AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9667,4
67,40
CORN
03 Feb
-
4543,6
-56,40
SOYA
03 Feb
-
9291,6
-38,40
SUNS
03 Feb
-
10111
-250,00
WEAT
03 Feb
-
6688,6
-39,40
WMAZ
03 Feb
-
4240
-47,00
YMAZ
03 Feb
-
4381
-40,00

Nuwe fynbosbeleid kry koers

Vier nuwe tolbos- en twee nuwe speldekussingkultivars sal volgende jaar deur die Fynbos-eenheid van die Landbounavorsingsraad (LNR) vrygestel word. Dit sal die eerste vrystellings wees sedert daar in 1998 begin is om 'n nuwe vrystellingstelsel te ontwikkel.

'n Nuwe stelsel om fynboskultivars plaaslik en internasionaal vry te stel, is nou byna gereed. Dié stelsel spruit voort uit onderhandelinge wat in 1998 begin is tussen die fynbosbedryf en die LNR-Roodeplaat op Elsenburg, buite Stellenbosch, waarvan die Fynbos-eenheid deel is.

'n Gesamentlike Komitee vir Kultivarbeoordeling (GKBK) is deur die LNR en die Suid-Afrikaanse Proteaprodusente- en Uitvoerdersvereniging gestig om 'n stelsel te ontwikkel wat vir albei partye aanvaarbaar is. Dié komitee help met die beoordeling en gradering van nuwe materiaal wat deur die LNR-teelprojek ontwikkel is.

Die komitee het reeds 100 kultivars uit die LNR se genebank gekies wat volgens 'n nuwe geïndekseerde graderingstelsel beoordeel word. Die kultivars is almal uit genetiese materiaal uit die LNR-fynbosgenebank ontwikkel.

Die onderhandelings het só ver gevorder dat die Fynbos-afdeling nou weer vir die eerste keer sedert 1998 kultivars gaan vrystel. Die eerste ses nuwe vrystellings, vier tolbos- en twee speldekussingkultivars, word volgende jaar vrygestel.

Die komitee het 'n verdere 12 kultivars vir vrystelling in 2004 geoormerk, waarvan nege tolbosse en drie speldekussings is. Nuwe proteas sal eers ná 2005 vrygestel word. Die LNR het belowende kultivars, maar nog nie genoeg plantmateriaal daarvan beskikbaar nie.

Dr. Gail Littlejohn, spesialiswetenskaplike by die LNR, sê dit was nodig om 'n nuwe stelsel te skep omdat heelwat probleme in die verlede ondervind is. Die grootste probleem was dat die LNR weens beperkte grond en geld nie vinnig genoeg steggies van die nuwe kultivars beskikbaar kon stel nie. Gevolglik het boere wat eerste geholpe geraak het, 'n onregverdige voordeel bó ander boere gekry.

Nuwe kultivars wat uit kruisings ontwikkel is, kan net met steggies vermeerder word omdat saad te veel variasies tot gevolg het. Die LNR hou saad net vir rugsteundoeleindes.

Nóg 'n probleem was dat die LNR voorheen nuwe kultivars ontwikkel het en dan self besluit het watter vrygestel moet word. Die bedryf wou groter insae in die keuringsproses hê.

Die oplossing wat deur die komitee aanvaar is om vertragings met die lewering van steggies van nuwe kultivars te voorkom, is om aanwaskwekerye te lisensieer en op kontrakbasis te vergoed. Kultivars wat deur die GKBK geselekteer is, word eers vrygestel as daar genoeg moederplante is. Alle moederplante bly die eiendom van die LNR, wat alle bestellings van boere hanteer.

Die kwekerye word streng gekeur volgens hul vermoë om gehalte te verseker, om só te keer dat nuwe kultivars in die verkeerde hande beland. Die eienaars van gelisensieerde kwekerye kry lidmaatskap van die beoordelingskomitee.

'n Aantal kwekerye is reeds gelisensieer, hoofsaaklik in die Wes-Kaap. Kwekerye in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Mpumalanga is ook gekeur. Die komitee is op soek na kwekerye in die Hoëveld wat deel wil word van dié skema omdat die fynbosbedryf in die noordelike provinsies die laaste paar jaar beduidend gegroei het.

Die LNR se siening is dat dit onmoontlik is om die gebruik van ontwikkelde kultivars tot Suid-Afrikaanse produsente te beperk omdat planttelersregte nooit wêreldwyd afgedwing kan word nie en die inheemse blommeteelprojek dit nie kan bekostig nie. Daarom word 'n internasionale vrystellingstelsel ook ernstig oorweeg.

Dr. Littlejohn sê verskeie van die land se fynboskultivars het reeds in die hande van buitelanders beland wat dit, sonder enige voordeel vir Suid-Afrika, kommersieel verbou. Boonop het hierdie produsente in baie gevalle 'n mededingende voordeel met veral proteas, soos minder siektes en 'n blomtyd wat in die optimale bemarkingstyd in Europa val.

Hoewel buitelandse mededinging nog nie 'n ernstige bedreiging vir die plaaslike bedryf is nie, is die volgehoue verbetering van kultivars, volgens dr. Littlejohn, die enigste manier hoe die bedryf aan die voorpunt kan bly.

Die beheerde vrystelling aan deelnemende kwekerye in die buiteland sal die LNR in staat stel om formele ooreenkomste met hulle aan te gaan en só sy inkomstebasis te vergroot. Dít sal gepaardgaan met proefprogramme wat plantmateriaal volgens 'n streng ooreenkoms aan die kwekerye beskikbaar sal stel. Die kwekerye moet binne vier jaar vandat hulle die plante ontvang het, besluit of die kultivar geskik is. Indien nie, moet hulle die plantmateriaal vernietig, of namens die LNR aansoek doen om planttelersregte daarop in die betrokke land te registreer.

Dr. Littlejohn sê dit is noodsaaklik dat die LNR 'n inkomste verdien uit die kultivars wat hy ontwikkel. Die LNR het in 1974 met die teling van proteas en fynbos begin en oor die jare sy genebank uitgebou en kundigheid opgebou wat noodsaaklik is vir dié bedryf. Sy sê die ontwikkeling van nuwe kultivars kan nie maklik deur 'n boer aangepak word nie omdat sommige spesies en kultivars baie moeilik kruis. Omdat fynbos inheems is aan Suid-Afrika, is die werk van die Fynbos-eenheid volgens haar ook uit 'n bewaringsoogpunt 'n bate vir die land.

Ingedeel volgens handelswaarde

Die Gesamentlike Komitee vir Kultivarbeoordeling verdeel kultivars in die volgende vier kategorieë, volgens die kommersiële waarde daarvan:

Kultivars met handelsmerke en planttelersregte. Dié kultivars word as superieur beskou nadat dit volgens die nuwe geïndekseerde graderingstelsel gemeet is en die komiteelede eens is daaroor. Boere sal 'n produksieheffing ('n persentasie van hul inkomste uit die kultivars) aan die LNR oorbetaal, sowel as tantieme op steggies. Dié kultivars word dus onder produksiekontrakte verbou.

Kultivars wat deur planttelersregte beskerm word. Kultivars moet voldoen aan die vereistes wat gestel word vir die toekenning van planttelersregte. Dit is onder meer uniekheid, stabiliteit en die vermoë om nageslag te lewer wat eg aan die plantsoort is. Die komitee moet ook, op grond van die indeksgradering, eens wees dat dit in 'n redelik groot gebied verbou sal kan word. Boere sal tantieme op steggies betaal.

Kultivars wat deur kontrakte beskerm word. Hierdie is kultivars wat nie aan die vereistes vir planttelersregte voldoen nie, omdat dit byvoorbeeld nie op die regte tyd blom nie. Dié kultivars sal aan individuele boere beskikbaar gestel word om dit onder streng voorwaardes en op kontrak te verbou. Hierdie kultivars sal in besendings van 250 beskikbaar wees en 'n huurheffing sal per besending betaal word.

Genebankmateriaal. Dit is kultivars wat nie geskik is vir die verbouing van kommersiële snyblomme nie, maar wat wel vir teeldoeleindes, of uit 'n historiese of bewaringsoogpunt belangrik is.

Die

geïndekseerde graderingstelsel verdeel fynbos volgens die genusse Protea,

Leucospermum en Leucadendron

, met onderafdelings vir elkeen.

'n Kultivar word onder meer beoordeel op grond van die soort produk wat dit is en hoe sy blomtyd vergelyk met die tyd wanneer die vraag (én die prys) die hoogste is. Die optimale bemarkingstyd vir die Europese mark is September tot Februarie, terwyl baie kultivars in die herfs, winter en lente blom.

Ander dinge waarna gekyk word, is hoe maklik of moeilik dit is om die kultivar te verbou, die voorkoms en groeivorm van die plant, die steellengtes van die blomme, hoe goed blomme verpakking en vervoer oorleef, en die kleur en vorm van die blomme. Volgens dr. Gail Littlejohn, spesialiswetenskaplike by die LNR, wil die Europese mark blomme met ryk kleure of kleurkontraste hê, en by speldekussings moet die blom so rond moontlik wees. Die tyd van die jaar speel ook 'n rol - tydens Kersfees is rooi en wit blomme byvoorbeeld baie gewild. Die gradering van die kultivar word uitgedruk as 'n persentasie. Die waarde daarvan vir die bedryf word dan beoordeel deur dit te vergelyk met bestaande, soortgelyke kultivars. Die komitee beoog om die resultate van die graderings saam met foto's van die plant (en sy blomme) aan boere beskikbaar te stel, sodat hulle ingeligte besluite kan neem. 16 Augustus 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.93
-0.2%
Rand - Euro
18.69
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,022.94
-0.2%
Palladium
1,683.39
+0.8%
Goud
1,913.85
+0.1%
Silwer
23.48
+0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,681
+0.1%
Alle aandele
79,852
+0.1%
Hulpbronne 10
74,583
-0.1%
Industriële 25
102,805
+0.2%
Finansiële 15
16,575
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot