
Verskeie restaurante is uitgewys nadat ontdek is dat hulle saadolies as Ekstra Suiwer-olyfolie voorgehou het.
SA Olive (SAO), die vrywillige vereniging wat die belange van die Suid-Afrikaanse Olyfbedryf verteenwoordig, het sy misnoë hieroor uitgespreek. “Wanneer so iets in die buiteland gebeur, keur die SA Olyfbedryf dit ten sterkste af, maar wanneer dit in Suid-Afrika gebeur, is ons werklik met afgryse vervul,” sê mnr. Andries Rabie, SAO-voorsitter. “Ons bedryf kan nie bekostig dat verbruikers hul vertroue in diekwaliteitvan Suid-Afrikaanse olyfolies en die geloofwaardigheid van ons etikette verloor nie.”
SA Olive verenig olyf- en olyfolieprodusente, tafelolyfprodusente en olyfboomkwekerye om die bedryf te bevorder, maar ook om die belange van die verbruikers van hierdie gesonde produk te beskerm.
Rabie sê soortgelyke bedrieglike praktyke het voorheen in Suid-Afrika kop uitgesteek. “Dit is hoekom SA Olive reeds in 2005 die Member of SA Olive Commitment to Compliance Scheme (CTC) geïnisieer het as die eerste stap om beheer te verseker oor die etiketteringsprosedures vir plaaslike produkte.”
SA Olive lede se deelname aan die CTC-skema is vrywillig en selfregulerend. Hul toewyding tot die inisiatief word aangedui met ‘n ‘Lid van SA Olive’-seël op hul bottels. Produsente wie se produkte hierdie simbool van geloofwaardigheid dra, bevestig daarmee dat die inhoud 100% plaaslik vervaardig is volgens die SA Olive gedrags- en praktykkode gebaseer op internasionele standaarde.
Diegene wat die CTC-skema ondersteun, etiketteer hul produkte op ‘n eerlike en verstaanbare wyse en dui die varsheid van die olie aan deur die oesjaar duidelik weer te gee.
Verskil tussen Ekstra Suiwer- en Suiwer-olyfolie
“’n Ingeligte verbruiker is ‘n tevrede een,” meen Rabie. “Dit is belangrik dat verbruikers kan onderskei tussen die verskillende tipes olyfolies.” Hy verduidelik dat Ekstra Suiwer-olyfolie ‘n natuurlike, ongeraffineerde olyfolie is met ‘n vry vetsure van minder as 0,8%, geen defekte en ‘n vrugtige karakter.
Vir ‘n plaaslike olyfolie om as sulks geklassifiseer te word, ondergaan dit streng toetse, insluitend ‘n chemiese en organoleptiese analise deur ‘n proepaneel wat deur SA Olive saamgeroep word en elke tweede week in die Paarl byeenkom.
Suiwer Olyfolie is ook ‘n natuurlik ongeraffineerde olyfolie, maar met ‘n vry vetsuur van tussen 0,8% en 2%, en met minimale defekte. Olyfolies wat foutief en dus ongeskik is vir verbruik, het nodig om ‘n raffineringsproses te deurgaan waartydens dit reukloos gemaak en geblyk word.
Die resultaat is ‘n smaaklose, byna kleurlose produk genaamd ‘geraffineerde olyfolie’. Olyfpulp olie, darenteen, is ‘n opgeslote olie wat vanuit die solied-saamgepersde residu ge-ekstraheer word. Dit kan nie as Olyfolie geklassifiseer word of so genoem word nie, spesifiek nie as Pulp Olyfolie wat dikwels op etikette voorkom nie, maar moet “Olyf Pulp-olie” genoem word.
Verbruikers, sowel as gerespekteerde eetplekke behoort onder geen omstandighede hul reg tot hoë kwaliteit olyfolie te verbeur in ruil vir minderwaardige produkte nie. Suid-Afrikaanse olyfolies ontvang gereeld toekennings vir hul uitmuntendheid en bied die verbruiker uitstekende waarde vir geld sowel as ‘n veilige produk van hoë kwaliteit.
Vir meer inligting omtrent die SA Olive Commitment to Compliance skema of ‘n lys van deelnemende lede, kontak SA Olive by 021 870 2900 of stuur ‘n e-pos na info@saolive.co.za. Besoek ook hul webwerf by www.saolive.co.za.
27 September 2010