AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Neutboerdery goed op dreef

Ná baie groeipyne, proefnemings en navorsing het 'n produsent van pistachio-neute die meeste van sy doelwitte bereik.

Ná meer as 'n dekade van groeipyne, proefnemings en navorsing het 'n produsent van pistachio-neute die meeste van sy doelwitte bereik. Die klem val nou op produksie, verwerking en bemarking.

Met 'n unieke metode om boompies te kweek, word die tyd waarin die bome plantgereed is, verkort, die bome is geharder en 'n nuwe boord kan met meer sukses gevestig word. Die metode word net in Suid-Afrika toegepas.

Dit is een van die belangrikste mylpale wat sedert die begin van die pistachioneutprojek deur Green Valley Nuts in 1993 bereik is en een van die aspekte wat welslae verseker, sê mnr. Kevin Snyman, landgoedbestuurder van die projek van die Nywerheidontwikkelingskorporasie.

Die ontwikkeling van die infrastruktuur is voltooi en net sowat 32 ha van die beoogde 1 000 ha bome moet nog geplant word. Daarom is die boerdery nou in die produksiefase waar die klem op produksie, verwerking en bemarking val.

Snyman sê die grootste sukses van die projek is die kweek van eie bome. Pistachiobome is, soos ander vrugtebome, 'n kombinasie van 'n onderstok en 'n sekere kultivar. Die kombinasie hang van die verlangde eienskappe af.

Die tradisionele metode is eers gevolg waarvolgens die kultivars op saaling-onderstokke van Amerika af geokkuleer is. Dit het nie geslaag nie omdat die onderstokke nie teen die kwaai winterkoue bestand was nie en het tot groot verliese gelei.

'n Ander saailing-onderstok het nie die probleem opgelos nie. Dié kultivar was baie goed bestand teen die koue, maar het nie sterk genoeg gegroei nie. 'n Kruising van twee onderstokke was die antwoord. Dié kultivar kan die koue hanteer, dit het weerstand teen wortelsiektes, neem voedingstowwe maklik op en groei baie goed.

Weefselkultuur het nie goed gewerk nie omdat die bome 'n harde hout het. Eksperimente met steggies het die oplossing gebied. Dit is nou die enigste manier waarmee die boerdery se plante gekweek word. Plante word streng in die kwekery geselekteer en dié wat nie geskik is nie, word uitgegooi.

Die onderstok word met steggies geproduseer, aan die moederplant bewortel, in sakkies in die kwekery uitgeplant en toegelaat om tot die regte grootte te groei. Die kultivars word dan daarop geokkuleer.

Met dié metode duur dit sowat 18 maande om 'n boom te produseer teenoor die gewone drie jaar. Die bome is baie gouer plantgereed, is sterker en die gehalte beter.

Volgens Snyman is nog 'n voordeel van dié bome dat hulle op 'n gunstiger tyd geplant kan word. Sowat vier jaar gelede is bome net in die lente geplant, maar die nuwe bome is groot genoeg om die koue te weerstaan en word ook in die herfs geplant.

Dit vergemaklik die vestiging van 'n boord, dit is goedkoper en die ontwikkeling is beter omdat die plante sterker is. Die laaste sowat 200 ha is só gevestig en kan met die beste ter wêreld vergelyk word. Ook beskadigde boorde is al met nuwe bome vervang.

Bome word ook aan naburige boere verskaf.

Die bemesting en voedingsbestuur van die bome het die afgelope vyf jaar baie verander. Oorsese bemestingsprogramme het nie aan plaaslike vereistes voldoen nie en 'n program vir die unieke omstandighede is uitgewerk.

Geen bemesting word voor planttyd toegedien nie. Die nodige regstelling word in die gate gedoen. Daarna kry die bome 'n kombinasie van grondtoedienings en blaarvoeding. Boor is belangrik vir die vrugset en groei van die vruggies. Dit word deur blaarvoeding toegedien.

Die besproeiingstelsel het die afgelope paar jaar min verander. Met kennis van die bome se waterbehoefte is die proses verfyn en die bome kan doeltreffender met mikrobesproeiing benat word.

Die snoeiproses is ook aangepas. Waar alle bome aanvanklik eenders gesnoei is, word verskillende kultivars nou verskillend gesnoei. Sommiges groei sterk en word in die winter én somer gesnoei. Ander verdwerg as hulle in die somer ook gesnoei word.

Bome word gesnoei vir die maksimum hoeveelheid sonlig op die vrugte. Hoewel die bome nog op die "ou" kelkvormige manier gesnoei word, word ander opleimetodes ook ondersoek alles om die drag so gou moontlik so hoog moontlik te kry.

Insek- en plaagbestryding het die meeste verander en ontwikkel. 'n Opgeleide span hou die insekte en plae fyn dop. Elkeen het 'n gebied waar hy inligting insamel. Hierdie inligting word alles in 'n databasis geplaas. Daarvolgens word 'n bestrydingsprogram ontwikkel. Kennis van stinkbesies, die grootste insekplaag, se lewensiklus help om die korrekte spuitprogram te bepaal.

Alternaria, 'n swamsiekte wat ook in Kalifornië voorkom, is die volopste siekte. Uit ervaring is geleer dat die laaste bespuiting hiervoor sowat 'n maand voor oestyd toegedien moet word.

Buiten die eie kennis wat op die plaas opgedoen word, werk Green Valley Nuts ook met die ontwikkeling en monitering van die spuitprogram saam met 'n plantpatoloog en entomoloog van die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Ander pistachioboere van die omgewing dra geld by. Nog iemand van die hortologie-afdeling van dié universiteit help met die bestuiwingsprogram.

Prof. Karen Theron van die departement hortologie van die Universiteit van Stellenbosch is by die manipulering van plante - die snoeiproses en die gebruik van rusbrekers - betrokke. Rusbrekers word onder meer gebruik om manlike bome te manipuleer sodat hul blomtyd met dié van die vroulike bome ooreenstem.

Presisieboerdery word toegepas. Elke boord word afsonderlik bestuur met eie aantekeninge van blaarontledings, grondontledings en verbouingsgeskiedenis.

Die afgelope vyf jaar word in bemestingsproewe gekyk na hoeveelhede bemesting en na tipes soos organies, verrykte organies en chemies. Die meeste van die standaard-blaarontledings word jaarliks aan die einde van die seisoen gedoen. Daarvolgens word die afgelope jaar se voedingsprogram geëvalueer, met die boord se voorkoms en grondontledings vergelyk en die volgende jaar se bemestingsprogram beplan.

Daar is twee weerstasies op die plaas. Die weerinligting word deur mnr. Johan van den Berg van Enviro Vision in Bloemfontein ontleed. Hy doen dan aanbevelings waarmee die bestuursprogram verder verfyn word.

Dié boerdery is 'n groot werkskepper met sowat 90 permanente werkers. 'n Kerngroep word as deel van die boerdery se bemagtigingspoging opgelei.

Die hoofdoelwit van die projek is nou om ekonomiese lewensvatbaarheid te verseker waarna die bedryf verder kan ontwikkel.

Die vraag groei

Pistachioneute, ook bekend as groenamandels, is 'n ou gewas wat in Amerika verwesters is. Nuwe produksietegnieke en 'n nuwe vlak van gehalte is geskep. Die boorde is so uitgelê dat oesmasjiene dit kan hanteer tipies Amerikaans. Die verwerking word ook op die Amerikaanse manier gedoen.

Besproeiing en bemesting is wel volgens Suid-Afrikaanse standaarde ontwikkel. Die grond is swak en moet daarvolgens bemes word. Insek- en plaagbestryding verskil ook omdat Suid-Afrika ander plae het. Die ontwikkeling van 'n oesbeskermingsprogram verskil dus baie van die Amerikaanse standaard.

Suid-Afrika gebruik nie dieselfde kultivars as dié in Amerika nie. Teenoor die enkele Amerikaanse kultivar het Suid-Afrika drie, waarvan twee die eerste keer ter wêreld kommersieel verbou word. Hulle is Sirora, uit Australië, Ariyeh en Shufra, albei uit Israel. Vir die twee Israelse kultivars en 'n nuwe onderstok het Green Valley Nuts die planttelersregte. Baie navorsing is gedoen om dié drie kultivars te selekteer.

Die plante word heeltemal anders bestuur as in Amerika. Baie van die inligting is deur proefnemings en eie navorsing verkry. Een van die grootste uitdagings was om die bestuur by die klimaat van die omgewing aan te pas.

Antwoorde is reeds gekry vir die meeste aspekte, soos besproeiing en bemesting. Nou word op die fyner besonderhede, soos insek- en plaagbestryding en die manipulasie van die bome (die bestuur van die bome in die spesifieke klimaat), gekonsentreer.

Die voorbeeld van sommige druiweboere met hidroverkoeling in die herfs word byvoorbeeld gevolg. Dit is die kunsmatige afkoeling van die bome met oorhoofse besproeiing en is veral belangrik in warmer jare wanneer nie aan die bome se kouebehoefte voldoen word nie.

Ook die snoeiproses en bemesting kry aandag. Elke kultivar word verskillend gesnoei en bemes. Omdat van die bome al kommersieel produseer, kan na aspekte soos die drag per boom gekyk word. Die ontwikkeling van plantmateriaal, die seleksie van kultivars, kwekerytegnieke en die verbetering van die plantmateriaal is afgehandel.

Meer as 3 ton/ha word reeds geoes 'n bewys dat die gewas potensiaal in die streek het. Die gehalte is ook uitstekend, wat 'n beter prys tot gevolg het.

Die wêreldproduksie van pistachios is sover 400 000 ton per jaar. Suid-Afrika sal waarskynlik sowat 3 000 ton daartoe bydra.

Suid-Afrika se voordeel is dat hy kan lewer wanneer ander lande nie kan nie. In Suid-Afrika word einde Maart klaar geoes. Die neute word deur die winter verwerk en is dan gereed vir die Kersfeesmark. Die neutmark groei 5 % tot 8 % per jaar.

Die plaaslike produksie word binnelands bemark omdat die volume te klein vir uitvoer is. Die doelwit is om binne sowat drie jaar genoeg vir uitvoer te produseer. Die produksie en verwerking sal volgens Eurogap-standaarde geskied.

Die enigste aanleg

'n Verwerkingsaanleg vir pistachioneute, die enigste in die land, is nou vir twee jaar kommersieel in bedryf. Dié aanleg by Prieska is in staat om neute vir die uitvoermark te lewer. Die neute word feitlik heeltemal meganies gehanteer en verwerk van oestyd tot met die verpakking.

Mnr. Kevin Snyman, landgoedbestuurder, sê die verwerking van die neute is 'n redelik eenvoudige proses wat by oestyd begin. Die vrugte word meganies geoes met ingevoerde skudmasjiene.

Die vrugte moet so vinnig moontlik van die boom gehaal en in die verwerkingsaanleg gekry word. Dit verminder die siektedruk, want anders as ander neute bars pistachios se dop aan die boom oop, wat die kern blootstel. Reën en lang tydperke van hoë humiditeit maak die neute vatbaar vir swamsiektes. In die oestyd kan die bome nie bespuit word nie.

Die primêre verwerking is om die vrugte se vlesige doppie af te haal. Daarna gaan dit deur 'n watertenk om die vol en leë neute te skei. Die vol neute word met warm lug gedroog en die voginhoud tot sowat 13 % verlaag. Daarvandaan word dit in die silo verder tot sowat 5 % tot 6 % gedroog waarna die neute met veiligheid opgeberg kan word.

Die eerste stap in die fyner verwerking is die skeiding van die oopgebarste neute en dié wat nie oopgebars het nie. Dié wat nie oopgebars het nie, word deur 'n masjien oopgebreek. Dié neute is gewoonlik daarna stukkend en word vir die bakbedryf gebruik.

Min neute bars nie oop nie. Dit is omdat die regte kultivars gebruik word en die korrekte bestuur genoeg voeding en water vir die bome verseker.

Die oopgebarste neute gaan daarna na die afdeling waar hulle volgens kleur met 'n lasertoestel gesorteer word. Die neute met vlekke en defekte word uitgehaal. Daarna kom dit op 'n vervoerband waar hulle deur werkers ondersoek word vir nog defekte. Dit is die enigste plek waar mense met die hand daarmee werk.

Die verskillende groottes word dan geskei omdat groter neute 'n beter prys behaal. Die finale behandeling is om die neute in 'n soutoplossing te plaas en dit dan te rooster. Die laaste fase is die verpakking en bemarking.

Die meeste van die neute word in groot maat aan groothandelaars verkoop. Green Valley Nuts verskaf nie self aan kettingwinkels nie omdat die volume nog te klein en die koste te hoog is. Die boerdery se ligging maak dit ook moeilik om aan verskillende winkels te lewer.

Snyman sê die boere van die omgewing wat met pistachioneute boer, het ook die voordeel dat hulle 'n verwerkingsaanleg op hul voorstoep het waar hulle hul produk sal kan lewer sodra hul bome in produksie is. Dié boere sal 'n internasionaal gekoppelde prys vir hul produk ontvang.

1 Julie 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot