AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9780,8
66,80
CORN
29 Mrt
-
4528
-12,00
SOYA
29 Mrt
-
8248
5,00
SUNS
29 Mrt
-
8809
102,00
WEAT
29 Mrt
-
6695
5,00
WMAZ
29 Mrt
-
3845
-38,00
YMAZ
29 Mrt
-
4060
-35,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Nuwe pere laat w

'n Blos-peer met 'n kersierooi wang en miniatuur-peertjies uit Suid-Afrika behoort eersdaags die wêreld te laat regop sit.

'n Blos-peer met 'n kersierooi wang en miniatuur-peertjies uit Suid-Afrika behoort eersdaags

die wêreld te laat regop sit. Dit hou ook prysvoordele vir plaaslike produsente in.

Rooiblos-pere behaal uitsonderlike pryse op die wêreldmarkte

en Suid-Afrika is die toonaangewende verskaffer

daarvan.

Die ontwikkeling van nuwe peerkultivars vir die

Suid-Afrikaanse sagtervrugtebedryf is 'n tydrowende

en duur navorsingsproses. Nuwe, ingevoerde

peerkultivars is gewoonlik swak aangepas by Suid-

Afrikaanse klimaatstoestande. Om die plaaslike peerbedryf

mededingend op wêreldmarkte te hou, is dit noodsaaklik om

nuwe, unieke, klimaatsaangepaste en winsgewende kultivars

te ontwikkel.

Die peerteelprogramvan die Landbounavorsingsraad

(LNR) se Infruitec-Nietvoorbij-instituut vir Vrugte,Wingerd

En Wyn het twee rooiblos-kultivars ontwikkel, naamlik

Rosemarie en Flamingo. Hierdie kultivars is ongeveer 14 jaar

gelede aan die Suid-Afrikaanse peerbedryf beskikbaar gestel.

Hierdie twee kultivars het uitsonderlike pryse op Europesemarkte

behaal omdat Suid-Afrika van die min lande ter

wêreld is wat rooiblos-pere kan produseer.

'n Hele reeks rooiblos-peerseleksies (van vroeg tot laat ryp)

van dié LNR-teelprogramword tans verder saam met die

Sagtevrugte-produsentetrust (SPT) en sekere Suid-Afrikaanse

bemarkers geëvalueer.

Een van hierdie nuwe blos-pere is só belowend dat daar die

afgelope seisoen reeds aansoek gedoen is omplanttelersregte,

met die oog op beskikbaarstelling. Hierdie blos-peer het die

groot voordeel dat dit nie die bloskleur tydens hoë temperature

verloor nie ('n groot probleem by bestaande blos-pere).

Verder is die blos 'n baie helder kersierooi, wat die produk

besonder aantreklikmaak.

Die goeie smaak van dié rooiblos-peerseleksie ná opberging

is 'n groot verbetering op die bestaande bloskultivars, wat ná

opbergingmeestal 'n middelmatige smaak het.

Die ontwikkeling van nuwe peerkultivars met 'n prominente

rooi blos wat winsgewend verbou kan word, bly 'n voorrangsaak

binne die instituut se peerteelprogram. Die program

is wêreldwyd bekend vir die ontwikkeling van sulke pere.

Afgesien van die rooiblos-kultivars en -seleksies wat tans

binne die programontwikkel word, word daar ook verskeie

miniatuur-pere ("baba-pere") in die evaluasieboorde op die

LNR se proefplaas by Grabouw-Vyeboom ontwikkel. Wat

hierdie pere so besondersmaak, is dat dit 'n tipiese peervorm

het,maar betekenisvol kleiner as normale peerkultivars is. Nóg

'n unieke eienskap van sommige van die miniatuur-peertjies is

dat die vruggies regstreeks van die boomaf geëet kan word.

Verskeie miniatuur-peerseleksies met besonderse kleure,

soos 'n rooi blos, is reeds deur die programontwikkel. Die

LNR is tans besig om met 'n plaaslike

bemarker van vrugte te onderhandel vir

die eksklusiewe uitvoer en bemarking

van hierdie pere.

In die lig van die uniekheid en die

nismarkpotensiaal van hierdie produkte,

word voorsien dat die verpakking en

bemarking spesifieke aandag salmoet

geniet omverdere waarde tot die produk

toe te voeg.

Daar kan met sekerheid aanvaar

word dat daar slegs 'n beperkte vraag

na miniatuur-pere sal wees. Die vraag

sal egter vinnig toeneemsoos die

produkmeer bekend word en die

reeks verder vergroot word.

Miniatuur-peertjies kan onder

meer vir dekoratiewe garnering in

die restaurantbedryf gebruik word,

in die voorbereiding van nageregte

en veral as gesogte vrugte vir kleuters. Groot belangsteling

is ook uit die lugvaartbedryf ontvang, waar dit uiters

geskik kan wees vir kosbediening aan boord van vliegtuie.

'n Mensmoet aanvaar dat nog navorsing nodig sal wees

voordat hierdie miniatuur-vruggies op die rakke te sien sal

wees,maar weens die groot belangstelling daarin is daar die

afgelope seisoen aansoek gedoen omplanttelersregte op vyf

van hierdie seleksies,met die oog op beskikbaarstelling.

Daar is wêreldwyd 'n soeke na verbeterde en winsgewende

peerkultivars. Tans is daar wêreldwyd min peerkultivars wat

suksesvol gekommersialiseer word. Die feit dat daar boonop

wêreldwyd 'n oorproduksie van pere bestaan,maak dit vir

produsentemoeilik omwinsgewend te bly. Die instituut saam

met die SPT het dit juis ten doel om met die voorsiening van

nuwe, verbeterde kultivars nuwe lewe in die plaaslike peerbedryf

te blaas.

Vrugte se opbergvermoë bekyk

Die lang afstande tussen Suid-Afrikaanse produsente en

hul uitvoermarkte vereis kultivars wat 'n goeie opbergvermoë

het.

Infruitec-Nietvoorbij, die Landbounavorsingsraad se Instituut

vir Vrugte, Wingerd en Wyn, se teel- en evaluasieafdeling

het in die 2006/'07-seisoen talle vrugtemonsters

geëvalueer.

Die instituut het 'n koelkamerkompleks met verskeie

gewone koelkamers en beheerde-atmosfeerkoelkamers

asook rypmaakkamers waarin proefvrugte opgeberg word.

Die eerste vrugte word gewoonlik einde Oktober

ontvang en die laaste vrugondersoeke geskied in Augustus

van die daaropvolgende jaar. Vrugte van verskillende

gebiede en wat by verskillende grade van rypheid gepluk

is, maak die resultate meer betroubaar.

Kultivars word ook 'n paar seisoene lank ontvang om

die effek van klimaat en verbouingstoestande te evalueer.

Finale gehalte-evaluasie geskied ná 'n raklewe-tydperk.

'n Volledige reeks gehalteparameters word vir elke vrugtipe

geëvalueer. Groot klem word op die voorkoms van

interne defekte gelê, aangesien dit vertroue in plaaslike

kultivars ernstig kan benadeel.

Navorsers kan op grond van dié projek besluit of belowende

kultivars of seleksies geskik is vir beskikbaarstelling

aan die plaaslike sagtevrugtebedryf.

  • Mnr. Taaibos Human is verbonde aan die Infruitec-Nietvoorbij-instituut

    vir Vrugte, Wingerd en Wyn op Stellenbosch.

    Landbouweekblad, 26 Oktober 2007

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.15
    +0.1%
    Rand - Pond
    22.37
    +0.2%
    Rand - Euro
    19.65
    +0.2%
    Rand - Aus dollar
    12.09
    +0.7%
    Rand - Jen
    0.14
    +0.9%
    Platinum
    960.93
    +0.1%
    Palladium
    1,416.63
    -0.0%
    Goud
    1,964.19
    -0.5%
    Silwer
    23.20
    -0.6%
    Brent-ruolie
    78.65
    +0.7%
    Top-40
    70,473
    +0.0%
    Alle aandele
    76,039
    -0.0%
    Hulpbronne 10
    66,185
    -0.4%
    Industriële 25
    102,919
    +0.6%
    Finansiële 15
    15,495
    -0.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Hou van kamp
    Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
    Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
    Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot