie vogtig en bedags baie warm en droog is.

'n Weeklikse spuitprogram word gevolg om donsige skimmel en rooispinnekop, die twee grootste probleme, te bestry.

Die water wat onder uit die plantsakke loop, word elke ses weke ontleed en getoets en die bemestingsprogram word daarvolgens aangepas. Normaalweg word 'n basiese mengsel van 5:3:4 gebruik wat aangepas word om tekorte reg te stel.

Die roosplante kan tot ses jaar in die plantsakke groei voordat dit hervestig hoef te word, maar in sy geval gebeur dit gewoonlik eerder omdat nuwe en verbeterde kultivars beskikbaar raak.

Voordat die krisante en herfsasters geplant word, word die grond sowat 200 mm diep met 'n kapploeg bewerk en sowat 'n week lank laat lê om droog te word sodat die swamme kan vrek. Ná 'n jaar word die krisante en asters uitgehaal en die grond 'n jaar lank laat rus terwyl saailinge in houers op die grond gepak word.

Voor planttyd word 'n basiese bemesting toegedien wat volgens grondontledings bepaal word. Afgesien van fosfaat word normaalweg die mengsel 5:1:5 plus 'n hele reeks mikro-elemente toegedien. Tydens produksie word die grond elke ses weke ontleed om te bepaal hoeveel van watter bemesting deur die besproeiingstelsel toegedien moet word.

'n Net word dan oor die plantstroke uitgelê en steggies, wat in Suid-Afrika gesny word en wat hy self bewortel, word 125 mm uit mekaar geplant. Soos wat die plante groei, word die net gelig om te verhoed dat die plante omval.

Die plante groei sowat 12 weke voordat dit begin blom en 'n voorkomende spuitprogram word gevolg om veral rooispinnekop te bestry.

In die somer word blomme elke dag gesny en in die winter al om die ander dag. Die blomme word in 'n koelkamer gehou, in houers verpak en al om die ander dag afgelewer.

Mnr. Durand sê die pryse wat hy kry, is byna dieselfde as wat boere in Suid-Afrika kry. In die verlede is omtrent al die blomme uit Suid-Afrika ingevoer. Hy het egter die voordeel dat hy sy blomme varser kan lewer en sy kopers weet watter gehalte hulle by hom kry.

Vir saailingproduksie word saad in saailaaie geplant. Dit word met mikrosproeiers nat gehou. As die plantjies sterk wortels ontwikkel het, word dit in bakkies of potte oorgeplant waarin dit verkoop word.

Die koue winternagte is een van die groot beperkings. Ryp kom algemeen voor en die temperatuur het al tot -11 °C gedaal. Diesel- en paraffienverwarmers word dan gebruik om die kweekhuise te verhit. Dit kan tot R1 200 per nag kos om te verseker dat die temperatuur nie onder 5 ³C daal nie. Hulle laat ook die opgaardamme saans so leeg as moontlik loop sodat warmer boorgatwater soggens gebruik kan word om die koueskok vir die plante te verminder.

Die kweekhuise wat hy gebruik, is in Israel ontwerp en word deur 'n Kaapstadse onderneming bemark. Dit is toegerus met 'n nat muur en waaiers in die teenoorgestelde muur vir verkoeling en verwarmers vir die winternagte.

In die mure is openinge met gordyne wat op- en afgerol kan word. Dit word, net soos die waaiers en verwarmers, met 'n rekenaar beheer.

Sensors meet die wind en -rigting en sein dié inligting na die rekenaar wat dan die gordyne oop of toe maak. Só help die wind om die temperatuur in die kweekhuise te beheer sonder dat skade deur stormwinde aangerig word.

As 'n windstorm kom, word die gordyne betyds toegerol en die rekenaar skakel suigwaaiers aan wat die plastiek om die staal- en aluminiumraamwerk vas suig sodat die wind nie 'n vatplek daaraan kan kry nie.

Om die groeiwyse van die krisante te manipuleer, word die beskikbare lig met gordyne en elektriese ligte beheer. As die plante byvoorbeeld 14 uur per dag lig kry, groei hulle net en blom nie. Teen blomtyd word die plante 14 uur per dag in die donker gehou om blomvorming te bevorder. Dit word alles met die rekenaar beheer.

Mnr. Durand sê die blomboerdery het intussen gegroei tot 'n groot onderneming wat werk aan 32 mense verskaf.

24 Januarie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.50
+0.3%
Rand - Pond
21.18
-0.0%
Rand - Euro
18.83
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
988.64
+0.2%
Palladium
1,675.69
+1.4%
Goud
1,885.68
+0.6%
Silwer
22.52
+1.5%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,875
+0.6%
Alle aandele
79,917
+0.5%
Hulpbronne 10
75,286
+0.9%
Industriële 25
103,245
+0.6%
Finansiële 15
16,337
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot