AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Olie uit klip 'getap'

'n Voormalige model woeker nou met olyfbome en hy het reeds 'n bietjie olie gemaak.

Seuntjies hou tog so daarvan om klippe om te keer en vol verwondering te kyk hoe spinnekoppe en akkedisse uit die lig skarrel.

Mnr. Matthew Anderson van die plaas Olyvenhoudt, buite Stilbaai, het stellig dié gewoonte nooit afgeleer nie. Ook maar goed, want die laaste keer wat hy klippe omgekeer het, het hy ook goeie grond vir olyfbome - en dalk 'n paar wingerdstokke - gekry.

Drie jaar later floreer die olyfbome en het hy reeds 'n bietjie olie gemaak. Nie sleg vir 'n man wat homself "'n branderplankryer van Natal wat niks van boerdery weet nie", noem, en boonop vir jare die wêreld platgereis het agter modelkontrakte aan. Die wispelturigheid van die modewêreld het hom gou laat besef dat hy nie vir die res van sy lewe op sy voorkoms vir 'n inkomste kan staatmaak nie, en in 1999 het hy en sy broer grond gekoop.

Vir die twee branderplankryers was die Stilbaai-omgewing 'n natuurlike keuse, maar hulle het gewonder wat om te doen op 'n 16 hektaar-plasie met 'n ou, ingesakte en opgedroogde boorgat as enigste infrastruktuur. Die Mediterreense klimaat, nabyheid van die see en die olienhoutbome (Olea africana) wat so geil op die plasie groei én dra, het hul plan om met olywe te boer, stukrag gegee.

Matthew sê hulle was baie onkundig en die omgewing se mense was boonop erg skepties oor hul planne. Partykeer het hy geglo dié wat sê olywe gaan nooit daar aard nie, is reg, maar dan het hy na die olienhoutbome en klippe gekyk en besef dit werk in ander Mediterreense lande, hoekom nie hier nie?

Sedert Anderson die loopplanke van Milaan en Parys, en hy en sy vrou, Annebelle, later die goeie lewe in Kalifornië vir Olyvenhoudt verruil het, het hy 'n klompie dure, maar goeie lesse, geleer: Soos die waarskuwing van 'n ou boer - wat trouens steeds by hom spook - dat alles wat jy op 'n plaas doen, twee keer soveel kos en drie maal langer duur as wat jy gedink het, en dié van 'n vriend dat enigiets moontlik is, mits jy die regte gereedskap het.

Die lesse kon op geen beter manier gedemonstreer word as toe hulle die vlak kalkkliplaag moes opbreek om die grond vir 'n olyfboord voor te berei nie. Matthew en 'n ander man het eers probeer om met 'n slagboor gate vir die bome te maak. 'n Buurman wat hul gesukkel gadegeslaan het, het voorgestel dat die enigste werktuig met genoeg breekkrag sy 30 ton-masjiengraaf is. Dit sou hulle ook gouer en goedkoper as 'n slagboor help.

Hulle het van die begin af besluit dat Olyvenhoudt 'n familieplaas sou wees en hulle het - sover moontlik - alles self en met die hand gedoen. Annebelle en Matthew se ma het die Kalamata-, Frantoio-, Leccino- en Coratinabome met hul eie hande geplant, en soos babas versorg. Toe sy oupa en ouma vroeër vanjaar daar was om die eerste olyf-oes in te samel, was dit asof hul planne "bymekaar gekom" het.

Hoewel die plaas genoeg ondergrondse water het, het hulle vreeslik gesukkel om die boorgat aan die gang te kry. Nadat hulle die eerste 230 bome in April 2002 gevestig het, het die vreeslike warm Januarie en Februarie van 2003 gevolg sonder dat hul boorgat water gelewer het. Matthew het vir twee maande met die bakkie water van die dorp af aangery om die bome nat te gooi. "As ons die boord deurgewerk het, moes ons weer voor begin. Ons kon nie kanse waag met die nuwe, jong boompies nie."

Ten spyte van alles wat hulle oor olywe geleer het terwyl hulle in Amerika was, was hulle in baie opsigte totaal onkundig toe hulle daarmee begin boer het. "Ons het ons navorsing toegespits op dít wat bokant die grond met die olyfboom gebeur, nie wat ondergronds met die wortels gebeur nie." As hy nou terugdink, besef hy dat hulle nie eens die grondvoorbereiding heeltemal reg gedoen het nie.

Dit lyk tog of die 230 olyfbome wat hulle eerste geplant het, hom sy onkunde vergewe het. Hulle oorleef goed op die brakkerige boorgatwater en het vanjaar - hul derde jaar - reeds 500 kg olywe en 'n olie-opbrengs van 17 % gelewer. Dié olie, met 'n vars pepergeur, smaak sommer vorentoe op Annebelle se plaasbrood. Dáároor stem die kenners - wat onlangs Olyvenhoudt se olie in 'n blinde proe beoordeel het - saam.

Matthew sê mnr. John Scrimgeour, hoof van Buffet Olives, se raad en aanmoediging het hulle ook baie gehelp en die wete gegee dat hulle op die regte pad is.

Die eerste olyfolie wat hulle met die oliemeul uit Italië gemaak het, was nie van hul eie olywe nie, maar dié van 'n ander boer. Matthew dink hy gaan maklik die meul se koste verhaal omdat hul sukses sy bure aangespoor het om ook olyfbome te vestig. Tot dusver is daar al meer as 5 000 bome gevestig. Hy het reeds 1 000 bome en wil op die ou end met 5 000 bome boer. "Dit kan iets groots word," sê hy en spot dat hulle nog hul eie olyffees gaan hou.

Hulle besef dat daar nog baie harde werk voorlê, maar is gereed daarvoor, en as die Suid-Kaap se olyfoliebedryf eers aan die gang is, sal hy die Amerikaanse kwalifikasie wat hy in bemarking en die advertensiewese verwerf het, goed kan gebruik.

Maar waarom sal mense wat regoor die wêreld gewoon en gewerk het, hier kom boer? Suid-Afrika is reg vir olywe, glo Matthew. "Hier is baie potensiaal om 'n olyfkultuur - soortgelyk aan die wynkultuur - te ontwikkel.

"Suid-Afrika bied soveel geleenthede. Hier kan 'n mens nog 'n verskil maak."

Huis, paleis!

Mnr. Matthew en mev. Annebelle Anderson van Olyvenhoudt, Stilbaai, se plan om hul hele plaaswerf met 'n gepakte klipmuur te omring, het ook 'n storie.

Kort nadat hulle die plaas gekoop het, het Matthew en sy broer op 'n bewolkte dag op 'n strand by Devon (aan die suidweskus van Engeland) gesit en wag vir goeie branders. Die son het skielik deur die wolke gebreek en op die kenmerkende gepakte ou klipkraaltjies geskyn. Dít het hulle 'n plan met Olyvenhoudt se klippe gegee.

Matthew het klipwerk hier leer doen. "Almal het help klippe kap. Daar was ou messelaars in die omgewing wat nog onthou het hoe om klippe af te werk (te "dress"). Ek het altyd gedink jy doen dit met 'n hamer en beitel, maar hulle wys toe hoe jy dit met 'n klein byltjie doen."

Hoewel die Mediterreense styl van die plaaswerf en olyfboorde nie doelbewus so beplan is nie, is Matthew en Annebelle daarvan oortuig dat die tyd wat hulle onderskeidelik in die suide van Frankryk en Italië deurgebring het, 'n invloed sou hê.

Die ou plaashuis, wat almal net wou platslaan, was 'n groot uitdaging. Die vloe-re was vrot en daar het bome in die kamers gegroei. Ná maande van harde werk en met Annebelle se flair vir dekor, is die ou huis egter in ere herstel. Ook hier is die klippe ingespan vir 'n eg Mediterreense gevoel. Die houtvloere en mure is stewig en die diep stoep is 'n heerlike kuierplek.

7 Oktober 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot