
Die wynborg van MasterChef SA sprei sy vlerke deur ’n beoordelaar van die kompetisie na die Guguletu-wynfees te neem.
Luidens ’n mediaverklaring sal Nederburg ’n proe-teater by die fees op Vrydag en Saterdag (25 en 26 Mei 2012) aanbied. Mnr. Pete Goffe-Wood, die beoordeelaar, sal aan dié teater deelneem. Hy sal op die eerste die gasheer by die tent wees.
Die teater sal fokus op die invloed wat verskillende kossmake op wyn het. Verder sal besoekers aan die tent die geleentheid hê om verskillende kossoorte saam met verskillende wyne te proe.
Reëls?
Me. Wencke Grobler, woordvoerder, sê die teater wil nie nóg reëls vir wyn skep nie: “Juis andersom. Ons wil hê wynliefhebbers moet hulself van al daardie moets en moenies rakende wyn saam met kos bevry.
"Ons wil net wys hoe jy die genot van wyn kan verhoog deur dit só te kombineer dat smake wat pas, bymekaar gebring word.”
Gewilde rooi, wit en soetwyne van die Nederburg-reeks sal in die proeteater beskikbaar wees sodat besoekers dit saam met beesvleis, tuna, cheddarkaas en sjokolade kan proe.
Die teater sal op die grondslag van eerste daar kry die beste vir feesgangers oop wees. Dit sal daagliks om 18:00, 19:00 en 20:00 aangebied word. Dit is die tweede jaar wat die fees aangebied word.
15 Maart 2012