AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Nuwe middelklas vra meer groente

Suid-Afrikaners het deesdae meer geld om aan groente en vrugte te bestee. Op 'n onlangse boeredag is meer as 20 nuwe kultivars bekend gestel om in die groeiende verbruikersvraag te voorsien.

Sommige groentesoorte het baat

gevind by die snelle groei in die

middelklas, terwyl ander, soos

kopkool, die wind van voor gekry

het.

Volgens mnr. Nico van Rensburg, nasionale

verkoopsbestuurder van die saadmaatskappy

Starke Ayres, is wortels een

van die gewasse wat die gewildheidsleer

geklim het namate Suid-Afrikaners se besteebare

inkomste meer geword het. "Die

verbruik van wortels het verdriedubbel,"

het hy op die maatskappy se boeredag op

die Oostenberg-proefplaas naby Stellenbosch

gesê.

Hy skryf dit toe aan verskeie redes: Die

gehalte van wortels, verbeterde boerderypraktyke,

beter verpakking en groter beskikbaarheid

op winkelrakke.

"En dan natuurlik die ekonomie in Suid-

Afrika. Eetpatrone het verander en wortels

is een van die gewasse wat daarby baat gevind

het. Kool het nie."

Volgens hom is net drie gewasse gewilder

as wortels by Suid-Afrikaanse verbruikers.

Aartappels is die gewas wat die meeste

ge&eumlet word, gevolg deur tamaties en uie.

Wortels kom deesdae in allerhande

gedaantes voor. Selfs die kieskeurigste

verbruiker kan tevrede gestel word. Voorafverpakte

en verwerkte wortels is veral gewild.

Boere wat wortels plant, kan waarde

toevoeg deur dit in dun repies te laat kerf

(julienne), baba-worteltjies te kweek of ronde

wortels te laat sny.

Hoewel die oorsese markte deesdae

weer na groente en vrugte se oorspronklike

kleure neig, is wortels deesdae ook in

roomkleur (Creme de Lite), rooi en geel

beskikbaar.

"Verpakking word eerder gebruik om

produkte interessant te maak," sê Van

Rensburg oor die neiging.

Die saadmaatskappy het op sy boeredag

31 geelwortelkultivars vertoon. Minstens

drie hiervan is vanjaar bekend gestel.

Mnr. Bryan Featenby-Smith, besturende

direkteur van Starke Ayres, sê die maatskappy

se telingsprogram het veral die

afgelope paar jaar voorrang geniet. "Ons

materiaal het die afgelope sewe jaar werklik

op straat verskyn. Ons het baie moeite

met plaaslike teling gedoen."

Geelwortels

STAR 3006 is steeds die internasionale standaard

vir alternaria-weerstand by wortels

en word op groot skaal vir bevriesing en

versapping gebruik. Dit is 'n donkerkleurige

wortel met goeie eenvormigheid en 'n

sterk lof-aanhegting. Die kultivar vereis egter

goeie waterbestuur om te voorkom dat

dit hard word.

Maestro is die verbetering op STAR 3006.

Dit is die maatskappy se basterkultivar

waarvan die meeste saad verkoop word.

Die wortel het 'n beter en meer egalige

kleur en is effens kleiner as STAR 3006.

Maestro kan al in Augustus en September

gesaai word (Oktober tot einde Februarie

word aanbeveel), maar dan moet 3% tot

5% saadskiet in Desember verwag word.

Nog 'n ou gunsteling uit Starke Ayres se

wortelbedding is Laguna. Dit is 'n Nederlandse

hibriedmet 'n kleiner lob. Dit is geskik

om in die somer in die Kaap en in die Noorde

van Maart tot Augustus gesaai te word.

Van Rensburg sê Laguna het 'n "baie

ho&euml uitpak", maar is gevoelig vir alternaria.

As dit meganies geoes word, word die

kanse vir alternaria egter beperk.

Laguna se alternaria-probleme is die

hoof gebied met 'n splinternuwe kultivar:

CA 651. Hierdie wortel is soortgelyk aan

Laguna, maar het die alternaria-weerstand

van Maestro. "CA651 het 'n baie sterk aanhegting,

wat gaan help as produsente meganies

wil oes. Dit maak dus 'n lekker verskil,

veral as jy arbeidsprobleme het."

CA 628 sal in Januarie 2009 in kommersi&eumlle

hoeveelhede beskikbaar wees. Dit

duur 'n bietjie langer om oesgereed te raak,

maar gee 'n goeie opbrengs. Dit is 'n groter

wortel en is dus veral geskik as bossies vir

die varsmark of groot voorafverpakkings.

CA 637, die derde nuwe hibried, het 'n

mooi kleur en leen hom veral tot versapping

en verwerking.

Onder die Imperator-tipes is Topcut 'n

opwindende kultivar. Volgens Van Rensburg

is die Amerikaners gaande oor Topcut

en wend hulle dit veral aan vir verwerkte

ronde wortels of baba-wortels.

Topcut verskil van sy voorganger Primecut

deurdat dit korter en meer silindries is.

"Jy het dus 'n groter verhaling as jy gesnyde

en geskilde wortels produseer," sê Van

Rensburg.

Murgpampoentjies

Wat murgpampoentjies betref, sê mnr.

Frikkie Bam, verkoopsbestuurder vir die

noordelike streke, is kleur die groot kwessie.

"Nou wil almal murgpampoentjies so

donker as moontlik hê. Maar hoe ligter die

murgpampoentjies, hoe groter is die opbrengs.

Die rede is siektebestandheid. Ons

het verskillende tipes vir verskillende tydgleuwe.

Die plaaslik geteelde murgpampoentjies

is net so goed soos die ingevoerde

kultivars."

STAR 8021 en STAR 8023 is nuwe hibried-

murgpampoentjies. STAR 8021 het 'n

medium-donkergroen kleur en word vroeg

ryp. Dié hibried het ho&euml opbrengspotensiaal

en is bestand teen die ZYMV-viruspakket.

STAR 8021 is bedoel vir 'n dubbele

mark: Verwerkers en die varsmark sal hom

opraap.

STAR 8023 is 'n blinker groente met

uitstekende silindriese vorm en 'n klein

raamwerk, korter blaarstingels en 'n ho&euml

oespotensiaal. STAR 8023 is beskikbaar met

'n volledige virusprogram.

STAR 414 is weens die langer lengte

hoofsaaklik gemik op die verwerkersmark.

Wat dié kultivar uniek maak, is die gladde,

lang blaarsteel. Die vrugte pluk dus makliker,

want daar is nie fyn dorings wat arbeiders

steek nie. Dit kneus ook nie so maklik

nie.

Spanspekke

Volgens me. Julia Thorpe, nasionale bestuurder

van rankgewasse, het Starke

Ayres 'n "enorme reeks spanspekke", want

elke mark het sy eie vereistes. "Ons is baie

gefokus op die verbruiker se behoeftes, en

dus baie markspesifiek."

STAR 8819 val in die ou Athena-kategorie,

maar het verbeterde eienskappe wat

ontwikkeling aanbetref, byvoorbeeld kleiner

saadlobbe, beter netontwikkeling en 'n

langer raklewe.

STAR 8818 is 'n Amerikaanse kultivar

met 'n vroe&euml Brix-ontwikkeling. Die

spanspek se nate is goed ontwikkel, wat

dit ideaal maak vir verbruikers wat dit in

skywe wil sny. Die vrug spog ook met 'n

verlengde raklewe, wat dit geskik maak vir

die plaaslike en verwerkingsmark.

Wat spanspek-hibriede betref, bied die

maatskappy die splinternuwe Magisto,

Magritte en Magenta. Al drie voldoen aan

Woolworths se vereistes en is ook geskik vir

die uitvoermark.

Honey STAR, Esmerelda en Gilat is die

nuwe groen spanspekke. Honey STAR het

'n verbeterde weerstand teen poeieragtige

meeldou en danksy die ferm vleis ook 'n

lang raklewe.

Esmerelda is spesiaal geteel om met

skeepsvrag uitgevoer te word. Dié spanspek

behou sy groen kleur baie langer en is ook

effe kleiner (die vrugte weeg tussen 0,8 kg

en 1,2 kg). Dit is ideaal vir die ontbyt-, uitvoer-

en supermark.

Waatlemoene

Thorpe sê die mark vir pitlose waatlemoen

toon groot potensiaal. "Dit lyk dikwels

mooier, het 'n langer raklewe en is ook soeter.

Die geel waatlemoene het waarde as

nuwighede. Dit trek aandag. Die deursnee verbruiker

hou daarvan as sy voete onder

hom uitgeslaan word."

Sy sê weens die sterk kleurkontras teel

hulle nie geelwaatlemoenmet pitte nie. "Ek

is oortuig die pitlose mark sal groei. Daar

is nou 'n paar honderd hektaar geplant en

baie supermarkte het nog nie pitlose waatlemoene

op hul rakke nie."

Die kleiner, pitlose waatlemoen is geskik

vir die uitvoermark, terwyl die groter vrugte

plaaslik verbruik word.

Passion is 'n pitlose basterwaatlemoen

wat ongeveer 85 dae tot 90 dae neem om

geoes te word. Die skil is donkergroen,

sonder enige strepe en die vleis 'n dieprooi.

Passion is uiters geskik om vervoer te word

en sal geskikwees vir die varsmark, supermarkte,

verwerkers en uitvoer.

Kropslaai

Die welbekende slaai-kultivar Commander

se jonger boetie Commandant bied goeie

weerstand teen entbrand. Die kitskosreus

McDonalds het reeds aangedui hy hou van

dié kultivar. Dit lewer 'n ferm kop met 'n

goeie gewig (tussen 700 g en 950 g).

Pampoene

Mnr. John Herbert, produkbestuurder, sê

daar is 'n uitvoermark vir botterskorsies,

veral na Spanje.

Dié markte soek groente wat nie meer

as 1 kg elk weeg nie. M0730 weeg 800g tot

900g. Hoewel proewe nog aan die gang is,

sê Herbert dis 'n soet groente wat sonder

suiker geniet kan word.

Anders as STAR 7022 is die verbetering

daarop, STAR 7026, se vleis baie hard. Die

pampoene kan daarom maklik opgeberg

word. Dit is nuttig wanneer die pryse nie

gunstig is nie. Boere kan dan voorraad terughou

en dit later bemark. Die vrug se

saadholte is klein, dit is 'n semi-bostipe en

die opbrengs is uitstekend.

STAR 7027 is soortgelyk aan STAR 7026,

maar dit is 'n rankplant wat kleiner vrugte

gee. Volgens Herbert het dit 'n baie sterk

viruspakket (geskik vir die virusdruk in

Noord-Natal) en harde vleis.

Nuwe kultivars en hibriede vir tamaties,

soetrissies, brandrissies, mielies en brassicas

is ook beskikbaar.

Landbouweekblad, 21 Maart 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.80
-1.0%
Rand - Pond
20.20
+0.1%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,716.86
-0.6%
Silwer
20.67
-1.9%
Palladium
2,258.50
-2.8%
Platinum
923.50
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot