AFGRI
BEAN
02 Des
-
9270
-95,00
CORN
02 Des
-
4550,6
5,60
SOYA
02 Des
-
10469
51,00
SUNS
02 Des
-
10935
-95,00
WEAT
02 Des
-
6710
-35,00
WMAZ
02 Des
-
5024
-103,00
YMAZ
02 Des
-
4450
-56,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Onsigbare plaag bring groot skade

Knopmyt in 'n wingerd kan groot oesskade veroorsaak as dit nie betyds bestry word nie. Bestryding is egter nie altyd eenvoudig nie omdat die simptome baie ooreenstem met dié van mineraaltekorte en dikwels daarmee verwar word.

Knopmyt in 'n wingerd kan groot

oesskade veroorsaak as dit nie betyds bestry word nie. Bestryding is egter nie

altyd eenvoudig nie omdat die simptome baie ooreenstem met dié van

mineraaltekorte en dikwels daarmee verwar word.

Wingerdboere in die Wes-Kaap en ander dele van die land waar druiwe verbou word, ly jaarliks groot skade weens knopmyt. Oesverliese van tot 30 % is al op Waltham Cross ondervind - wat 'n aanduiding is van hoe belangrik dit is om noukeurig te monitor vir die aanwesigheid van knopmyt in wingerde.

Me. Pia Addison, 'n navorser van wingerdplae by die Landbounavorsingsraad se Infruitec-Nietvoorbij-Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn (IVWW) op Stellenbosch, sê knopmyte is mikroskopies klein wurmagtige organismes wat nie op eie stoom van een wingerd na 'n ander versprei nie, maar grootliks deur wind oorgedra word. Voëls en besmette plantmateriaal versprei dit ook.

Daar is drie fisiologiese mytspesierasse wat op wingerd voorkom, naamlik knopmyte, knoppiesblaarmyte en krulblaarmyte. Van die drie is knopmyte die grootste sondaar wat die meeste probleme veroorsaak en dus uit die boer se oogpunt ook die ekonomies belangrikste is om te bestry.

Sommige simptome lyk ook soos dié van ander siektes en tekorte. Knopmyt se simptome bestaan uit regstreekse oesverliese, 'n "heksebesem"-groeipatroon asook misvormde trosse, blare en plat lote met verkorte internodes. Krulblaarmyt voed aan die onderkant van die kante van blare, wat veroorsaak dat die blare omkrul. Hulle is veral 'n probleem in vogtige toestande. Knoppiesblaarmyt is sigbaar in knoppies of "galbulte" aan die bokante van blare wat oop aan die onderkant van die blare is met 'n wit, harige massa daarin.

Me. Addison sê die lewensiklus van die knopmyte moet verstaan word om dit behoorlik te kan bestry. Die myte oorwinter jaarliks van Oktober tot die volgende September - meestal as volwasse vroulike organismes wat voed in die dormante knoppe van die wingerdstokke. Skade aan die knoppe vererger namate die myte na die middel van die knoppe beweeg namate die seisoen vorder.

Namate die myte meer vreet, begin die blare en trosse misvormd raak, die internodes verkort en die "heksebesem"-groeipatroon kom voor. Waar ernstige besmettings voorkom, sterf die knoppe af.

Me. Addison waarsku egter dat boere in gedagte moet hou dat dié simptome tipies van myte is, maar dat dit ook ander oorsake kan hê, soos sekere mineraaltekorte en die verkeerde gebruik van chemiese middels teen siektes en onkruid. Slegs 'n mikroskopiese ondersoek kan deurslaggewend bepaal of die probeem deur myte veroorsaak word.

Wanneer die knoppe in bottyd oopgaan, versprei die myte saam met die groeiende lote en vreet aan dele daarvan. Wanneer die spruite sowat 100 mm lank is en nuwe knoppe ontwikkel, word dié knoppe ook besmet. Wanneer chemiese bestryding ondoeltreffend is, is 50 % van die nuwe knoppe sowat vier weke ná die eerste knopvorming besmet. In dié tydperk word eiers gelê wat ná vyf tot nege dae uitbroei en ná 14 dae volwassenheid bereik.

Monsters van moontlike besmette materiaal kan vanaf Mei tot met bot ondersoek word. Die metode is om 16 lote vanaf 16 stokke verspreid deur die wingerd te neem. Die eerste ses knoppe word ontleed, en daarom word dit nie aanbeveel dat gesnoeide lote vir ontleding aangebied word nie. As 'n besmetting van 30 % of meer gevind word, is dit nodig om die wingerd chemies te behandel. Die vatbaarste wyndruifkultivars is Cabernet sauvignon, Fernao pires, Frans, Sultanina en Muscat d'Alexandrie. Die IVWW bied hierdie ontledingsdiens teen vergoeding aan.

Me. Addison sê die myte moet net chemies bestry word deur 'n spuitprogram. Daar is wel roofmytspesies wat op knopmyte teer, maar hulle is groot en kan nie diep genoeg in die knoppe bykom om die knopmyte behoorlik te bestry nie.

Die tydsberekening van spuitprogramme is belangrik, want die knopmyte is net vir 'n kort rukkie buite die knoppe, sê sy. Twee tot drie spuitsessies word aanbeveel - na gelang van hoe erg die besmetting is. Die eerste bespuiting moet 14 tot 28 dae ná bot plaasvind, waarna die tweede en derde bespuiting met 14 dae intervalle daarna moet geskied. Groot hoeveelhede moet gespuit word - minstens 1 000 l/ha - verkieslik met handspuite om ordentlike benatting te verseker. Heelparty middels is teen knopmyt geregistreer. Dié middels bevat die aktiewe bestanddele bromopropilaat (50 ml/100 liter water) of endosulfaan (125 ml/1 liter water). Hierdie twee middels word vir 'n geïntegreerde plaagbestrydingprogram aanvaar volgens die IPW-skema (gëintegreerde produksie van wyn). Ander geregistreerde middels bevat die aktiewe bestandele propoksur, karbosulfan, swael en aldicarb. 27 Junie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
+1.1%
Rand - Pond
21.29
+1.0%
Rand - Euro
18.27
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.83
+1.0%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,802.28
-0.0%
Silwer
22.77
+0.1%
Palladium
1,941.58
-0.2%
Platinum
1,043.22
-0.1%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,504
-0.5%
Alle aandele
74,649
-0.5%
Hulpbronne 10
74,306
-2.2%
Industriële 25
91,875
-0.3%
Finansiële 15
15,546
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman.
Is n aangename vriendelike mens met baie deernis", en baie''' liefdevol". Hou baie' van my rugby''' en mal oor musiek"...
Lekker kuiermaat
Ek dink ek kom maklik met die meeste mense oor die weg en het n baie goeie sin vir humor soms bietjie aweregs. .Ek is spontaan en het n goeie algemene kennis . EK hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot