AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Nou bou hy kortpaaie na wyn en olywe!

Dit is tot die voordeel van nuwe en klein toetreders tot die boerdery om ná die oes so ver moontlik by hul produk betrokke te bly.

Dit is tot die voordeel van nuwe en klein toetreders tot die boerdery om ná die oes so ver moontlik by hul produk betrokke te bly, glo 'n padbou-landmeter wat hom 'n paar jaar gelede in die landbou begewe het.

Al is die twee bedrywe so verskillend, is daar tog 'n klein, maar belangrike ooreenkoms tussen boerdery en die konstruksiebedryf, glo mnr. Gerhard du Toit, bestuurder en wingerdboukundige van die Hillcrest-landgoed, Durbanville.

Albei is afhanklik van die weer: As dit nie reën nie, of dit is buitengewoon warm, is dit neusie verby vir die landbou. En as dit onophoudelik reën, kan niemand paaie bou nie.

Maar dit is omtrent waar die ooreenkomste ophou, meen hy. "In die boerdery werk jy met lewende goed en daar is 'n element van nou of nooit in die oes en in die verwerking van landbouprodukte. In 'n konstruksiekontrak is daar darem 'n klousule wat die kontrakteur teen onvoorsiene oponthoude beskerm . . ."

Boonop moet hy, wat oor die jare die kortpaaie van die konstruksiebedryf leer ken het, nou dié van 'n boerdery leer ken. Juis dít alles is wat boerdery vir hom so aantreklik maak.

Die konstruksiemaatskappy Haw & Inglis het in 1986 die plaas Hillcrest gekoop. Buiten 'n uitgediende gruisgroef was daar niks op die plaas nie, sê Du Toit.

Hulle het sedertdien die gruisgroef gerehabiliteer, 'n dam gemaak en in 1993 begin om wingerde en olyfboorde te vestig. Deesdae is Hillcrest 'n bedrywige plaas met 'n konstruksie-geur, want Haw & Inglis gebruik dit steeds as standplaas.

Du Toit sê hoewel die geld wat hulle aanvanklik in die plaas belê het, in die konstruksiebedryf verdien is, moet die boerdery nou vir sy eie rekening bedryf word.

Aangesien die plaas in die koel heuwels van die Durbanville-wynstreek is, het hulle 23 hektaar wingerd - Sauvignon blanc, Chardonnay, Merlot en Cabernet Sauvignon - gevestig. Twee derdes van hul druiwe lewer hulle aan die Durbanville Hills-kelder en 'n derde (gewoonlik 50 ton, maar vanjaar het hulle 65 ton gebruik) word gehou om wyn onder die Hill-crest Estate-etiket te maak.

Die vier sterre wat hul Sauvignon blanc van 2003 en 2004 (van jong wingerde) in die 2005-Platter-wyngids gekry het, bevestig die geskiktheid van Hillcrest se hoë, koel hellings vir dié kultivar. Trouens, Du Toit sê die hoogste deel van die plaas is 400 m bo seevlak met die hoogste Sauvignon blanc-wingerd op 350 m. Die Platter-beoordelaars was egter ewe beïndruk met hul Merlot-Cabernet Sauvignon-versnit in die Bordeaux-styl.

Met hul vierde oes vanjaar het die druiwe goed en natuurlik ryp geword. Die weer voor oestyd het ook 'n interessante meevaller gebring: Botritis in die Chardonnay-wingerde het die wynmaker, Graeme Read, in staat gestel om 'n edellaatoes-wyn te maak.

Du Toit sê hy besef elke dag hoe mededingend boerdery is, en dat welslae afhang van hoe ver die produsent in die waardeketting van sy produkte betrokke kan bly. Dit is soveel meer van toepassing op boere wat so min produseer dat dit nie lonend is om rou produkte te verkoop nie.

Daarom het hulle ook 6,5 ha met olyfboorde - duidelik Du Toit se trots - onder besproeiing gevestig. Hulle het die olyfkultivars Mission (tafelolywe en olie) en Frantoio (olie) geplant en vanjaar reeds hul vyfde oes van sowat 50 ton afgehaal. Sowat 'n derde word ingelê as groen en swart tafelolywe, terwyl die res tot olyfolie verwerk word.

Die totale verwerking van olywe van boom tot bottel word op die plaas gedoen. Daarvoor is dikwels baie hande nodig, sê Du Toit. Om die olie uit ryp en halfryp olywe te pers, gebruik hulle twee sentrifugale meulens, wat die olywe met pitte en al fyn maal en olie uit die gemaalde olywe pers.

Tot dusver verkoop hulle die meeste van hul olyfprodukte, wat olie, verskillende soorte tafelolywe en tapenade insluit, in padstalletjies by hul plaashek en by Constantia Uitsig. Omdat Suid-Afrikaanse olyfprodukte prysgewys meeding met buitelandse olyfprodukte wat dikwels nie van vergelykbare gehalte is nie, is hy besorg oor die mededingendheid daarvan. "Die oorsese olyfprodukte wat op ons winkelrakke staan, word goedkoop hierheen ingevoer en veral die olie is dikwels substandaard. Die publiek is meestal oningelig daaroor."

Omdat dit so moeilik is om geld in die landbou te maak, laat hulle geen geleentheid verbygaan om produkte te verwerk nie. Hulle het onlangs ook 'n restaurant geopen. Hul eie wyn en olywe is prominent op die spyskaart.

Klein kelder bied kanse

As ingenieurs wat met wingerd en olywe boer vreemd klink, wat van 'n wynmaker met 'n doktorsgraad in mariene bio-logie?

Hillcrest-landgoed se wynmaker, dr. Graeme Read, is een van die gelukkige mense wat sy passie kan uitleef. In 2002 het die eienaars van die plaas hom gevra om deeltyds vir hulle wyn te maak en van 2003 af doen hy dit heeltyds.

In 'n klein kelder soos Hillcrest s'n is dit maklik én moontlik om te eksperimenteer. Dit is ook moontlik om aandag aan die fyner besonderhede van wynmaak te gee. Read glo met hul koeler klimaat kan afgeronde wyne met meer elegansie en 'n laer alkoholinhoud gemaak word. "Ons beweeg weg van die vrugtige wyne in die Australiese styl na wyne met meer subtiele vrugte en balans - 'n meer Franse styl.

'n Klein kelder bied goeie geleenthede. Read en mnr. Gerhard du Toit, bestuurder en wingerdboukundige van Hillcrest, sê omdat hulle in elk geval elke wingerdblok se wyn in sy eie tenk maak en sulke klein hoeveelhede druiwe hanteer, het hulle vanjaar 'n interessante proef met die druiwe van hul hoogliggendste Sauvignon blanc-blok gedoen. Hulle het die druiwetrosse wat aan die buitekant van die loof gehang het en vroeër ryp was, eerste gepluk en wyn gemaak. Later het hulle die trosse wat deur die loof bedek is en later ryp geword het, tweede gepluk en daarvan in 'n afsonderlike tenk wyn gemaak. Read het onlangs die twee wyne, asook 'n bietjie Sauvignon blanc wat 'n tydjie in hout verouder is, versny om 'n besonderse reserwe-wyn te maak.

As dié eksperiment goed werk, sal dit herhaal word deur die wingerde te beheer en te manipuleer.

In die wingerd konsentreer Du Toit op goeie praktyke om die druiwe reg te kry, terwyl Read in die kelder verseker dat die druiwe só gehanteer word dat die geur wat die wingerd hulle gee, behou word. "Ons gebruik goeie druiwe en hanteer dit sag in die kelder," sê Du Toit.

Op die ou end wil hulle klein bly sodat hulle self die bemarking kan doen, maar hulle wil wel een van die beste boetiekkelders in die land word.

1 Julie 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.05
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.82
+0.2%
Silwer
22.19
-0.3%
Palladium
1,856.14
-1.1%
Platinum
991.00
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot