AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Nuwe woema vir ou grond

"Ou" en dooie grond kan binne vyf jaar sy tweede asem kry.

Die oorsprong van die meeste siektes in wingerd en ander gewasse kan teruggevoer word na ongebalanseerde voedingstoestande. Deur terug te keer tot so na moontlik aan 'n natuurlike grondtoestand deur "organiese bemesting", kan die meeste wanbalanse voorkom word.

Dit kan met reg gesê word dat die mens die oorsaak is van verreweg die meeste siektes in gewasse, waaronder wingerd. Uitstekende landbougrond gaan daagliks tot niet weens die mens se ondeurdagte optrede vir korttermyn-voordeel.

Tog is daar hoop: "Ou" en dooie grond, wat weens chemiese praktyke oor jare tot niet gegaan het, kan doelmatig binne sowat drie tot vyf jaar herstel word deur goeie organiese kompos en kompostee wat ryk is aan mikro-organismes, toe te dien.

Só sê mnr. Johan van Niekerk, 'n direkteur van Fruits Unlimited wat tafeldruiwe grootliks vir uitvoer op sy plaas Die Denne in die Vier-en-twintigriviere-vallei, naby Porterville, produseer. Hy is deel van 'n groepie boere wat druiwe in ten volle organiese toestande produseer.

Hy sê organiese boerdery is niks nuuts nie, want dit is die oudste vorm van boerdery deurdat dit in antieke tye begin het. In die vrye natuur is daar niemand wat kunsmis toedien en teen plae spuit nie, en tog is wilde vrugte baie gesond en plaagvry.

In 'n organiese omgewing is die grond ryk aan bakterieë, swamme en protosoë, asook miljoene ander mikro-organismes. Dit is alles deel van die natuurlike stikstof- en koolstofkringlope in die grond. Wingerd (en enige ander plant) in sulke grond is gesond, in ewewig en vrugbaar.

As 'n voedingsbehoefte sou ontwikkel omdat daar byvoorbeeld meer sonlig en bladgroen aanwesig is as wat daar beskikbare voedingstowwe in die selsap is, word "ensiemboodskappe" deur die wortels aan die mikro-organismes gegee. Dit is om basiese voedingstowwe te bekom in ruil vir koolhidrate. Só 'n natuurlike uitruiling is voortdurend aan die gang tussen die plant en grondorganismes en gebeur presies wanneer die plant dit nodig het.

Dít, sê Van Niekerk, is die kern en grondslag van organiese voeding.

Bakterieë in lewende, organies gebalanseerde grond het die vermoë om tot 400 kg stikstof per jaar aan 'n plant beskikbaar te stel. 'n Wingerdplant het verreweg nie soveel stikstof per jaar nodig nie. Grond is nie net die medium wat die plant regop hou nie, maar 'n komplekse, saamgestelde lewende organisme wat in 'n omvattende simbiose met die plant saamleef.

Aan die ander kant is chemiese voeding. Organiese voeding kan vergelyk word met 'n mens wat altyd voedsel in alle vorme beskikbaar het, terwyl chemiese voeding wat periodiek toegedien word, vergelykbaar is met iemand wat een keer per maand 'n vrag kitskos eet en die res van die tyd honger ly.

Stikstof, fosfaat en kalium is die hoofelemente van chemiese plantvoeding. Dit word meestal in 'n soutvorm toegedien. Dit word deur die wingerd opgeneem deur osmose — 'n proses wat die plant geen keuse laat om dit op te neem nie, want die soutkonsentrasie in die plantwortel is baie laer as die chemiese plantvoeding s'n.

Dit hou die wingerdplant in 'n toestand van gunstige voedingstres, wat beteken hy het baie meer voeding in sy selsap beskikbaar as wat die bladgroen en sonlig in daardie stadium in plantgroei kan omskakel.

Dit veroorsaak dat die wingerdplant sekere reuke afgee weens oorvoeding, wat plantluise en ander parasitiese insekte soos dopluis en witluis, lok om die plant te help "verlos" van die oordadige voedselsituasie. Dié reuke is onnatuurlik en bloot 'n meganisme om van oortollige voedsel ontslae te raak.

Sodra die voedsel in die selsap opgebruik is, gaan die plant weer in 'n tydperk van ongunstige voedingstres tot die volgende chemiese voedingstoediening. By tafeldruiwe word in 'n tydperk van ses maande gemiddeld drie tot ses keer bemesting toegedien, een tot twee maande uitmekaar. Dit bring mee dat die plante die meeste van die tyd in óf 'n ongunstige óf 'n gunstige stadium van voedingstres verkeer, maar net vir kort tydperke in ideale voedingstoestande.

Weens die wanbalanse in voeding word nuwe selle nie volgens die ideale samestelling van elemente gebou nie. Só gebeur dit dat selle byvoorbeeld met te veel stikstof en kalium opgebou word, maar te min kalsium bevat. Die swakker gehalte van die selwande benadeel die gehalte van die druiwekorrels.

Wat die swak selgehalte in blare betref, word die plant se weerstand teen swamsiektes ook nadelig beïnvloed, terwyl die reuke die infestasie van ongewenste insekte bevorder.

Met chemiese bespuitings word nie net die swamme bestry nie, maar ook ander natuurlike vyande van plae. "Goeie" insekte word geïrriteer en vernietig, wat daartoe lei dat die plae net ál meer met chemiese behandelings bestry moet word.

Dit is dus 'n bose kringloop wat begin by wanvoeding weens verkeerde bemestingsmetodes. En die treurigste is dat eens goeie, lewende grond elke dag swakker word, meen Van Niekerk.

Onkruid is goeie indikatorplante: Hulle ontkiem net as die chemiese balans in die grond vir hulle voordelig is. Sekere onkruide gedy net waar wanbalanse bestaan. As sydissels gedy, is daar byvoorbeeld te min kalsium in die grond, en waar te veel stikstof aanwesig is, groei brandnetels welig.

Onkruid groei altyd in kolle in 'n wingerd of op 'n land, en dit is altyd 'n baie goeie aanduiding van wanbalanse in daardie dele.

In 'n organiese stelsel voed die plant deurlopend en gebalanseerd. Mikro-organismes leef op die blare en in die grond. Simbiotiese aktiwiteite en harmonie bestaan tussen die plant en die mikro-organismes vanaf die verste groeipunt tot die diepste wortels. Dit maak enige plant se weerstand teen siektes en plae dramaties beter. Enige swamsiekte wat 'n plant wil aanval, moet eers meeding met die mikro-organismes wat in algehele simbiose met die plant lewe.

Van Niekerk meen organiese boerdery is sonder twyfel die mees volhoubare soort landbou-verbouing wat bestaan. Elke dag verbeter grond en word lewendiger in regstreekse teenstelling met grond wat daagliks deur chemiese praktyke doodgemaak word.

Hy sê baie boere gebruik die term "ou plaas" en "ou grond", menende die grond is eintlik onvrugbaar weens langdurige gebruik. Tog kan sulke "ou grond" wonderlik lewend wees. Gewasse kan daarin gedy — mits dit oor tyd nie heeltemal deur chemiese behandelings vernietig is nie. Selfs "jong grond" kan in 'n oogwink vernietig word deur verkeerde chemiese behandelings.

Tog waarsku hy dat om honderd persent gesertifiseerd organies te boer, nie altyd die mees kommersieel lewensvatbare metode is nie. Daar is 'n beperkte vraag na sulke produkte in die mark.

Hy het gevind dat 'n goeie kombinasie van organiese en chemiese praktyke kommersieel die mees lewensvatbare, dog volhoubare alternatief is.

"Ou" en dooie grond, wat weens chemiese praktyke oor jare tot niet gegaan het, kan wel binne sowat drie tot vyf jaar herstel word deur chemiese bemesting te kombineer met goeie organiese kompos en 'n mengsel van kompostee wat ryk is aan mikro-organismes, sê Van Niekerk.

Kompos in grond moet voortdurend verryk word, en daarvoor word 'n spesiale, maar eenvoudige kompostee gebruik. Dit is om mikro-organismes in 'n watervorm te kry deur dieselfde water deur goeie organiese kompos te "was" totdat die water ryk is aan mikro-organismes. Dié tee word verder verryk deur molasse en ander voedingstowwe by te voeg.

Die mengsel word as tussentydse voeding toegedien aan plante wat in organies dooie grond gevestig is, totdat die grond só weer "lewend" gemaak is.

As die koste om organies dooie grond weer lewend te maak oor 'n tydperk van vyf jaar bereken word, is dit minimaal. Die eerste drie jaar kos die kompos ekstra, maar dit verdwyn feitlik in die laaste twee jaar. Hoe langer organies geboer word, hoe goedkoper word bemesting, want sodra die stikstofkringloop en mikro-organismes in die grond in ewewig kom, begin die grond na homself omsien en is net aanvullende bemesting van tyd tot tyd nodig.

Dit is 'n algemene wêreldneiging dat daar 'n beweging weg van chemiese behandeling is in 'n meer organiese rigting wat sagte vrugte en tafeldruiwe betref. Die toelaatbare minimum chemiese residuvlakke word feitlik jaarliks verminder om die produk vir verbruikers veiliger te maak.

Van Niekerk se boerdery is deel van die produsente-uitvoermaatskappy Fruits Unlimited. Daar is sowat vyf jaar gelede begin met organiese praktyke. Vandag word hierdie praktyke in die hele boerdery toegepas, asook in dié van die meeste boere wat vrugte en druiwe aan die maatskappy lewer.

Daar word 120 ha tafel- en wyndruiwe van sowat tien kultivars op Die Denne verbou. Daarvan word sowat 20 % suiwer organies verbou volgens voorskrifte van die Britse grondkundevereniging. Dié organisasie doen ook jaarliks inspeksie op die plaas. Op die res van die 120 ha word met 'n kombinasie van organies en chemies behandelde wingerd geboer.

16 April 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot