AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Nuwe boere woeker met boegoe

Boegoe word 'n al hoe belangriker uitvoerproduk, veral na Europa.

'n Groep voorheen benadeelde boere van die omgewing van Piketberg en Citrusdal maak deel uit van 'n unieke boegoeprojek. Hulle plant heelwat van dié eg Suid-Afrikaanse gewas met sy legendariese medisinale eienskappe aan.

Afgesien van die gebruik van boegoe vir tradisionele boererate, word dié gewas 'n ál belangriker uitvoerproduk — veral na Europa. Die algehele omset van dié bedryf word beraam op R120 miljoen en tot 40 % van die boegoe op markte kom van aanplantings.

'n Groep voorheen benadeeldes van die landbougemeenskap Goedverwacht, naby Piketberg, asook Elandskloof by Citrusdal het ook tot die bedryf toegetree. Hulle plant boegoe op 'n redelike skaal kommersieel aan.

Alles het begin toe mnr. Keith Wilson, 'n boer van Piketberg, sowat vyf jaar gelede die Landbounavorsingsraad (LNR) genader het om meer oor boegoe uit te vind. Dit het die bal aan die rol gesit en die LNR het met 'n ondersoek na boegoe begin.

Verskillende aspekte, soos hoe om die sade te plant en wat om met die jong ontkiemende plantjies te maak, het onder die soeklig gekom. Wilson het gemeen die verbouing van hierdie veelsydige medisinale plant kon in 'n winsgewende bedryf omgeskep word. Tog was daar te min bekend oor hoe om daarvan 'n optimale, ekonomies lewensvatbare gewas, soos rooibostee, te maak. Die LNR-ondersoek is finansieel ondersteun deur die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID).

'n Jaar later het me. Merle Dietrich van Goedverwacht boegoe begin verbou. Wilson het die helfte van die plantjies wat hy kon oes aan haar en kleinboere, soos me. Evelyn Lesch, geskenk. Lesch was die eerste persoon op Goedverwacht wat 'n boegoeplantjie in die grond gesteek het.

Me. Louisa Blomerus, een van die LNR se senior navorsers wat nou met die projekte gemoeid is, sê tussen 30 % en 40 % van álle boegoe wat op markte aangebied word, is afkomstig van aangeplante oeste. Maar om die boegoebedryf werklik ekonomies kragtig in die Wes-Kaap te maak, moet boerderymetodes gevind word om die optimale toestande waarin boegoe floreer, na te boots.

Wanneer dit georganiseerd gekweek word, word die beste groei en olielewering nagestreef. Die bestryding van onkruid, siektes en insekte word nagevors, maar min is nog bekend oor wat die beste toestande is, sê Blomerus.

Onder die tegniese leiding van die LNR is 'n vennootskap tussen Kaapse Natuurbewaring, die maatskappy Afriplex asook die grondeienaars van Elandskloof en Goedverwacht gestig om van boegoe 'n verbruikersgewas te maak. Struikelblokke, soos te min geld, gebrekkige kennis en tegnologiese hindernisse het die voorheen benadeelde boere tot dusver verhinder om tot nismarkte vir die verbouing van inheemse gewasse toe te tree.

'n Belangrike lid van die nuwe vennootskap is die Business Linkages Challenge Fund (BLCF), wat sowat R4 miljoen beskikbaar stel om boegoesaad aan die boere te voorsien en besproeiing te finansier.

Dit is 'n eiesoortige projek, waar die private sektor nóu met Kaapse Natuurbewaring (KNB) en die landelike gemeenskappe saamwerk. Onder meer bewys dit dat bewaring en ontwikkeling bevorder kan word deur die kommersiële betrokkenheid van die private sektor, sê mnr. Burger Muller, die Afrika-streekfondsbestuurder van die BLCF. Om hul inkomstebronne aan te vul en kontantgewasse in die eerste paar jaar van die projek te voorsien, sal die boere ook heuningbos, rooibos en kankerbos aanplant. Dit is nodig omdat boegoeplante eers in hul vierde jaar geoes kan word.

'n Afname in boegoestropery uit die natuur en veral uit natuurreservate danksy die groter fokus op die verbouing van dié gewas, is een van die redes waarom die KNB ook 'n vennoot in die projek is.

Heelwat aspekte kom onder die vergrootglas, waaronder die beplanning van waterverbruik. Deklae en dekgewasse, soos gort, asook inheemse plante, dra by tot die behoud van water in die grond en help met die voorkoming van gronderosie. Drupbesproeiing is ook meer waterdoeltreffend as vloedbesproeiing.

Interessante toekomstige navorsing sal die gebruik van weefselkultuur as 'n metode van voortplanting insluit. Intussen ondersoek die Universiteit van Stellenbosch die karakterisering en invloed van mikorrisale skimmels wat die opname van voedingstowwe bevorder. Die hele studie sal die ontwikkeling van 'n kommersiële pakket vir boegoeboere ondersoek.

Protokol oor 'n genetiese vingerafdruk word nou ontwikkel sodat boere kultivars kan registreer waarvan elkeen 'n unieke DNS-samestelling het, soortgelyk aan 'n strepieskode. Daardeur kan 'n mens onderskei tussen twee kultivars wat presies dieselfde lyk, maar verskillende DNS-samestellings het. In die toekoms kan 'n kultivar met uitstaande olie-eienskappe dalk ontwikkel word.

Dietrich is al drie jaar betrokke by die projek en haar boegoeplante groei fluks. Sy het die eerste saad geoes en heelwat kennis opgedoen. Hoewel sy heelwat tyd en geld in haar boegoeprojek op Goedverwacht belê het, is sy nie spyt oor haar besluit om op te hou skoolhou en haar brood uit die grond te verdien nie.

'n Mark vir haar en mede-boere se boegoe word verskaf deur die maatskappy Afriplex, wat ook die projek bestuur. Afriplex spesialiseer in die maak van ekstrakte en vlugtige olies van verskeie plante, soos boegoe, rooibostee, wildemalva en kankerbos. Mnr. Danie Nel, die besturende direkteur van dié maatskappy, sê hulle is verbind tot werkskepping deur waardetoevoeging tot plaaslike plantekstrakte en olies.

Vir die ander boere en die verskillende organisasies sal Dietrich as die voorligtingsbeampte en tussenganger optree. Sy sal nuwe boere oplei en help om hul oeste suksesvol te kweek.

Wat inheemse gewasse betref, is die projek die eerste in sy soort en dit sal die resep word vir ander wat sal volg. Namate dit ontwikkel, sal nog mense, soos siviele ingenieurs, kartograwe en beplanners, betrokke raak om boegoehandel onlosmaaklik deel van die landboubedryf te maak.

18 Junie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.33
+0.7%
Rand - Pond
21.04
+1.2%
Rand - Euro
18.14
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.9%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,772.54
+0.2%
Silwer
22.21
-0.2%
Palladium
1,856.90
-1.1%
Platinum
990.50
-1.0%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot