AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Oesdatum verstom boere

Een van die grootste geheime van die tafeldruifbedryf is op die lappe.

Een van die grootste geheime van die tafeldruifbedryf is op die lappe:

Dit is die oorsprong van die vroegste tafeldruiwe wat nog in Suid-Afrika, en moontlik ook in die Suidelike Halfrond, kommersieel verbou is.

Toe mnr. Abraham Joubert van Hoedspruit verlede jaar op 9 Oktober die eerste trosse ryp tafeldruiwe van die seisoen in sy wingerd op die plaas Jongmansspruit sny, het hy as 't ware 'n merk gemaak in die geskiedenis van die plaaslike tafeldruifbedryf.

En, wat dit merkwaardiger maak, die druiwe is gesny in 'n wingerd wat toe maar 'n raps ouer as 14 maande was. Maar, so al asof dit nie genoeg was nie, die eerste druiwe vanjaar van dieselfde wingerd is nóg sowat drie weke vroeër (op 20 September) gesny en die opbrengs was bykans drie keer meer.

Volgens Joubert is dié prestasie te danke aan 'n vennootskap wat ook sy pa, mnr. Wikus Joubert, 'n landbouprojekbestuurskonsultant, en mnr. Gerhard Mostert, 'n onafhanklike landboukonsultant, insluit.

Joubert sr. het op Jongmansspruit met onder meer piesangs geboer voordat hy as bestuurder van die Piesangkwekersvereniging van Suid-Afrika aangestel is. Hy is deesdae 'n landbouprojekbestuurder vir Du Roi, naby Tzaneen.

Hy het in proewe op die plaas onder meer piesangs verbou in groot kweekhuise met plastiekbedekking. Hoewel die piesangs uitstekend gevaar het, het die hoë koste van die kweekhuis dit onwinsgewend gemaak.

Die kweekhuissituasie op Jongmansspruit het 'n besluit van die Jouberts vereis: Die vier kweekhuise, wat elkeen een hektaar beslaan, moes óf afgebreek en verwyder word óf dit moes so gou moontlik gebruik word vir die verbouing van 'n landbouproduk wat die kapitale koste en die instandhouding van die strukture sou regverdig.

Die vennote het afsonderlik en saam baie huiswerk gedoen en gewasse oorweeg wat in die Hoedspruit-omgewing onder plastiek sou aard. Uiteindelik is besluit om tafeldruiwe, sover bekend in daardie stadium 'n eerste in Suid-Afrika, in kweekhuise onder plastiek te verbou. En omdat Mostert ook 'n besproeiingspesialis is, is besluit om oop hidroponiese besproeiingstelsels in die vier kweekhuise te installeer.

Die mikpunt was om met die kombinasie van die regte kultivar onder plastiek en die oop hidroponiese besproeiingstelsel nie net so gou moontlik in produksie te kom nie, maar ook om onder die eerstes op die mark te wees om die uithalerpryse van die vroeë seisoen te verdien.

Volgens Abraham is die vroegste beskikbare wit pitlose tafeldruifkultivar, Prime, op Richter 99-onderstokke teen einde Julie en begin Augustus 2002 teen 2 000 plante per hektaar in die vier kweekhuise gevestig. Richter 99-onderstokke is gebruik omdat dit bekend is as 'n stadige groeier en die veronderstelling was dat dit die verwagte welige groei van die druiwe onder die plastiek aan bande sou lê.

Die oop hidroponiese besproeiingstelsel lewer presies die regte mengsel en hoeveelheid vloeibemesting op die regte tyd deur 'n drupper aan elke plant. Die stelsel word deur 'n rekenaar beheer en die besproeiingsprogram word volgens die plante se behoefte aangepas om optimale plant-ontwikkeling te verseker.

Die plante is in die winter van 2003 gesnoei en dié proses is met voorbedagte rade tot bykans drie weke uitgerek om vas te stel wanneer die beste snoeityd vir Jongmansspruit sou wees.

Deur die snoeidatum aan te pas, is die oestyd met tot drie weke vervroeg. Die eerste ryp druiwe op Jongmansspruit is vanjaar op 20 September gesny. Altesame 2 500 kartonhouers van 4 kilogram elk is per hektaar geoes.

Joubert erken dat dié oesdatum hulle ietwat onkant betrap het omdat die stertdeel van die tafeldruifoes in die Noordelike Halfrond steeds op Europese winkelrakke beskikbaar was. Dié situasie het die vennootskap gedwing om plaaslik te bemark waar hulle ook teen die laaste van die ingevoerde druiwe uit die Noordelike Halfrond moes meeding.

"Ons sit toe met 'n uitvoerproduk op die plaaslike mark wat ons minder kos om te bemark met 'n kleiner risiko.

"Ons kan nie met die boere in die Wes-Kaap meeding wat opbrengs betref nie, maar omdat ons produk soveel vroeër beskikbaar is, kry ons die beste pryse. Ons het baie geleer van tafeldruiwe die afgelope twee jaar en ons leer steeds . . . soos dat ons die snoeidatum dalk met 'n week moet aanskuif om volgende seisoen 'n week later in die mark te wees," sê Joubert.

Volgens 'n woordvoerder van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Wingerd- en Wynkunde (IWW) op Stellenbosch moet Jongmansspruit se tafeldruiwe beslis die vroegste uit 'n kommersiële boord in Suid-Afrika wees.

In 'n proef op die Messina-proefplaas in Limpopo is tafeldruiwe al so vroeg as Julie geoes, maar dit was op 'n beperkte skaal en in streng beheerde toestande.

In Italië word redelik baie tafeldruiwe onder plastiek verbou, maar in Suid-Afrika het dit nog nie groot aftrek gekry nie, hoofsaaklik weens die koste van die tonnelstruktuur en plastiekbedekking.

Jongmansspruit se Prime-tafeldruiwe het uitstekende pryse op die plaaslike varsproduktemarkte behaal, nie net omdat dit die eerste plaaslike druiwe van die seisoen op die mark was nie, maar ook omdat die gehalte goed was.

Moes eers leer

Omdat tafeldruiwe vir hulle 'n splinternuwe bedryfsvertakking vol onsekerhede was, is besluit om die eerste oes plaaslik te bemark en om later die nodige aanpassings te doen vir die uitvoerproses. Juis daarom is sekere standaardpraktyke vir uitvoer nie in die eerste oesseisoen gevolg nie, sê mnr. Abraham Joubert.

Min aandag is byvoorbeeld gegee aan korrelgrootte, trosseleksie, die gemiddelde trosgewig en die korrekte verpakkingsmateriaal. Dit is interessant dat die korrelgrootte met die eerste oes reeds aan die uitvoerstandaard voldoen het sonder dat die druiwe hormoonbehandeling gekry het.

As alles in die besigheidsplan uitgewerk het, sou die eerste oes (in 2003) 500 kartonhouers van 4 kilogram elk per hektaar lewer. Die verrassing was groot toe hierdie verwagte opbrengs byna verdubbel het tot bykans 1 000 kartonhouers per hektaar.

Volgens Joubert het hulle die afgelope twee jaar baie geleer van tafeldruiwe en die vereistes wat dit in hul omgewing stel. Met die ervaring van die eerste seisoen is 'n paar aanpassings gemaak vir die jongste seisoen wat pas agter die rug is. Die belangrikste aanpassings was die snoeidatum, korreluitdunning en die toediening van gibbereliensuur om die korrelgrootte te verbeter.

26 November 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot