AFGRI
BEAN
01 Feb
-
9790
-69,00
CORN
01 Feb
-
4566
-91,00
SOYA
01 Feb
-
9580,2
-19,80
SUNS
01 Feb
-
11295
265,00
WEAT
01 Feb
-
6770
-12,00
WMAZ
01 Feb
-
4360
-80,00
YMAZ
01 Feb
-
4440
-81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Olywe kan aard in Vrystaat

Sekere dele van die Vrystaat is redelik geskik vir die plant van olyfbome. Koue in die winter en vroegsomer kan egter lol, is van die bevindings van 'n ondersoek wat gedoen is omdat al meer Vrystaatse boere in die Vaalhartsgebied olywe as 'n alternatiewe gewas oorweeg.

Sekere dele van die Vrystaat is redelik geskik vir die plant van olyfbome. Koue in die winter en vroegsomer kan egter lol, is van die bevindings van 'n ondersoek wat gedoen is omdat ál meer Vrystaatse boere in die Vaalhartsgebied olywe as 'n alternatiewe gewas oorweeg.

Olyfbome gedy in gebiede met 'n Mediterreense klimaat, maar is redelik wyd aanpasbaar. Die boompies het 'n inherente vermoë om droogte en fisieke beskadiging te weerstaan. Hoewel olywe uiterste klimaatstoestande dikwels kan oorleef, word produksie ten koste van oorlewing ingeboet.

'n Boer wat olyfproduksie oorweeg, moet die grond, klimaat en bemarkingsmoontlikhede deeglik in ag neem.

Die regte mikroklimaat is belangrik. As dit nie te koud word nie en daar is genoeg water volgens die bome se behoefte, kan olywe geslaag verbou word.

Boere moet onder meer in gedagte hou dat jong boompies beskadig kan word as dit kouer as -7 °C word.

As die grond vir olyfverbouing ondersoek word, is doeltreffende diepte en tekstuur van die belangrikste eienskappe wat in ag geneem moet word. Dit bepaal die gronddiepte vir wortelindringing en die hoeveelheid water wat vir die plant beskikbaar is.

Om olywe kommersieel en ekonomies te produseer, is grond sonder enige beperking in die boonste een meter ideaal. Die grond moet diep genoeg wees sonder beperkende of ondeurdringbare lae. Hoe vlakker sulke lae, soos rots of harde kalkbanke is, hoe minder plek het die wortels om aktief te groei.

Harde ouklipbanke, grys klei en grondlae met 'n sterk struktuur (hoë klei-inhoud) is nog voorbeelde van ondeurdringbare lae. Bogrond met meer as 35 % klei is minder geskik vir olyfverbouing. Olyfbome se wortelstelsel verdra ook nie vrywater in die boonste meter van die grond nie.

Die Mispah- en Glenrosa-grondsoorte het gewoonlik harde rots sowat 'n meter diep. Dié soorte grond word meestal op die kruin van koppies en boonste deel van middelhange gevind.

Grondsoorte soos Rensburg, Willowbrook, Katspruit en Kroonstad het 'n hoë klei-inhoud en 'n grys kleur. Grys is 'n teken dat die grond vir lang tye met water versadig is. Besproeiing op sulke grond kan rampspoedig wees.

Grondsoorte wat 'n sterk struktuur kan hê, is Bonheim, Swartland, Valsrivier, Sepane, Sterkspruit en Estcourt. Grond met harde kalkbanke wat moontlik beperkend kan wees as die kalkbank binne die boonste meter voorkom, is Immerpan, Coega, Askham, Plooysburg, Gamoep en Prieska. Dié grondsoorte kom meestal in streke voor met 'n jaarlikse gemiddelde reënval van minder as 500 mm.

Uiterste klimaatstoestande veroorsaak 'n swak opbrengs en laer gehalte.

Olywe word tradisioneel verbou in lande om die Middellandse See. Dié lande word gekenmerk deur matige, reënerige winters en droë, warm somers. In die wintermaande daal die temperatuur nie laer as -3 °C nie, terwyl die gemiddelde somertemperatuur hoër as 22 °C is.

'n Gemiddelde temperatuur van 11 °C tot 13 °C in die winter (Junie - Augustus) is nodig vir blominisiasie. Temperature laer as -2,4 °C van September tot November kan blomme beskadig, wat die vrugset benadeel en jong vruggies laat afsterf. By -7 °C kan jong bome beskadig word en by -10 °C kan dit rampspoedig wees as boompies nie teen dié lae temperature beskerm word nie.

Beskerming nodig

As deel van die bepaling van die geskiktheid van die Vrystaat vir olyfverbouing, is 'n aantal boompies van die kultivar Mission, wat in die seisoen 1999/2000 naby Excelsior gevestig is, in die winter van 2000 gemonitor. Vir oorlewing is dit belangrik dat jong boompies in koue gebiede waar strawwe ryp voorkom, beskerm word.

In die proewe is die boompies met 'n driehoekige graskappie beskerm wat noord front. Sommige boompies was in 'n "hok" van voersakke. Temperature van tot -15 °C, op 21 Julie 2000 het dié boompies nie beskadig nie.

Sowat 'n derde van die onbeskermde boompies het oorleef. Dié wat wel oorleef het, was erg beskadig en swak. Doeltreffende beskerming van die jong bome kan dus rypskade beperk of selfs verhoed.

Op grond van dié kriteria is die Vrystaat geografies in verskillende risikogebiede verdeel.

Die kaart hierbo is 'n samevatting van die drie temperatuurkriteria (rypbeskadiging, blom-inisiasies en vrugset) en gee 'n geografiese aanduiding van die redelike geskiktheid van olyfverbouing in die Vrystaat. Die geskikste gebiede is die twee groen dele wat deur geskiktheidsklasse 4 en 5 op die kaart aangedui word, wat die distrikte Fauresmith, Jacobsdal, Koffiefontein, Boshof, Petrusburg en Hoopstad in die Suidwes- en Wes-Vrystaat en die distrikte rondom Welkom, Koppies, Vredefort en Parys insluit.

Gebiede wat 'n hoë risiko inhou en waar olyfaanplantings nie oorweeg behoort te word nie, is hoofsaaklik die oostelike deel van die Vrystaat.

Omdat jong boompies beskadig kan word as temperature laer as -7 °C daal, is vasgestel dat die risiko in die oostelike en suidoostelike deel van die Vrystaat redelik groot is vir die vestiging van jong olyfbome as dit nie beskerm word nie. Die temperatuur daal tot 40 % van die tyd ten minste een keer per jaar onder -7 °C.

Die gebied hoofsaaklik wes van die N1-roete hou die minste risiko in, want in minder as 10 % van die jare daal die temperatuur tot onder -7 °C.

In die Suidoos-Vrystaat daal die temperatuur in tot 70 % van die jare tot onder -2,4 °C in die tydperk September tot einde November. Dit is dus die gebied waar koue die meeste skade met blomvorming en vrugset en aan jong vruggies kan aanrig.

Slegs in 11 % tot 20 % van alle jare daal die temperatuur minstens een keer per jaar in die distrik Boshof en in 'n klein gebied tussen Winburg en Welkom tot laer as -2 °C. In hierdie gebiede sal dus die minste van die skade met blomvorming en vrugset voorkom.

Dit lyk of die grootste temperatuurbeperkings die gebrek aan die aantal dae met gemiddelde temperature van 11 °C tot 13 °C - die ideale temperatuur vir blominisiasie - is. Die gebied wat die beste aan dié vereiste voldoen, het gemiddeld 21 % tot 30 % dae wat geskik is. Dit is 'n gebied ongeveer noordoos van Kimberley en 'n klein gebied noordoos van Viljoenskroon. Laat ryp in die lente en vroeë somer is ook 'n belangrike beperking wat opbrengs kan benadeel.

Buitebande

Feitlik geen beskermende maatreëls kan getref word om skade te verhoed nie - behalwe moontlik die brand van buitebande om 'n boord as ryp verwag word. Skade aan jong boompies weens lae temperature (onder -7 °C) is 'n beperking, maar doeltreffende beskerming kan skade verhoed.

Stappe wat risiko verminder, sluit in:

  • Die kies van 'n gebied met die geskikste klimaat, ook op plaasvlak met inagneming van die mikroklimaat. Noordelike hellings is minder aan ryp onderhewig as suidelike hellings of laagliggende dele wat rypholtes vorm.
  • Die plant van bome in grondsoorte met goeie dreinering wat goeie wortelontwikkeling tot ten minste een meter diep toelaat.
  • Doeltreffende beskerming van jong bome.
  • Die kies van kultivars wat die beste vir die omgewing aangepas is met inagneming van markbehoeftes.

    Benewens die produksierisiko vir olyfverbouing in die Vrystaat, is dit uiters belangrik om seker te maak dat daar 'n mark of verwerkingseenheid binne bereik van die produksiegebied is. Olywe het slegs waarde as verwerkte produk.

    Mnre. Johan van den Berg, tel 082 374 4692; e-pos: jvandenberg@xsinet.co.za; en Koos Snyman, tel 083 573 9971, e-pos: koos@glen.agric.za het meer inligting.

    Mnr. Van den Berg is 'n landbouweerkundige van Enviro Vision en mnr. Snyman is 'n grondkundige by Glen.

    Koudste plekke moet vermy word

    Olyfbome kan met welslae in die Suid-Vrystaat gevestig word. Nou is die volgende toets of die bome genoeg vrugte gaan dra om die bedryf in dié gebied winsgewend te maak.

    Só sê drie boere van die distrik Philippolis wat olyfbome geplant het as alternatiewe boerderyvertakking by die tradisionele skaapboerdery van dié omgewing.

    Mnr. André Kolver van die plaas Hartebeesfontein sê van die eerste hektaar olyfbome wat hy geplant het, het bitter min die eerste winter oorleef. Waar die eerste boompies gevrek het, het hy nuwes geplant, maar ook min van hulle het oorleef ondanks goeie grondvoorbereiding en versorging van die boompies.

    Hy glo die hoofrede daarvoor is dat die topografie van daardie land nie geskik is vir olyfverbouing nie. Dit is heeltemal oop na die ooste toe - 'n rigting waaruit koue winde dikwels waai.

    Een van die grootste probleme wat hy en die ander boere ondervind het, was dat geen inligting oor olyfverbouing in dié streek bestaan het nie. Kenners wat hulle geraadpleeg het, se raad het ook nie altyd ooreengestem nie.

    Omdat hulle onkundig was, het hulle op aanbeveling ook net een kultivar, Mission, geplant omdat dit volgens die kenners die geskikste vir olie en tafelolywe is.

    Volgens dié inligting kan die klein boompies temperature van tot 10 °C oorleef, maar die temperatuur het laer gedaal. Voorheen is temperature in die distrik nie so akkuraat gemeet nie, maar sedert hulle in olyfbome begin belang stel, het hulle al baie inligting oor die temperatuur versamel.

    In Mei vanjaar het die temperatuur in dié distrik van 2 °C tot 9 °C gewissel. Die uitwerking daarvan kon op klein boompies en die nuwe groei aan groter bome gesien word.

    Klein boompies wat in November 2001 geplant is, se nuwe groei is deur die koue verskrompel en van die stammetjies het oopgebars, wat moontlik die gevolg van te veel water kan wees.

    Mnr. Hannes du Plessis van die plaas Groot Waaihoek, wie se oudste bome al drie jaar staan en vanjaar die eerste keer gedra het, sê hy en mnr. Kolver het bome van dieselfde kweker gekry en binne 'n maand van mekaar geplant. Sy bome het oorleef, want sy plaas is meer beskut. Sy bome staan al hoër as hyself, terwyl dié van mnr. Kolver wat oorleef het, naastenby kniehoogte gegroei het.

    Ook hy het die kultivar Mission geplant soos wat aanbeveel is. Hy het egter ook Lechino as bestuiwer en Frantoio as bestuiwer en alternatief vir Mission geplant.

    In sy geval het ryp vanjaar ook die bome se nuwe groei beskadig, maar omdat die bome reeds sterk is, het die koue dit nie so erg beïnvloed nie. Hulle is reeds sterk genoeg om die koue te weerstaan.

    Om die invloed van die lae temperature teen te werk, gebruik mnr. Du Plessis lusernstrooi tussen die bome. Dit hou koue van die boomwortels weg. Met vogmeters, waarvan een op die wortelvlak geplaas en die ander onder die wortelvlak is, word die vog in die grond, en daardeur die vog in die bome, konstant gehou. Hy glo te min vog plaas die bome onder stremming en hulle het minder weerstand teen koue. Te veel vog kan die stamme van die koue laat bars.

    In sy eerste boord wat al drie jaar oud is, het 60 % van die bome vanjaar gedra, maar al die vruggies het afgeval. Dit het hom egter moed gegee dat die volgende seisoen 'n beduidende opbrengs sal oplewer.

    Mnr. Niel Lubbe van die plaas Tafelkop sê omdat hulle gesien het hoe kwaai koue klein boompies kan knou, het hy en mnr. Du Plesis vooraf bepaalde plekke geïdentifiseer waar olyfbome geplant kan word deur 'n tyd lank die temperature op die verskillende plekke te meet om die warmste plekke te bepaal.

    Die grondsoort van die verskillende plekke is ook in ag geneem. Omdat die olyfbome hul beste gewas moet wees, word dit nie op afskeepgrond geplant nie. Die bome moet in grond van minstens 'n meter diep geplant word. Die geskikste grond is sanderig en nie te swaar nie, hoewel dit effens klipperig kan wees. Deur die grond op te erd, word meer grond vir die wortelsone beskikbaar gestel.

    Mnr. Lubbe sê na hul mening is hul omgewing met sy lae temperature geskik vir die kouebehoefte wat olyfbome het vir goeie vrugvorming. Ryp sal nie meer ernstige skade aan die groot bome aanrig nie en hulle kan nie meer doodryp nie. 'n Probleem wat hulle met koue voorsien, is dat dit in die winter te gou koud kan word - met ander woorde dat die somer té kort kan wees.

    Die bome kry algemene siektes wat by olyfbome aangetref word, soos blaarmyner. Wanneer die plaag verskyn, word die bome daarteen gespuit.

    àl drie boere gebruik drupbesproeiing omdat dit na hul mening die doeltreffendste benutting van water lewer. Mnr. Lubbe het twee drupperlyne by elke ry bome. Een daarvan word gebruik om pampoene wat tussen die rye geplant word, te besproei. Wanneer die bome groot word en hul waterbehoefte groter is, sal die twee lyne daarvoor gebruik kan word.

    Die geskikste snoeimetode vir dié gebied moet nog gevind word. Hulle wil verhoed dat die bome te hoog word sodat die olywe makliker gepluk kan word. Die algemeenste spasiëring is rye wat 7 m uit mekaar is met bome 4 m uit mekaar in elke ry.

    Uit hul ervaring van die afgelope drie jaar het die drie boere gevind dat olyfbome teen die westelike hang van 'n bergreeks wat van noord na suid loop, geplant moet word. In hul omgewing bied dit die beste beskutting.

    Mnre. Johan van den Berg en Koos Snyman, wat navorsing na geskikte plekke vir olyfverbouing in die Vrystaat gedoen het, bevestig die boere se bevinding. Hulle sê die keuse van die regte mikroklimaat is baie belangrik.

    Die koudste nagte (2000) se laagste temperature

    tussen jong olyfbome in die distrik Excelsior. Dit is

    op verskillende plekke teen suidelike hellings

    gemeet.

    Termometer

    Datum (2000)Verskil (°C)
    Bo (°C)Onder (°C)
    20 Junie-4,5-5,51,0
    24 Junie-6,5-7,2 0,7
    15 Julie -7,5 -9,5 2,0
    17 Julie -6,5 -7,5 1,0
    20 Julie -7,5 -10,0 2,5
    21 Julie -11,0-15,0 4,0
    31 Julie -4,50 -6,0 1,5

    Suidelike helling

    In die winter van 2000 is temperature op twee plekke in 'n jong boord in die distrik Excelsior gemeet. Die boord van sowat 2 ha lê teen 'n suidelike helling. Twee termometers wat slegs minimum temperature registreer, is sowat 100 m van mekaar geplaas op 'n hoogte van sowat 150 mm bo 'n kaal gebied tussen die bome. 'n Termometer is bo teen die helling geplaas en nog twee sowat 50 m van die valleivloer af. Die verskil in hoogte was sowat 1,5 m.

    In die koudste nagte dié winter het die temperatuur met tot 4 °C verskil. Dit word in die tabel links aangedui.

    Om die risiko in die Exselsior-omgewing so laag moontlik te hou en rypskade te beperk, moet 'n boord verkieslik teen 'n noordelike helling wees. Goeie algemene beginsels wat in aanmerking geneem moet word, is:

    Die geskikste plek is sowat halfpad tot driekwart na die kruin van die helling. Boorde moet veral nie in rypholtes aangelê word nie. Gebruik die vloeipatroon wat water sou volg om koue plekke te identifiseer. Pasop vir obstruksies wat die vloei van koue lug kan opdam. Die kruin van 'n heuwel is dikwels meer onderhewig aan koue en sterk winde.

    Beskerm jong boompies met sakke of graskappies.

    Hou die boompies gesond en die grond nat genoeg. Die grond moet redelik diep en goed gedreineer wees.

    Sorg dat boompies voor die winter goed gevestig is. Vestig hulle dus so vroeg moontlik in die somer om die beste groei te kry.

    Vir meer inligting kan mnre. André Kolver by tel. 051 773 0440, Hannes du Plessis by 051 773 7031 en Niel Lubbe by 082 881 1605 gebel word.

5 Julie 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+2.1%
Rand - Pond
21.06
+1.8%
Rand - Euro
18.72
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.16
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
1,004.13
-0.8%
Palladium
1,669.69
+1.3%
Goud
1,949.52
+1.1%
Silwer
24.00
+1.1%
Brent-ruolie
85.46
+1.1%
Top-40
73,723
+0.4%
Alle aandele
79,817
+0.4%
Hulpbronne 10
75,130
-0.9%
Industriële 25
102,508
+0.2%
Finansiële 15
16,555
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Prinses Kosmos soek haar Prins Kakiebos💕
Kreatief en vriendelik, hou van die see son. en gesond leef dis altyd lekker in die buitelig, maar as daar gewerk word is dit eerste. 100% is my moto. Lief vir Mense en diere....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot