AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Noordelike appelboere presteer

Uitvoerappels uit Mpumalanga is deesdae eerste op die Europese markte in die nuwe seisoen - sowat elf dae vóór Vrystaatse en drie tot vyf weke vóór Wes-Kaapse appels.

Uitvoerappels uit Mpumalanga is

deesdae eerste op die Europese markte in die nuwe seisoen - sowat elf dae vóór

Vrystaatse en drie tot vyf weke vóór Wes-Kaapse appels.

Die eerste hoëdigtheid-appelbome onder beskermende netstrukture in 'n gebied rondom Ermelo is in 1997 geplant. Die eerste kommersiële oes van die totale aanplanting van 105 ha (waarvan 'n groot deel uitgevoer kon word) was in 2001. Die jongste prestasie van dié groep vrugteboere is 'n ultra-moderne pakhuis van R9,6 miljoen op Ermelo wat pas in gebruik geneem is.

Synde 'n nuwe bedryf vir hulle, het dié boere die geleentheid gehad om die gevestigde appelgebiede deeglik te fynkam - veral vir slaggate. Waarskynlik die belangrikste les was om van die begin af hul bedrywighede reg te beplan en te organiseer. Vir dié doel is die Hi-Veld Fruit Co-op in 1998 met 14 boerelede gestig en alle werksaamhede is onder dié naam geloods.

Aanvanklik is drie verskillende pakhuise gebruik. Dit het meegebring dat die vrugte oor lang afstande vervoer moes word. Net die vervoer na die pakhuise het die koöperasie jaarliks sowat R500 000 uit die sak gejaag. Daarom is in 2001 beplan om 'n eie pakhuis op te rig.

Probleme het daartoe gelei dat 'n maatskappy, Hi-Veld Fruit Packers (Edms.) Bpk., in Maart verlede jaar gestig is. Die vier direkteure, wat ook die bestuur behartig, is mnre. Koos Dafel, voorsitter en bemarkingsdirekteur, Jurg van Niekerk, Jan Grey en Ryk Pretorius - almal van die distrikte Ermelo en Amersfoort.

Die pakhuisprojek is vir dié provinsie 'n nuutjie met 'n moontlike 150 nuwe werksgeleenthede en 'n jaarlikse omset van nagenoeg R50 miljoen. Daarom word goeie samewerking van die Mpumalanga-regering verkry met die steun van mnr. Jacob Mabena, LUR vir finansies. Mnr. Musi Skosana van die Mpumalanga Investment Initiative (MII) verteenwoordig die provinsiale regering in die direksie. Met die werwing van arbeid is met die Departement van Arbeid saamgewerk om net werklose mense in diens te neem.

Mnr. Dafel sê aanvanklik is van die beste bestaande vrugtepakhuise in die Wes-Kaap besoek. Dit het die direksie laat besluit om net die beste beskikbare gerief te skep. Hi-Veld Fruit Packers se pakhuis van R9,6 miljoen (die grootte van 'n rugbyveld) is een van die modernstes in die land.

Bouwerk het in Augustus verlede jaar begin en met Landbouweekblad se besoek die eerste week van Februarie vanjaar was die laaste appels van die vroegste kultivar, Royal Gala, vir die uitvoermark op die sorteerbane. Die vrugte van Mpumalanga was trouens die eerste van die nuwe seisoen ter wêreld op die Europese markte.

Dié gebied se appels is selfs per kultivar een tot drie weke vóór enige ander land in Europa beskikbaar. Dit is ook bietjie meer as 'n week vroeër as die Vrystaatse appels en drie tot vyf weke vóór die Wes-Kaapse vrugte. Die feit dat die winters op Mpumalanga se Hoëveld kouer as enige ander plek in die land is, is hiervoor verantwoordelik. Genoeg koue beteken dat dié gebied se vrugte gewild is weens 'n hoër suikerinhoud as vrugte van ander gebiede.

Die beste beskikbare sorteertoerusting is in die pakhuis geïnstalleer. Die hart daarvan is 'n Aweta elektroniese sorteerder waar ses rye vrugte gelyktydig verby 'n stel kameras en skale beweeg. Van elke vrug word 18 foto's geneem teen 'n tempo van 27 appels per sekonde. Elektroniese sensors sorteer elke vrug volgens gewig, kleur en vorm.

Vrugte van 13 produsente word verpak. Nagenoeg 70 % van dié vrugte is geskik vir uitvoer na Europa, Engeland en Oosterse markte. Twee ondernemings se dienste word gebruik. Hierbenewens word drie plaaslike nismarkte voorsien. Die resep vir welslae is egter daarin geleë dat die hulpmiddels - veral die sorteertoerusting - die onderneming in staat stel om feitlik deur die jaar te kan werk. 'n Wye verskeidenheid vrugtesoorte kan gehanteer word. Dit sluit subtropiese vrugte uit die nabygeleë distrikte in, sê mnr. Dafel.

Hy wys ook daarop dat die appelbedryf op die oostelike Hoëveld op 'n goeie onderbou van marknavorsing gevestig is. Daar is eers 'n deeglike studie gedoen oor die mees gesogte kultivars op die oorsese markte. As gevolg daarvan fokus dié boere op die volgende kultivars (in oes-volgorde): Royal Gala, Top Red, Early Red I, Big Chief, Fuji, Cripps' Pink, Cameo en Sundowner. Die oestyd kan dus van die tweede week in Januarie tot einde April strek.

Die vestigingskoste in dié gebied beloop gemiddeld R130 000 per hektaar. Dit sluit die duurste enkele uitgawe, haelnette teen sowat R70 000 per hektaar, in.

Kruiptrekkers word gebruik om die grond diep los te maak en op sommige plekke moet kalk diep ingewerk word. Daar moet vir dreinering op die oorwegende Hutton- en Avalon-grondsoorte voorsiening gemaak word weens die moontlikheid van te veel reën. Vir dié doel word die bome op verhewe banke geplant.

As gevolg van vrugbare en diep grond is die boere verplig om, anders as in die Wes-Kaap, verdwergende onderstamme te gebruik waarvan die kultivars M26 en M9 die beste resultate lewer. Hierdie onderstamme verhoed dat die bome te hoog groei - wat 'n probleem onder die haelnette kan veroorsaak. Omdat die nette duur is, word hoëdigtheid-aanplantings gedoen van 2 200 bome per hektaar. Dit verteenwoordig 'n plantwydte van 4,5 m-rye met 'n spasiëring van 1 m in die ry.

Die grootste probleem in dié gebied is ontydige, laat koue. Die huidige oes op sommige plase is byvoorbeeld erg geknou deur swart ryp in Oktober verlede jaar. Die boorde moet boonop met sifdraad omhein word om wildsbokke uit te hou.

Die gewone winterkoue wat geskik is vir appels (1 000 koue-eenhede per seisoen) word bestuur met behulp van oorhoofse mikrobesproeiing wat 'n yskapsule om die klein vruggies vorm en dit sodoende beskerm. Die sproeiers word outomaties aangeskakel sodra die temperatuur 4 °C tot 3 °C bereik. Rypalarms word as 'n waarskuwingsmeganisme in boorde aangebring.

In totaal het hierdie groep boere 105 ha appels in produksie en nog 19 ha nuwe aanplantings. Proefaanplantings van pere lewer vanjaar die eerste oes en vooruitsigte hiervoor lyk belowend. Dit lyk of die kultivars Forelle en Rosemary die beste potensiaal toon. Hierbenewens word die eerste pruime uit proefaanplantings ook vanjaar geoes.

Kersies het reeds bewys dat dit met welslae in dié gebied geplant kan word en 8 ha is reeds gevestig. Die beperkende faktor is egter die beskikbaarheid van verdwergende onderstamme, soos Gisela.

Navrae van boere sedert die ingebruikneming van dié pakhuis bevestig dat dit 'n belangrike stukrag kan wees vir die vestiging van 'n gesonde steenvrugtebedryf in Mpumalanga.

25 April 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot