AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Nuwe grondveseenheid vir Sapo

Sapo Trust, die plantverbeteringsorganisasie van die sagtevrugtebedryf, het onlangs sy nuwe grondveseenheid op 'n proefplaas naby Riviersonderend amptelik in werking gestel.

Sapo Trust, die plantverbeteringsorganisasie van die sagtevrugtebedryf op Stellenbosch, het onlangs sy nuwe grondveseenheid op die Tygerhoek-proefplaas naby Riviersonderend amptelik in werking gestel. Sowat 25ha gaan uiteindelik onder steen- en kernvrugte asook

tafeldruiwe aangeplant word.

Die Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsorganisasie (Sapo Trust) het pas sy grondveseenheid na die Tygerhoek-proefplaas buite Riviersonderend verskuif. Dit was op Fleurbaix by Stellenbosch, maar die afgelope sowat nege jaar is reeds na 'n geskikte alternatiewe perseel gesoek.

Sapo Trust is verreweg die grootste organisasie in sy soort in die land en dien die sagtevrugtebedryf almeer as 33 jaar.

Die perseel op Fleurbaix, wat reeds sedert die laat 1980's die grondvesblokke gehuisves het, het ondanks sy sentrale ligging tog sekere tekortkominge gehad. Goeie grondvesblokke is afgesonder van ander vrugsoorte en dit is nie altyd die geval op Fleurbaix nie.

Mnr. Ferdi van Zyl, sake-eenheidsbestuurder vir patologie en registrasie,het met die inwydingseremonie op Tygerhoek gesê dit het risiko's vir die tafeldruiwe en steenvrugte ingehou. Boonop het kernvrugte nie goed aangepas daar nie. Ná die afskaling van die nasionale Departement van Landbou se sertifiserings- en inspeksiedienste,

asook virustoetse, is 'n eie kernfasiliteit in 1998 op Fleurbaix gevestig, maar die soeke na 'n ander geskikte perseel het voortgeduur. Verskeie persele is ondersoek.

Tygerhoek se ou proteapersele het onder Sapo Trust se aandag gekom. Ná onderhandelinge met die Wes-Kaapse department van landbou is verlede jaar 'n langtermynhuurkontrak van tien jaar, met die opsie om dit met minstens nog tien jaar daarna te verleng, beding.

Van Zyl sê daar is dadelik aan die werk gespring om die perseel van sowat 25ha skoon te maak en te ontbos voordat met grondvoorbereiding begin is. Besproeiingsbeplanning is gedoen, pompe geïnstalleer en geboue is opgeknap. Benewens die grondveseenhede is grondveskwekeryeenhede ook daargestel. Aanvanklik is beoog

dat dit teen Maart 2010 gereed moes wees, maar deur harde werk is dit reeds in September vanjaar ingewy. Grootskaalse aanplantings is al vroe&eumlr vanjaar gedoen.

Die kerntonnels en hoofkwartier van Sapo Trust bly egter op Fleurbaix, sê hy. Twaalf personeellede sal uiteindelik die

eenheid op Tygerhoek bedryf, van wie vyf vanaf Stellenbosch daarnatoe verskuif.

Me. Joyene Isaacs, hoof van die department van landbou in die Wes-Kaap, wat die inwydingseremonie waargeneem het, het gesê dié projek is 'n voorbeeld van hoe goeie vennootskappe in die landbou funksioneer. Die vennootskap tussen haar departement en Sapo Trust is 'n wen-situasie vir die landbou en vrugtebedryf in die

provinsie as geheel.

Die vrugtebedryf is uiters belangrik in die Wes-Kaap en met die nuwe grondvesperseel

kry dit nou 'n stewige basis waarop dit verder kan groei. Sy het die department van landbou in die provinsie se heelhartige samewerking hierin beloof.

Sapo Trust was vroe&eumlr vanjaar ook in die nuus toe hy 'n ISO 9001-sertifisering vir uitstekende bestuur ontvang het van SAI Global, 'n Australiese serti.seringsmaatskappy met verteenwoordiging in meer as 100 lande. Dit het Sapo Trust se internasionale aansien sodanig in die kollig geplaas dat dit nou as een van die bestes in sy soort

ter wêreld gereken word.

Landbouweekblad, 26 Oktober 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.37
+0.2%
Rand - Euro
19.66
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
964.04
+0.4%
Palladium
1,421.37
+0.3%
Goud
1,966.54
-0.4%
Silwer
23.28
-0.2%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,754
+0.4%
Alle aandele
76,331
+0.4%
Hulpbronne 10
66,448
-0.0%
Industriële 25
103,298
+1.0%
Finansiële 15
15,569
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Soek na iemand wat saam met my sal lag...
Vol skerp grappies, reg om iemand se dag op te helder, opsoek na my pasmaat wat saam met my kan lag en die lewe geniet. Hou daarvan om aktief te wees, crossfit en ry dan en wan...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot