AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Olywe se toekoms rooskleurig

Plaaslike olyfboere het die afgelope dekade groot spronge gemaak wat Mediterreense olyfboere eeue gekos het.

Suid-Afrikaanse olyfboere lewer skaars 'n tiende van die binnelandse vraag na olyfolie in 'n mark wat grootliks "op prys koop" en redelik onkundig is oor gehalte. Die prentjie kan binnekort verander as nuwe aanplantings in drag kom en die voordele van generiese bemarking en nuwe wetgewing aanvaar word.

Suid-Afrikaanse olyfboere het die afgelope dekade nie geprobeer om die wiel uit te vind nie, maar bloot groot spronge gemaak wat Mediterreense olyfboere eeue gekos het. Nou is hulle aan die voorpunt van boerderytegnologie en oliepers- en versnydingsmetodes, maar kan nog nie in plaaslike verbruikers se behoefte aan olyfolie of tafelolywe voorsien nie.

Mnr. Andries Rabie, voorsitter van SA Olive en olyfboer van Willow Creek in die Nuyvallei, buite Worcester, is daarvan oortuig dat plaaslike boere binnekort 'n groter deel van die plaaslike olie- en tafelolyfbedryf van sowat R400 miljoen kan kry as olyfboorde wat onlangs gevestig is, in drag begin kom. Die goeie nuus is ook dat olyfolie die sterk rand ten spyt winsgewend uitgevoer kan word.

"Die jaarlikse verbruik van olyfolie in alle klasse in Suid-Afrika is 5,5 miljoen liter, met 'n waarde van sowat R250 miljoen. Daarvan voorsien plaaslike boere net 600 000 liter. By tafelolywe lyk die prentjie beter, en voorsien ons sowat twee-derdes van die 6 000 ton olywe wat plaaslik verbruik word."

SA Olive het 200 lede, maar beskik oor 'n databasis van 400 mense wat op een of ander manier by die olyfbedryf betrokke is, hetsy as boere, olievervaardigers of uitvoerders.

Die plaaslike bedryf is trots op die gehalte van die olie wat hier gemaak word: 98 % daarvan is ekstra suiwer olie, terwyl slegs 30 % van Italië se totale olieproduksie - wat in alle regverdigheid aansienlik groter as dié van Suid-Afrika is - ekstra suiwer olie is. Ekstra suiwer olie is natuurlike, ongeraffineerde olie, sonder enige defekte, met 'n vrugtige geur en 'n vrysuurgehalte van laer as 0,8 %.

''Suid-Afrikaanse olyfboorde is so aangeplant dat dit maklik is om die olywe te oes en gou by die pers te kry. Uit die ervaring van die olyfbedrywe in Mediterreense lande weet ons ook watter tegnologie, boomdigtheid, kultivars en versnitte werk die beste. Dit hou ons aan die voorpunt."

Uitstekende plantmateriaal is beskikbaar van die kultivars Frantoio, FS 17, 177 en Nocellera del belice wat deur die landgoed, Morgenster, buite Somerset-Wes uit Italië ingevoer word, en die Israelse kultivars Askal, Maalot, Kadesh, Kodeshan, Sepako, Barnea en Koroneiki. Willow Creek het onlangs planttelersregte gekry vir die eerste vyf kultivars. Rabie sê daar is ongelukkig nog olyfboere wat bome maak van enige materiaal. "In vele boorde het ons 'n regte vrugteslaai, 'n mengsel van verskil-lende kultivars wat kruisbestuiwing en gehalte kan belemmer. Dit bly die beste om gesertifiseerde plantmateriaal by 'n geregistreerde kweker te koop."

Die Suid-Afrikaanse olyfbedryf is sowat 100 jaar oud, maar die meeste aanplantings is die afgelope 15 jaar gedoen, wat beteken dat nuwe ontwikkelings, soos semi-hoë (500 tot 800 bome per hektaar) en ultrahoë-digte (1 000 tot 1 600 bome per hektaar) aanplantings, byvoorbeeld meganiese oes en hoër eenheidsopbrengste moontlik maak. Rabie sê meganiese oesmetodes is redelik algemeen waar olywe vir olie geoes word, maar tafelolywe sal altyd met die hand geoes word. "Dít maak oestyd op 'n olyfplaas hoogs arbeidsintensief, " sê Rabie.

Interessant genoeg, vul tafel- en wyndruif-bedrywe olyfboerdery goed aan, want die druiwe is net gepluk, dan begin die olyfoes. Hoewel nie naastenby so gedifferensieerd, soos wyn nie, word olyf-olie volgens intensiteit (sterk of intens, medium en delikaat) geklassifiseer. Sterk of intense olie is duurder, het meer geur en word van groen olywe met 'n lae oliepersentasie gemaak. Delikate olie word gemaak van ryper olywe, olywe wat te veel water gekry het of sekere kultivars wat hulle daartoe leen. Die meeste plaaslik geproduseerde olie wat hier te koop is, is 'n versnit van die olie van twee of meer kultivars. The Olive Shed op die Tokara-wynlandgoed maak wel enkelkultivarolies. Volgens Rabie speel handelsmerke ook 'n groot rol in die prys van olyfolie.

In hierdie stadium is die vraag in Suid-Afrika hoofsaaklik na delikate olies, maar Rabie sê dit is besig om na meer intense olies te verskuif. Die algemene oningeligtheid van plaaslike verbruikers bly 'n knelpunt vir olyfboere, sê Rabie, daarom het SA Olive, die maatskappy Olives go Wild gekontrakteer om generiese bemarking vir Suid-Afrikaanse olyfolie te doen.

Die plaaslike bedryf kan veel put uit navorsing wat in Mediterreense lande gedoen word, tog is daar 'n behoefte aan plaaslike navorsing. Dit word egter beperk deur die kleinheid van die bedryf en die gebrek aan geld. "SA Olive praat met die Italianers en Israeli's oor samewerking tussen die universiteite oor kursusse wat opleiding in olyfproduksie moontlik sal maak."

Verdere uitdagings wat SA Olive aangepak het om die bedryf te versterk, is:

  • Pogings om wetgewing te verander wat dit onmoontlik sal maak om suiwer olyfolie in te voer en dit in Suid-Afrika as ekstra suiwer olyfolie te verkoop deur 'n organoleptiese toets (smaak-, reuk- en kleurtoets) by te voeg by die bestaande chemiese toets.

  • Die sertifisering van sekere gehaltever-eistes. In dié stadium verbind lede van SA Olive hulle daartoe om aan sekere gedrags- en praktykkodes te voldoen, maar die plan is om 'n proepaneel saam te stel wat kan sertifiseer dat hulle wel daaraan voldoen.

  • Om plantmateriaal te verbeter deur standaarde vir goeie plantmateriaal op te stel en 'n lys van kwekerye wat aan dié norme voldoen op die webtuiste te publiseer.

    Alles in ag genome, is die vooruitsigte vir die bedryf rooskleurig. Benewens die jong boorde wat binne die volgende paar jaar in drag behoort te kom, is olyfboorde die beste vervanging vir wingerde wat jare gelede op te geil grond gevestig is.

    "Wêreldwyd is daar 'n tekort aan olyfolie en olyfolie se gesondheidseienskappe word al hoe wyer bekend", sê Rabie.

  • Lees meer oor olyfverbouing en die werksaamhede van SA Olive op hul webwerf www.saolive.co.za.

    9 Junie 2006

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.09
    -0.4%
    Rand - Pond
    20.66
    +0.0%
    Rand - Euro
    17.80
    -0.1%
    Rand - Aus dollar
    11.54
    +0.0%
    Rand - Jen
    0.12
    -0.0%
    Goud
    1,754.60
    0.0%
    Silwer
    21.61
    0.0%
    Palladium
    1,856.61
    0.0%
    Platinum
    984.00
    0.0%
    Brent-ruolie
    83.63
    -2.0%
    Top-40
    66,754
    -0.0%
    Alle aandele
    73,151
    +0.0%
    Hulpbronne 10
    71,441
    -0.1%
    Industriële 25
    87,347
    -0.2%
    Finansiële 15
    16,370
    +0.4%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    The fragerance stays on the hand that gives the rose
    Leer my ken en jy sal sien jy sal nie sonder my kan klaarkom. hoogs verslawende persoonlikheid wat weet hoe om jou oë te laat omdop. getrainde hande wat jou goosebumps orals...
    Opsoek na lekker geselskap
    As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot