AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Oesmasjien met vele gebruike

'n Nuwe, meerdoelige druiwe-oesmasjien.

'n Nuwe skudderstelsel wat 'n groter vermoë en beter gehalte verseker, asook 'n ontstingelaar om 'n skoner produk aan die kelder te lewer, is van die kenmerke van 'n meerdoelige druiwe-oesmasjien wat ook vir die spuit, top en voorsnoei van wingerde gebruik kan word.

'n Masjien wat aan al die vereistes van die wingerdboer sal voldoen en 'n puik eindproduk lewer waarop elke keldermeester trots sal wees. Dit is hoe New Holland sy nuwe Braud VL-reeks druiwe-oesmasjiene beskryf. Die masjien kan onder meer vir die oes, spuit, top en voorsnoei van wingerd gebruik word.

Volgens mnr. Philippe Bohn, internasionale bemarkingsbestuurder van New Holland-Braud, is die nuwe oesmasjien ontwerp om 'n groter parsvermoë te gee en die gehalte van die produk aan die kelder te verbeter. Lae onderhoudskoste is 'n voorrangsaak, só ook die beskerming van die wingerdstokke.

Die nuwe reeks bestaan uit ses modelle, waarvan een vir nou wingerdrye is. Twee van die nuwe modelle, die VL610 en die VL620, is onlangs in Suid-Afrika bekend gestel. Die twee modelle en die bestaande SB65 sal plaaslik beskikbaar wees met 'n onderhoudsplan wat oor drie jaar strek.

In die oeskamer met sy 14 skudders is vyf gepatenteerde verbeterings aangebring. Die skudders is voor aan 'n vaste pyp gemonteer, maar agter aan buigbare koppelstukke wat die skudderstelsel soepeler maak. Danksy die gewigsbesparing is daar geen traagheid nie, wat die skudderlatte ten volle beheerbaar maak. Dit lei tot groter beskerming van die wingerdstokke en 'n beter produk wat aan die kelder gelewer word.

As gevolg van die eenvoudige ontwerp is die stelsel onderhoudsvry. Geen laers en smering is nodig nie. Omdat die skudderlataanhegting nie daaglikse onderhoud nodig het nie, is daar 'n besparing aan staantyd en onderhoudskoste.

Die skudderlatte kan maklik in- of uitgeskakel word. Die aantal en hoogte van die aktiewe skudderlatte kan maklik en vinnig verstel word om aan te pas by die wingerdstokke van verskillende wingerdblokke en kultivars. Dit verbeter die oesgehalte en bespaar tyd.

Elke skudderlat kan ook apart ontkoppel word. Die ontkoppelde lat bly dan in 'n stilstaande posisie binne die oeskamer.

Die skudderstelsel bied ook die opsie om die vertikale hoogte van die skudderlatte te verstel om aan te pas by die hoogte van die druiwetrosse. Só word gekeer dat groot hoeveelhede blare in die oesproses opgeneem word. Omdat net die nodige latte gebruik word, word onderhoudskoste verlaag.

Die skudderlatte se horisontale spasiering kan elektronies uit die kajuit verstel word om by veranderlike blaarvolumes aan te pas en die oesproses só te vergemaklik. Die aggressiwiteit van die skudders kan ook verstel word om aan te pas by die digtheid van die wingerdstokke.

New Holland se gepatenteerde ontstingelaar is opsioneel beskikbaar. Dit word op die oesmasjien gemonteer, maar beïnvloed nie die inhoud van die grootmaatbakke nie.

Die stelsel ontstingel die druiwetrosse en verwyder ongewenste materiaal sonder om die oessnelheid te beïnvloed. Ongewenste materiaal het dus die minimum kontak met die druiwekorrels. Die eindresultaat is 'n besonder skoon produk.

Volgens proewe van die Franse instituut vir wingerdkunde lewer die oesmasjien se ontstingelaar beter resultate as die tradisionele skoonmaakprosesse by wynkelders.

Die nuwe reeks se bakkies se vermoë is 50 % groter as dié van die vorige reeks. Die bakkies het nuwe aanhegting wat die klinknaels teen verweer beskerm. Dit beteken minder onderhoudswerk en minder verstoppings.

Die vervoerbande is ook só ontwerp dat dit verstoppings verminder en vinnig met 'n outomaties roterende siklus tydens die skoonmaakaksie skoongemaak word.

'n Sentrale smeringstelsel verlaag die onderhoudskoste. Ál die smeringspunte is saamgegroepeer en die ghries word deur pype gebring na die punte waar dit benodig word.

Ál die funksies word hidroulies aangedryf. Daar is dus geen ketting om te smeer nie.

Volgens Bohn is die oesmasjien só ontwerp dat die koppeling en ontkoppeling van die oeskamer en bykomende werktuie, soos wingerdspuite, toppers en voorsnoeiers, sonder enige gereedskap deur net een mens gedoen kan word. Een mens kan binne 15 minute die oeskamer ontkoppel en 'n ander werktuig aanhaak.

Die wingerdspuite wat saam met die meerdoelige trekkereenheid gebruik word, is met die samewerking van Bertroud ontwikkel. Die spuite kan binne sewe minute aan die trekkereenheid gekoppel word. Die spuittoerusting voldoen aan alle veiligheid- en gesondheidstandaarde van die Europese Unie en bied 'n nuwe spuitbalk met outomatiese hoogtebeheer en hidrouliese spasiëring van die spuitkoppe. Drie tenkgroottes is beskikbaar, naamlik 1 600 liter, 2 000 liter en 2 500 liter. Die werking van die spuit word elektronies uit die kajuit beheer.

'n Teleskopiese arm word gebruik vir voorgemonteerde werktuie, soos die toppers en voorsnoeiers. Die operateur kan ook die toerusting sonder enige gereedskap koppel of ontkoppel. Die toppers en voorsnoeiers word deur Binger France ontwerp. Die arm is ten volle verstelbaar en word beheer met die meerdoelige funksiehefboom.

New Holland gaan net die wingerdspuit, topper en voorsnoeier in Suid-Afrika bemark. Oorsee is ook grondbore en toerusting waarmee wingerd geplant word, beskikbaar.

Die oesmasjien word hidrostaties aangedryf. Wringkrag op die voor en agterwiele is met onderskeidelik 10 % en 5 % vergroot. Dit het 'n toestel wat wielglip beperk.

Die VL610 en VL620 word deur New Holland se turbo-aangejaagde sessilinderenjin met tussenverkoeling (6,75 liter) aangedryf. Dié enjin se maksimum drywing is 107 kW.

Albei die modelle se grootmaatbakke is van vlekvrye staal. Twee groottes is beskikbaar, naamlik 2 600 liter en 3 200 liter.

Die kajuit is toegerus met 'n elektriese beheerhefboom, 'n inligtingspaneel, verstelbare stuurkolom en sitplek, sowel as lugversorging en 'n verwarmer.

Die elektriese beheerhefboom is voor die armrus gemonteer en word gebruik om voorwaartse beweging, hoogte-, kantel- en alle oeskamerverstellings te beheer. Die hefboom word ook gebruik om die opsionele toerusting te beheer. Die nuwe stelsel wat die hoogte- en kantelverstellings outomaties handhaaf, bied meer gemak aan die operateur.

Die beheerfunksies wat met die hefboom uitgevoer word, kan ook op die inligtings-paneel verstel word. Ál die verstellings word op die permanente vertoonvenster vertoon.

9 Julie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot