AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Navorsers byeen op Stellenbosch vir simposium oor besproeiing

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
Volhoubare besproeiing in ’n era van waterskaarste en klimaatsverandering kom volgende week onder die loep op die tiende internasionale simposium oor besproeiing van tuinbougewasse op Stellenbosch.

Volgens prof. Stephanie Midgley, wetenskaplike oor klimaatsverandering en risikobepaling by die Wes-Kaapse departement van landbou en sameroeper van die simposium, is die byeenkoms belangrik om plaaslike gemeenskappe en ekonomieë te versterk.

“Beter bestuur van water in die landbou sal lei tot beter opbrengste en inkomste per druppel en toekomstige voedselsekerheid en lewensbestaan verseker,” sê sy.

Meer as 150 simposiumgangers van 18 lande, asook plaaslike kundiges en praktisyns sal die geleentheid kry om te leer oor die nuutste wetenskaplik gefundeerde en verbeterde besproeiingstegnologie. Die simposium van 29 Januarie tot 2 Februarie 2023 is ’n inisiatief van navorsers van die Wes-Kaapse departement van landbou, die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van Pretoria.

Landbouweekblad erken die deurslaggewende rol wat besproeiing in voedselsekerheid speel en is daarom ’n mediavennoot van die simposium.

“Ons is meer as 100 jaar al saam met Suid-Afrikaanse boere op reis om volhoubare winsgewendheid te verseker. Geleenthede soos dié waar die uitruil van inligting belanghebbendes in die landbou kan bemagtig, is vir ons ’n prioriteit,” sê Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad.

Netafim, hoofborg van die simposium, glo dat plaaslike boere van tuinbougewasse wêreldleiers in gevorderde landboupraktyke is.

“Ons is trots daarop om betrokke te wees by ’n geleentheid wat volhoubaarheid en volgehoue verbetering voorop stel,” sê Michael Esmeraldo, besturende direkteur van Netafim Suid-Afrika.

Midgley sê hulle sien uit na ernstige gesprekke en om voorraadopname te doen oor “waar ons staan met datagebaseerde presisiebesproeiing en sensortegnologie”.

“Dis belangrik om te bepaal wat werk in praktyk en wat werk nie soos ons gehoop het nie; en te identifiseer waar daar kennis- en tegnologiegapings is wat ons met toekomstige navorsing kan aanpak.”

Die ontwikkeling en toetsing van die volgende generasie laevloei- en ultra-laevloei-drupbesproeiingstelsels en die meting en modellering van evapotranspirasie vir besproeiingskedulering kom ook onder die vergrootglas.

Simposiumgangers kan ook uitsien na ’n besoek aan drie plase waar uiteenlopende besproeiingsnavorsing en -innovasie gedoen word. ’n Tegniese dag sal plaaslike deelnemers die geleentheid gee om onder meer saam te gesels oor presisiebesproeiingstelsels, tekortbesproeiing en droogtespanning, en deel te neem aan ’n paneelbesprekings oor die raakvlakke tussen wetenskap en die praktyk.

Hou Landbou.com dop vir meer oor dié simposium of volg #ISHSirrigation2023 op sosialemediaplatforms.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.72
+0.4%
Rand - Pond
21.93
+0.6%
Rand - Euro
19.28
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.87
+0.7%
Rand - Jen
0.13
+0.9%
Platinum
980.66
-0.0%
Palladium
1,486.40
+0.6%
Goud
1,977.42
-0.2%
Silwer
23.91
+0.0%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,548
-0.8%
Alle aandele
76,161
-0.7%
Hulpbronne 10
66,663
-1.3%
Industriële 25
102,787
-0.4%
Finansiële 15
15,491
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees my Hoofstuk en ek jou Voorblad
Humoristies , Gemaklik , Openlik , Romanties , Eerlik , Sosiaal , Stout , Stuitig , Opreg , Hou van Buitelewe , Gelowig , Hardwerkend , Lojaal , Reguit , Opsoek na Lewensmaat...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot