AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Neutboorders onder die vergrootglas

Neutboorders se voorkeure vir sekere makadamias kan voordelig vir boere wees.

Die feit dat neutboorders sekere makadamiakultivars bo ander verkies, kan in die toekoms 'n sleutelrol speel by die korrekte keuse van kultivars en die toepassing van geïntegreerde plaagbestryding.

Met verhoogde landbouproduksie en die toenemende openbare kritiek jeens intensiewe produksiestelsels is winsgewendheid en omgewingsbewustheid deurslaggewende faktore wat in aanmerking geneem moet word by die volhoubare bestuur van 'n moderne makadamianeutboerdery.

Mnr. Schalk Schoeman, entomoloog van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse, ITSG naby Nelspruit in Mpumalanga sê juis daarom behoort die keuse van die beste kultivars of die kombinasie van kultivars gemeet aan gehalte, opbrengspotensiaal en die insek/siekteweerstand 'n logiese vertrekpunt te wees vir enige suksesvolle geïntegreerde plaag- of siektebestrydingprogram.

In Suid-Afrika word makadamianeute aangeval deur 'n verskeidenheid plae wat uit 'n neutboorder- en stinkbesiekompleks asook twee blaaspootjie-spesies bestaan. Terloops, in dié bedryf word algemeen aanvaar dat die voorkoms van blaaspootjies verband hou met die spuit van middels met piretroïed.

Die neutboorder-kompleks bestaan uit die valskodlingmot (Cryptophlebia leucotreta), die makadamianeutboorder (C. batracopa), die lietsjiemot (C. peltastica) en die carobmot (Ectomylois ceratoniae).

Dr. Philip Lee, bestuurder van die Suid-Afrikaanse Makadamiakwekersvereniging op Tzaneen, sê dit is onmoontlik om die totale neutboorderskade te bepaal omdat net die skade in die verwerkingsfabrieke bekend is.

Hoewel dit onbekend is wat die omvang van die skade op plase is, word daar algemeen aanvaar dat sowat 10 % van die neutaanbod in die fabrieke deur neutboorders beskadig is. In die praktyk beteken dit vir makadamiaprodusente 'n jaarlikse verlies van sowat R3 miljoen, sê Lee.

Schoeman sê dit is teen dié agtergrond dat daar besluit is om vas te stel of neutboorders sekere kultivars bo ander verkies. Sulke inligting sal nie net van onskatbare waarde wees vir die kommersiële produsente nie, maar sal ook tot voordeel strek vir die kleinboer asook diegene wat organiese produksie wil beoefen.

Makadamia-aanplantings van die ITSG op die Burgershall- en Nelspruit-proefplaas is vir dié navorsing gebruik. Benewens vir die verskil in ligging, het die samestelling en verskeidenheid kultivars asook die bestuur van die onderskeie aanplantings aansienlik verskil.

Die boorde by Burgershall, naby Kiepersol in Mpumalanga, bestaan uit 15 kultivars wat in November 1993 gevestig is met 'n boomspasiëring van 8 m x 4 m. Hierdie aanplanting word omring deur piesang-, lietsjie- en avokado-aanplantings. Hierdie bome is vir insekbestryding gespuit en is daarom eerder verteenwoordigend van 'n kommersiële makadamiaboerdery as van die natuurlike situasie.

Die ondersoek het van Augustus 2002 tot aan die einde van die oesseisoen in 2003 geduur. Alle neute wat van die bome afgeval het, is weekliks op 'n oppervlakte van een vierkante meter versamel, terwyl 'n verdere 50 neute van elke kultivar bykomend versamel is. Hierdie neute is almal ondersoek vir die teenwoordigheid van neutboorders en vir neutboorderskade.

Die aanplanting op die Nelspruit-proefplaas spog met nege kultivars wat in 1999 gevestig is met 'n boomspasiëring van 4 m x 2 m. Hoewel dié bome in hierdie aanplanting voldoende bemes en besproei is, is geen insek- of swammmiddel regstreeks vóór en tydens die proeftydperk gespuit nie. Dié aanplanting word omring deur 'n koejawel- en mango-aanplanting asook deur natuurlike bos.

Vir meer as drie maande, vanaf 12 Februarie tot 28 Mei 2003, is elke week 20 neute van elke kultivar versamel en vir neutboorder- en stinkbesieskade ondersoek.

Schoeman sê baie min neutboorders het voorgekom tydens die natuurlike neutvaltydperk vroeg in die seisoen en daarom is nie tussen die verskillende spesies onderskei nie.

Die navorsing het egter duidelik getoon dat neutboorders die kultivars 863, 800, 741, 294, 344 en 789 verkies en dat die kultivars 816, 814, 660, Ln1, Ln2, Ne2, 788 en 695 tekens van weerstand of verdraagsaamheid teenoor neutboorders toon. Die rede hiervoor is blykbaar dat die wyfiemotte groot neute, gemiddeld 25 mm tot 27,5 mm in deursneë, verkies.

Die laasgenoemde groep kultivars het eers relatief laat in die seisoen groot neute geproduseer en was gevolglik in 'n mate bestand. Tydens die normale neutval (oesperiode) later in die seisoen het dit geblyk dat die hibried-kultivars soos Ln1, Ln2, 695, A4 en A16, wel meer vatbaar is vir neutboorders.

Hierdie navorsingprojek is verleng en die opvolgondersoek word tans gedoen om die aanvanklike bevindinge te bevestig.

As hierdie bevindinge bevestig word, sal dit die kommersiële makadamiabedryf beslis bevoordeel, want vir die heel eerste keer sal boere hulle kultivarkeuse kan maak ook op grond van die weerstand wat dit bied teen neutboorders en stinkbesies. Tweedens sal hierdie inligting opkomende en organiese makadamiaboere help om tot die bedryf toe te tree.

Die opkomende boere kon tot dusver nog nie werklik suksesvol by die makadamiaproduksie betrek word nie, juis omdat onder meer die plaagbestryding sulke hoë bestuursinsette verg.

'n Verdere voordeel hiervan is dat die eerste logiese stap van organiese landbouproduksie juis is om sterk op natuurlike weerstand teen plae te steun.

"En ook is organiese produksie 'n wêreldwye werklikheid waarvan die aanhang groei," sê Schoeman.

5 Maart 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot