
Goeie nuus vir Suid-Afrika se lietsjieprodusente is dat ten minste drie nuwe lietsjiesoorte binnekort aan die bedryf beskikbaar gestel gaan word. Een van die drie word reeds op ’n kommersiële skaal by produsente uitgetoets.
Dr. Org van Rensburg, direkteur van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse (LNR-ITSG) op Nelspruit, het tydens ’n lietsjiestudiegroepvergadering gesê die nuwe lietsjies is reeds in die finale stadium van evaluasie en registrasie.
Die nuwe lietsjies sluit ten minste een vroeë- en een laat-variëteit in en die grootste voordeel vir produsente is dat die huidige relatiewe kort seisoen daarmee verleng kan word.
22 Junie 2009