AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Nasie in Gesprek: Kollig op vrugtebedryf

Die derde episode van die Nasie in Gesprekreeks in 2017 poog om die kollig op die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf te plaas wanneer die span hul kameras in Ceres en die omliggende gebied opslaan.

Die vrugtebedryf het 'n massiewe impak op die ekonomie en die welstand van gemeenskappe waarbinne hulle handel dryf en dit het ook 'n groot impak op die nasionale ekonomie.

Die program besoek die Du Toit Groep en De Keur-plase wat groot rolspelers in die bedryf is en vind uit wat alles betrokke is om die vrugte van plaas tot tafel te neem. Mnr. Danell du Toit, besturende direkteur van die De Keur Groep, praat oor die rol van arbeid in hul besigheid. “Ons glo dat mense een van ons grootste bates is en dat ons net goeie produkte kan produseer as ons personeel goed opgelei is.”

Soos gewoonlik sluit Landbouweekblad se redakteur, Chris Burgess, by die aanbieder van die program, Rozanne McKenzie aan met insiggewende statistiek oor die bedryf. Hy begin met dat Suid-Afrikaanse vrugte “van die beste in die wêreld is.” Burgess sê verder dat die bedryf genereer nagenoeg R22 miljard en het verseker 'n impak op die ekonomie.

Bystand van die Regering nodig

“Ons het egter regeringsbystand nodig om nuwe markte te betree aangesien ons grootste teenstanders, Australië en Suid-Amerika, vordering maak om nuwe markte, soos China, binne te dring.” Hy sê dat dit interessant is dat Afrika ook 'n mark word wat glad nie geïgnoreer kan word nie.

Me. Marina Potgieter, besturende direkteur van De Keur Verpakking, neem ons deur die proses van verpakking en hoekom dit belangrik is om 'n produk van hoogstaande gehalte aan te eindgebruiker te lewer. “Ons het van die heel beste toerusting beskikbaar wat selfs die vrugte na gelang van die kleur sorteer.”

Burgess hou jou ook vasgenael voor die skerm wanneer hy oor die uitdagings van die “baie voorgeskrewe” Europese mark en die belangrikheid van die “maksimum residu-vlakke” gesels.

Impak van landbou op ekonomie

Theo Vorster raak weer ernstig in die besprekingsdeel van die program wanneer hy met dr. Roelof Botha, ekonomiese adviseur vir PWC, gesels: “Mense sal geskok wees wanneer hulle besef watter impak die landbou op die totale ekonomie het. Mense vergeet dat die waardeketting nog selfs voor die plant begin en logistiek, versekering en 'n verskeidenheid van ander aspekte insluit wat op die einde amper 23% van die ekonomie verteenwoordig.”

Volg die skakel na die volledige kykNET-program.

Laai die Nasie in Gesprek Toep by die app-winkel af en besoek die webtuiste www.nasieingesprek.co.za vir die volledige uitsaaiskedule.

Nasie in Gesprek – Met trots geborg deur Monsanto, Nedbank en Senwes, in samewerking met Hinterland en NWK.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.45
-2.1%
Rand - Pond
21.04
-0.7%
Rand - Euro
18.85
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
974.67
-4.9%
Palladium
1,630.14
-2.4%
Goud
1,863.55
-2.6%
Silwer
22.32
-4.9%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil saam stap swem klim toer
Eks positive intresant. goeie geselskap. hou van reen en sonskyn. werk hard . speel lekker. slaap in. kamp altyd. vuur en dans. net fun.
Prinses Kosmos soek haar Prins Kakiebos💕
Kreatief en vriendelik, hou van die see son. en gesond leef dis altyd lekker in die buitelig, maar as daar gewerk word is dit eerste. 100% is my moto. Lief vir Mense en diere....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot