AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Nuwe blomkleure

Mutasieteling op inheemse bolplante om nuwe blomkleure te ontwikkel, blaas weer lewe in navorsing na sierplante.

Mutasieteling op inheemse bolplante om nuwe blomkleure te ontwikkel, blaas weer lewe in navorsing na sierplante by die Roodeplaat-instituut vir Groente en Sierplante.

Verskeie van die sowat 2 700 blombolsoorte in Suid-Afrika het die potensiaal vir kommersiële ontwikkeling, sê me. Riana Kleynhans, senior navorser en plantteler van die Landbounavorsingsraad (LNR) se Roodeplaat-instituut vir Groente en Sierplante (IGS).

Dié instituut is bekend vir navorsing na die kommersiële ontwikkeling van Lachenalia-kultivars wat wêreldwyd bemark word.

Die beskuldiging word egter dikwels gemaak dat Suid-Afrika op navorsingsgebied nie genoeg doen om sy ryke inheemse flora kommersieel te vestig nie en dat ander lande die voordeel daaruit trek.

Nou het die IGS geld van die Departement van Wetenskap en Tegnologie deur die Innovasiefonds gekry vir 'n projek om nuwe blomkleure deur mutasieteling op sekere blombolle te ontwikkel.

Dié navorsing word gedoen op twee Lachenalia-kultivars, 'n Ornithogalum-kultivar en 'n seleksie elk van Eucomis en Veltheimia.

"'n Mutasie is 'n verandering in die genetiese materiaal van die plant wat tot uiting kom in byvoorbeeld die kleur van 'n blom, of vrugte wat vroeër ryp word. Dit kan veroorsaak word deur kosmiese of ultraviolet-strale of 'n 'verkeerde' weergawe van die genetiese materiaal in 'n plant.

"Omdat natuurlike verandering (evolusie) in plante 'n lang proses is, is verskeie tegnieke - waarvan mutasieteling een is - ontwikkel om die proses wetenskaplik vinniger te laat verloop," sê Kleynhans.

Die normale verloop van konvensionele teling vir Lachenalia is 10 tot 13 jaar, terwyl die proses binne drie tot vyf jaar met mutasie-tegnologie versnel kan word.

"Daar is verskillende metodes om mutasies te ontwikkel. Chemikaliëe kan gebruik word of bestraling met gamma- of x-strale. Dit is egter 'n waagstuk - die resultate is nie gewaarborg nie."

Die tegniek kan geslaag op plantmateriaal soos saad, steggies of groeipunte toegepas word as die verlangde eienskappe meetbaar is en die materiaal wat gebruik word goeie basiese eienskappe het. Die metode en soort materiaal wat gebruik word, word bepaal deur die bepaalde gewas.

Kleynhans sê gewasse wat vegetatief voortgeplant kan word, het die voordeel dat 'n bestendige mutant regstreeks voortgeplant kan word. Dit is nie nodig om deur verskeie saadgenerasies te gaan waar die mutant verlore kan raak nie.

"By die Lachenalias het 'n verskeidenheid subtiele kleurverskille na vore getree en ons kyk nou na watter variasie goeie kultivargehalte vir potplant-eienskappe het.

"Die pers Lachenalia-kultivar het alle verwagtinge oortref en met 'n reeks mutante vorendag gekom. Daar was nie net verskille in blomkleure nie, maar ook in die vorm van blomme. Afwykings het ook voorgekom, maar dit was min omdat lae dosisse bestraling toegedien is."

Die geel Ornithogalum (wat ook by die IGS ontwikkel is), asook die geel Lachenalia-kultivar het geen kleurmutasies gelewer nie. Interessante waarnemings is egter gedoen ten opsigte van vrugbaarheid.

By die geel Lachenalia, wat gewoonlik vrugbaar is, was daar 'n hoë voorkoms van steriele plante (30 % tot 40 %), terwyl die Ornithogalum, wat gewoonlik steriel is, vrugbare mutante gelewer het.

Dié verskynsel is in twee opsigte voordelig vir die teelprogram. Eerstens kan goeie kultivars steriel gemaak word voor vrystelling. Tweedens kan goeie lyne wat steriel is, weer vrugbaar gemaak word sodat hulle verder in konvensionele teling gebruik kan word.

"Die Ornithogalum-mutante het groter blomme gehad - tot 50 mm in deursnee. Dié blomme is gewoonlik 30 mm tot 35 mm in deursnee," sê Kleynhans.

Die Eucomis (pynappellelie) en Veltheimia word nog geëvalueer en mutante sal geidentifiseer word sodra dié plante blom.

"Die belangrikste bevinding is dat die tegniek wat ons gebruik, werk en verdere evaluering kan gedoen word. Verskeie mutante is al uit die Lachenalia- en Ornithogalum-kultivar geidentifiseer. Die projek en die identifikasie van mutante sal nog ongeveer twee jaar duur."

15 April 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot